JOU SPOEDIG-SEXY DIEET
Die eindjaarfunksie is om die draai en jy lyk steeds soos 'n vrolike ballon wat iewers teen 'n plafon hoort! "Ontspan," sê dieetkundige, Jeske Wellmann. "Jy het net veertien dae nodig om daardie drie kilo’s af te skud."
2009-11-13Liezl Heidtmann
Die eindjaarfunksie is om die draai en jy lyk steeds soos 'n vrolike ballon wat iewers teen 'n plafon hoort! "Ontspan," sê dieetkundige, Jeske Wellmann. "Jy het net veertien dae nodig om daardie drie kilo’s af te skud."
2009-11-13Liezl Heidtmann
Die eindjaarfunksie is om die draai en jy lyk steeds soos ’n vrolike ballon wat iewers teen ’n plafon hoort! “Ontspan,” sê dieetkundige, Jeske Wellmann. “Jy het net veertien dae nodig om daardie drie kilo’s af te skud.”
Al wou jy graag tien kilogram verloor, sal drie kilo’s ligter en ? klompie sentimeters dunner ook jou voorkoms heelwat verbeter. Volg Jeske se heerlike 14-dag dieetplan vir vinnige resultate.
DAG 1: SIT DIE BAL AAN DIE ROL
Ontbyt: All Bran ontbytstafie, 125ml laevet jogurt, 1 vars vrug
Smulhappie: 1 piesang
Middagete: 1 sny lae GI brood met ½ fyngemaakte avokado, sout en peper. Strooi 30g gerasperde kaas bo-oor en rooster, 1 eetlepel Sweet Chilli-sous.
Smulhappie: 1 appel, 1 eetlepel neute
Aandete: Hoender-pita: 1 hoenderborsie, 1 teelepel laevet mayonnaise, ½ pita, baie groen mengelslaai.
DAG 2: SIEN, DIS NIE SO SLEG NIE
Ontbyt: Vrugte-smoothie: 175ml laevet jogurt, 2 vars vrugte en 85ml melk, 1 sny lae GI brood en Marmite
Smulhappie: 3 gedroogde pere
Middagete: 1 hoenderborsie met balsamiese asyn, baba-groentes: 5 wortels, 4 mielies, 5 kersietamaties, 3 blommetjies broccoli, 6 suikerertjies, groenslaai, 1 sny rogbrood
Smulhappie: Jungle Oats Bar
Aandete: Vark-roerbraai: 100g varkvleis, ½ koppie gaar pasta, 250g groentes.
DAG 3: KOMAAN, JY KAN
Ontbyt: 3 eetlepels lae GI muesli, 100ml vetvrye melk, 1 peer
Smulhappie: Jungle Oats Bar
Middagete: 1 klein gebakteaartappel, laevet maaskaas, 1 blikkie tuna, baie groenslaai.
Smulhappie: 1 appel, 1 eetlepel neute
Aandete: 1 hoendersosatie, 250g roerbraai-groente, kapokaartappels: meng ½ koppie melk, ½ koppie botterbone, ½ koppie fyngemaakte patats en aartappels en versap tot fyn.
DAG 4: JY IS HALFPAD MET WEEK EEN
Ontbyt: 1 geposjeerde eier, 1 sny lae GI brood, 2 dik snye gebraaide tamatie en 3 sampioene, 1 appel
Smulhappie: ½ koppie vrugteslaai
Middagete: Pasta Napolitaan: ½ koppie gaar durum pasta met enige gekoopte pastasous (bedien volgens aanwysings), groot groenslaai.
Smulhappie: 1 lae GI Bokomo of Ouma beskuit
Aandete: 150g geroosterde vis geborsel met 1 teelepel olyfolie en 1 eetlepel suurlemoensap, 3 gekookte baba-aartappels met 2 eetlepels vetvrye maaskaas, 250g geroosterde groente.
