21 DAG DIEET
Gewigsverlies plan vir 3 weke
2010-03-11
Gewigsverlies plan vir 3 weke
2010-03-11
GEWIGSVERLIES EETPLAN VIR 3 WEKE
MAANDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
1 eetlp grondboontjiebotter
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
AANDETE
½ koppie Gaar maer maalvleis
1 koppie Spaghetti
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)
[Kook ekstra pasta vir more se middagete]
DINSDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
Pastaslaai gemaak van:
1 koppie Pasta
Tuna in water (50g)
Agurkies of komkommer
Blaarslaai
Laevet mayonnaise
PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde perskehalwes
AANDETE
2 Oondgebakte viskoekies
3 Oondgebakte baba aartappels met skil
½ koppie Koolslaai (Kool, wortels, appel, vrugtesap & laevet mayonnaise)
[Maak ekstra aartappels gaar vir more se middagete]
WOENSDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml Vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie
MIDDAGETE
Aartappelslaai gemaak van:
6 Baba aartappels
Laevet vienna
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Laevet slaaisous of mayonnaise
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
AANDETE
Hoenderborsie
½ koppie couscous
½ koppie ertjies
Skorsie met kaneel
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]
DONDERDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
AANDETE
10x10cm stukkie Tunagebak gemaak van:
Pasta, tuna, kits sampioensop en bietjie gerasperde laevet kaas bo-op.
½ koppie gekookte gemengde groente
[Skep ‘n stukkie tunagereg uit vir more se middagete]
VRYDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
MIDDAGETE
10 x 10 cm stukkie Tunagebak van gisteraand
PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie
AANDETE
Hamburger gemaak van:
Volgraan broodrolletjie
Maer vleispattie
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Teelp blatjang/tamatiesous
SATERDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
1 eier*
Sampioene*
Tamatie*
(*Gebruik Spray ’n Cook)
PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie
MIDDAGETE
1 koppie Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies
AANDETE
Braaivleis –
Hoender sonder vel
1 koppie Braaipap of 1 soetmielie gebraai op vuur
½ koppie wortelslaai
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)
SONDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
MIDDAGETE
Skaaptjop
½ koppie Rys (Kook ekstra rys om te vries)
½ koppie Pampoen (met appelsap versoet)
Blomkool en brokkoli met witsous (gemaak van vetvrye melk)
PEUSELHAPPIE
1 Lae GI Bokomo beskuit
AANDETE
Roosterbroodjies in oond gemaak van:
2 sny Lae GI brood
30g Laevet gerasperde kaas
Tamatie skyfies
MAANDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
1 dun sny ham
Tamatie, blaarslaai
Laevet margarien (dun)
PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde peerhalwes
AANDETE
10 x 10 cm stukkkie Herderspastei gemaak van:
Maer maalvleis en
Kapokaartappels (vetvrye melk gebruik)
½ koppie gekookte ertjies
Skorsie met kaneel
DINSDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
AANDETE
10 x 10 cm stukkie Macaroni en kaas gemaak van:
Pasta, gebraaide laevet rugspek of viennas, witsous van vetvrye melk, tamatiesous, kruie, ens. en bietjie laevet kaas bo-op
½ koppie wortelslaai
[Skep ‘n stukkie uit vir oormore se middagete]
WOENSDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
30 g laevet kaas
PEUSELHAPPIE
½ -1 Trufruit/Safari vrugtestafie
MIDDAGETE
Warmbrak gemaak van:
Volgraan rolletjie
Laevet vienna
Tamatie en komkommer
Blatjang/Mosterd
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
AANDETE
Minute steak
3 Baba aartappels gekook in skil
½ koppie gekookte gemengde groente
DONDERDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
MIDDAGETE
10 x 10 cm stukkie Macaroni en kaas van Dinsdagaand
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug Hoenderborsie
AANDETE
½ koppie couscous
Geroosterde groente soos bv. tamatie, uie, sampioene en murgpampoentjies
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]
VRYDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie
MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak met:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
AANDETE
Vis gebraai met Spray’nCook
10 Ovenbake aartappelskyfies
Mengelslaai
SATERDAG
ONTBYT
250 ml Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt
1 Eetlepel Neute of sade
PEUSELHAPPIE
1 Lae GI Bokomo Beskuit
MIDDAGETE
“Snackwich” gemaak van:
2 snye Lae GI brood
Laevet margarien (dun)
30g gerasperde laevet kaas
Tamatie skyfies
PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies
AANDETE
10 x 10cm stukkie Lasagne gemaak van:
Maer maalvleis
Pastavelle
Witsous (gemaak van vetvrye melk)
Laevet kaas bo-oor gesprinkel
Mengelslaai (Blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, ens.)
SONDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
Oondgebakte varktjop (vet verwyder voor gaarmaak)
½ koppie Rys
¼ Butternut in oond gebak
Gekookte groenbone
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
AANDETE
2 snye Lae GI roosterbrood
? koppie “Baked beans”
MAANDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer
PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie
AANDETE
Hoenderborsie
½ koppie Rys
½ koppie gekookte gemengde groente
[Maak ekstra hoender gaar vir more se middagete]
DINSDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
30 g laevet kaas
PEUSELHAPPIE
2 Gedroogde perskehalwes
MIDDAGETE
Toebroodjie gemaak van:
2 snye Lae GI brood
½ opgesnyde hoenderborsie
1 eetlepel laevet mayonnaise/ blatjang
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
AANDETE
1 koppie pastagereg gemaak van:
Gaar maalvleis en pasta gemeng (Mince mate)
½ koppie wortelslaai
[Kook ekstra pasta vir more se middagete]
WOENSDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
MIDDAGETE
Pastaslaai gemaak van:
1 koppie Pasta
Tuna in water (50g)
Agurkies of komkommer
Blaarslaai
Laevet mayonnaise
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
AANDETE
10 cm stukkie Wors
1 koppie kapokaartappels (vetvrye melk gebruik)
½ koppie beetslaai
½ koppie kerrieboneslaai
(kan gereed-om-te-eet pakkies slaai gebruik)
[Kook ekstra aartappels vir more se middagete]
DONDERDAG
ONTBYT
250 ml Semelvlokkies (“Bran Flakes”)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
Aartappelslaai gemaak van:
2 medium aartappels of 6 baba aartappels
1 laevet vienna
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Laevet slaaisous of mayonnaise
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
AANDETE
2 Oondgebakte viskoekies
½ koppie Couscous
Geroosterde groente soos bv. tamatie, uie, sampioene en murgpampoentjies
VRYDAG
ONTBYT
1 pakkie kits hawermout of 250 ml gaar hawermout (gemaak met water)
125 ml vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
MIDDAGETE
4-6 Ryvitas
2 eetlps vetvrye maaskaas
Komkommer
PEUSELHAPPIE
½ -1 Simply Cereal Low GI Balance stafie
AANDETE
Hamburger gemaak van:
Volgraan broodrolletjie
Maer vleispattie
Tamatie, blaarslaai, komkommer
Teelp blatjang/tamatiesous
SATERDAG
ONTBYT
2 snye Lae GI roosterbrood
Laevet margarien (dun)
Bovril/Marmite/Vissmeer/ Diabetiese konfyt
1 eier*
Sampioene*
Tamatie*
(*Gebruik Spray ’n Cook)
PEUSELHAPPIE
2 Provitas met Bovril of Marmite
MIDDAGETE
1 koppie Vrugteslaai
125 ml Vetvrye joghurt
PEUSELHAPPIE
1 koppie Springmielies
AANDETE
Braaivleis –
1 Beessosatie/Hoendersosatie
1 koppie aartappelslaai (gemaak met laevet mayonnaise en vetvrye roomkaas)
½ koppie Koolslaai (Kool, wortels, appel, vrugtesap & laevet mayonnaise)
SONDAG
ONTBYT
125 ml Volkoring ProNutro (Original of Apple Bake)
250 ml Vetvrye melk
Versoeter (opsioneel)
PEUSELHAPPIE
125 ml Vetvrye joghurt
MIDDAGETE
Chicken a la King (gebruik kitssoppoeier en vetvrye melk vir sous)
½ koppie Rys
½ koppie Wortels (versoet met appelsap)
Blomkool en brokkoli met witsous (gemaak van vetvrye melk)
PEUSELHAPPIE
1 medium vrug
AANDETE
Warmbrak gemaak van:
Volgraan rolletjie
Laevet vienna
Tamatie en komkommer
Blatjang/Mosterd
• Die eetplan kan op enige punt begin word.
• Probeer etes min of meer 3 ure uitmekaar spasieer en eet ontbyt so vroeg as moontlik.
• Ooreenstemmende etenstye van verskillende dae kan omgeruil of herhaal word, veral as jy die dieet meer eentonig wil maak met minder verskeidenheid.
• Lae GI brood: Enige brood wat sê “Low GI”, rogbrood of swaar saadbrood
• Vleisporsie groottes: Gaar hoender, vark, bees of skaap: So groot soos handpalm, so dik soos pinkie.
Gaar vis: So groot soos hand, so dik soos pinkie.
• Vry groente: Agurkies, aspersies, blaarslaai, blomkool, brokkoli, brusselse spruite, grasuie, groenbone, kool, komkommer, murgpampoentjies, patty pans, pietersielie, preie, radyse, rissie, sampioene, seldery, skorsies, spinasie en tamatie.