DAG 5: JY VOEL KLAAR BETER
Ontbyt: 1 lae GI Bokomo of Ouma beskuit, 100ml vetvrye jogurt, ½ koppie vrugteslaai
Smulhappie: 1 perske
Middagete: 70g tuna en pynappel (genoeg vir broodjie), 1 eetlepel laevet mayonnaise, 1 sny lae GI brood, Griekse-slaai met ’n bietjie feta
Smulhappie: 3 gedroogde perskes, 1 eetlepel neute
Aandete: 1 hoenderborsie in cook-in-sauce, 3 gekookte baba-aartappels, 250g geroosterde groente
DAG 6: MOENIE JOU SOET TAND VERGEET NIE
Ontbyt: Eierbrood: meng eier, kaneel, neutmuskaat en 1 teelepel bruinsuiker. Doop 1 sny saadbrood in eiermengsel en braai. Eet met 2 eetlepels vetvrye maaskaas, 1 vrug
Smulhappie: Jungle Oats stafie
Middagete: 1 sny saadbrood, blaarslaai, 90 g hoender, kerrie-gegeurde laevet mayonnaise
Smulhappie: 1 appel, 1 eetlepel neute
Aandete: 120g bobotie, ½ koppie gaar rys, 100g gestoomde botterskorsie, 100g groenboontjies
DAG 7: HOERA, JY HET EEN WEEK REG GEËET!
Ontbyt: 1 50g lae GI muffin, 1 teelepel konfyt, 1 eetlepel gerasperde kaas, 1 piesang
Smulhappie: ½ koppie vrugteslaai
Middagete: 1 laevet, geroosterde wegneem-wrap van KFC of Nando’s (eet net helfte van die wrap, maar al die vulsel), groenslaai
Smulhappie: 1 lae GI Bokomo of Ouma beskuitjie
Aandete: Spinasie-noedels: braai 1 ui en fyngemaakte knoffelhuisie in 5ml olyfolie. Voeg 200g gesnyde spinasie in pan. Sprinkel swartpeper, neutmuskaat en komyn by. Wanneer sag, voeg 100g gekookte durum pasta by. Eet met 4 eetlepel laevet maaskaas, groenslaai.
DAG 8: VASBYT, BAIE VESEL, MIN DAE
Ontbyt: 1 sny saadbrood, 1 gekookte eier, 1 appel (teelepel laevet margarien)
Smulhappie: 1 gesondheidstafie
Middagete: 1 medium gebakteaartappel, 2 eetlepels maaskaas, 70 g tuna, groenslaai met balsamiese asyn of suurlemoensap
Smulhappie: 1 piesang
Aandete: Hoender-satay: meng 1 teelepel grondboontjiebotter, 3 eetlepels suurlemoensap, 1 teelepel sojasous, 1 eetlepel water, ½ teelepel heuning, knippie rissiepoeier en fyngemaakte knoffelhuisie. Giet mengsel oor 1 hoenderborsie wat in stukkies gesny is. Sit 10 min in yskas. Borsel met marinade en rooster. Eet in mini pita, groenslaai.
DAG 9: JY IS ’N REG EET VETERAAN
Ontbyt: 1 geposjeerde eier, 1 geroosterde tamatie, 1 sny rogbrood. ½ glas vrugtesap.
Smulhappie: 1 appel
Middagete: Ceaser-slaai: handvol blaarslaai, 100g gekookte, gesnyde hoenderborsie sonder die vel. Sprinkel 1 eetlepel Ceaser laevet slaaisous, en 1 eetlepel parmesaan oor. Plaas 2 geblikte ansjovisse bo-op
Smulhappie: Jungle Oats Bar
Aandete: Bief-roerbraai: 100g beesvleis, ½ koppie gaar pasta, 250g groentes, sojasous.