• Groente wat beperk moet word tot ‘n halwe koppie by hoofmaatye: Beet, eiervrug, ertjies, gemengde groente, pampoen, raap, ui, wortel en vry groente berei met aartappel en ui.
• 1 medium vrug: Grootte van 1 tennisbal, 2 gholfballetjies of ½ koppie opgesnyde vrugte
• Kruie, speserye, sout, peper, worcestersous, sojasous, tamatiesous, blatjang, en mosterd kan gebruik word om kos mee te geur.
• Kos kan gestoom, gekook, gebak, gerooster, met Spray’n Cook gebraai of in die mikrogolf gaargemaak word.
• Vloeistof toegelaat: Rooibostee, tee, koffie met versoeters en klein bietjie vetvrye melk; water, sodawater, enige suikervrye drinkgoed bv. Coke Zero, Tab, Sprite Zero, Fanta Free, ens., “Light” ystee, “Light gegeurde water, Oros Low Cal en Sweeto.
• Geen suiker, stroop, heuning, of konfyt word toegelaat nie.
• Kunsmatige versoeters, diabetiese konfyt, Bovril, Marmite, Oxo en vissmeer word toegelaat.
• Mates: 1 koppie = 250ml, ½ koppie = 125ml, 1 eetlepel = 12,5ml, 1 teelepel = 5ml
argief
HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?'N FINESSE STAPPLAN VIR ELKE VROU
Die gimnasium is nie die enigste plek waar jy fiks kan word nie. Verruil die gewigte vir 'n paar tekkies - en stap jou fiks!DIE MAER-WORD-UITDAGING!
FitSlim challengeWORD FIKS TEEN 'N WINSKOPIE!
Run/Walk for Life bied hierdie maand 'n uitstekende aanbod aan FINESSE lesers.IS DIT NET 'N GRIL?
... Of 'n groter gevaar?SLAAN VERKOUE HOK
Wanneer kry dit einde? Koue dae en lang nagte …AANVULLINGS ...
Het jy 'n tekort die winter?
























Yolanda
my email adres: mwbdistributors@telkomsa.net
Hallo Julle
Ons het hulp nodig vandag. HELP ASSEBLIEF ONS WEER MOOI LYK EN GOED
VOEL OOR ONS SELF:
Ons het hulp nodig vandag, inspirasie of miskien kan ons 'n proefkonyn
wees vir iemand om ons te help goed voel en beter lyk.Ons skryf aan
julle uit desperaatheid en ons nie meer weet watter kant toe nie. Ek
en 'n vriendin het besluit om gewig te verloor. Ons altwee is die
laaste paar jaar baie afgekraak oor ons gewig, en het geen
selfvertroue oor nie en ook geen lus en nut vir die lewe nie. Ons het
net nie die lus en moed gehad om ons mans te wys ons sal gewig verloor
nie, want ons het gevoel wat sal dit help hulle is in elk geval nooit
tevrede met ons lywe nie. MAAR ek het opgestaan vir my regte die 1ste
Februarie 2011 en besluit so kan dit nie aangaan
nie, ek moet iets aan myself begin doen. Ek het vir die eerste keer
besef ek is 'n Prinses van God, en niemand gaan my verder afkraak nie.
Ek het besef dat ek MOET gewig verloor vir MYSELF en vir God, niemand
anders nie. Ek het my vriendin Annermarie Cloete genader en vir haar
gevra of sy nie saam met my wil begin oefen en reg eet nie. Sy was so
opgewonde en het dadelik ja gesê. Maar ons besluit om vir niemand te
sê dat ons dieët nie, want dan is dit weer ag ons sal sien hoe lank
hou julle daarby. Maar dit gaan baie moeilik want ons selfvertroue is
totaal nul, ons probeer mekaar motiveer, maar ons sukkel om positief
te bly. Ons het nie aanmoediging nie, ons word elke dag afgekraak, ons
het net nie lus vir elke dag nie, daar is nie geld om die regte kosse
te koop nie, ons het niks wat pas om goed te voel nie, ons voel en lyk
net sleg vir ons self, dit voel net of ons nerêns gaan kom nie.
Is daar enige raad wat een van julle dalk vir ons kan gee, wat ons sal
bemoedig om vol te hou met die dieët en oefeninge? Ons voel werklik
niks werd nie. Ons is desperaat om gewig te verloor.
Hoor graag van julle.
Baie groete,
Emmerentsia du Plessis en Annemarie Cloete
076 422 518 076 235 0116
mmentaar ...