DAG 10: PAS JOU SEXY NOMMERTJIE AAN
Ontbyt: 4 eetlepels lae GI muesli, 200ml vetvrye melk, 1 appel
Smulhappie: Jungle Oats Bar
Middagete: 1 gebakte medium soetpatat, ½ koppie vleis-en-rissie-bredie, 250g gestoomde groente
Smulhappie: 1 peer, 1 eetlepel neute
Aandete: Paella: braai 1 ui vir 5 min, voeg 400ml hoenderaftreksel en 6 eetlepels rys by. Prut tot gaar. Voeg 50g elk, gaar stokvis, tuna, gaar hoender-repies, ertjies, sampioene en 1 gesnyde seldery by en meng, groenslaai
DAG 11: JY KAN NIE NOU OPGEE NIE
Ontbyt: 1 koppie All Bran of ½ koppie High Fibre Bran, 200ml vetvrye melk en 1 piesang
Smulhappie: ½ koppie vrugteslaai
Middagete: 90g gebakte aartappel, 2 eetlepels laevet maaskaas, 70g tuna, sout en peper of vars kruie na smaak, groenslaai
Smulhappie: Enige 1 vrug en water-roomys
Aandete: Hoender-roerbraai: 120g hoender, 2 koppies groentes, ½ koppie gaar pasta, sojasous.
DAG 12: NOG NET TWEE DAGGIES
Ontbyt: 3 eetlepels geblikte, geroomdesampioene op ’n sny saadbrood. Strooi 2 eetlepels gerasperde mozzarella oor en rooster, 1 appel
Smulhappie: 1 lae GI gesondheidstafie
Middagete: Ceaser-slaai (soos op dag 9)
Smulhappie: 1 peer, 1 eetlepel neute
Aandete: Spinasie-noedelgereg (soos op dag 7)
DAG 13: JOU GELUKKIGE DAG!
Ontbyt: Vrugte-smoothie: 175ml laevet jogurt, 2 vrugte en 85ml melk
1 sny lae GI brood met Marmite
Smulhappie: 3 gedroogde pere
Middagete: 1 laevet wegneem-wrap van Kuaia (eet helfte van die wrap, maar al die vulsel.), groenslaai
Smulhappie: 1 appel, 1 eetlepel neute
Aandete: 120g bobotie, ½ koppie gekookte rys, 100g gestoomde botterskorsie, 100g groenboontjies
DAG 14: MMM ... EET SOMMER VIR ALTYD SO!
Ontbyt: 1 lae GI muffin, 1 teelepel konfyt, 1 eetlepel gerasperde kaas, 1 piesang
Smulhappie: ½ koppie vrugteslaai
Middagete: 1 sny saadbrood, 40g ham, ¼ avokado en 250g geroosterde groente
Smulhappie: 1 lae GI gesondheidstafie
Aandete: 1 hoenderborsie in cook-in-sauce, 3 gekookte baba-aartappels, 250g geroosterde groente
WENK: gebruik Unique Formulations Irri-Col Fibiotic vir gesonde spysvertering en hardlywigheid
- Hier is niks van koffie/tee/koeldrank/alkhol in nie. Hoe kan ek dit inpas by die dieet?
- Dit is'n voedsame dieet en ek is besig daarmee dankie
- Ek het 3 weke terug weer ernstig begin stap, dis heerlik! as ek net toe al van die dieet geweet het was ek oor die ergste, maar toemaar ek begin more met die nuwe eetstyl en stap nog verder! dink aan my dankie, sal laat weet hoe dit gaan.
- Ek het nooit honger gevoel nie en was nooit eens lus om te kroek met 'n koekie of 'n swietie nie want ek het baie lekker ge-eet en was versadig en my bloedsuiker was stabiel deur die hele dag. Dankie, ek was 76kg toe ek begin het en weeg nou 70kg.
argief
HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?'N FINESSE STAPPLAN VIR ELKE VROU
Die gimnasium is nie die enigste plek waar jy fiks kan word nie. Verruil die gewigte vir 'n paar tekkies - en stap jou fiks!DIE MAER-WORD-UITDAGING!
FitSlim challengeWORD FIKS TEEN 'N WINSKOPIE!
Run/Walk for Life bied hierdie maand 'n uitstekende aanbod aan FINESSE lesers.IS DIT NET 'N GRIL?
... Of 'n groter gevaar?SLAAN VERKOUE HOK
Wanneer kry dit einde? Koue dae en lang nagte …AANVULLINGS ...
Het jy 'n tekort die winter?























