GELUK HET MEER KRAG AS KANKER
Sy was besig met die laaste troureëlings toe die verdoemende woord "borskanker" oor haar uitgestort word. Samantha Brown (35), van Johannesburg moes kies: wegkwyn of voluit blom.
2009-10-14Liezl Heidtmann
Sy was besig met die laaste troureëlings toe die verdoemende woord "borskanker" oor haar uitgestort word. Samantha Brown (35), van Johannesburg moes kies: wegkwyn of voluit blom.
2009-10-14Liezl Heidtmann
In siekte en gesondheid
Toe ek ’n jaar gelede uitgevind het ek het borskanker, wou ek skree: “Hoekom ék?!” Ek het my afgevra hoe ek dit kon voorkom het. Daar was egter niemand in my familie wat kanker gehad het nie en bowendien was ek mos nog te jonk vir so iets.
Ek het na so baie goed uitgesien: my troue, die wittebrood en my nuwe lewe as getroude vrou. Ek het gewonder hoe my verloofde, Mike, oor my siekte sou voel. Sou hy steeds met my wou trou? Toe ek hom daaroor uitvra, was sy antwoord: “In siekte en gesondheid, Skat.” Ek het toe besef hoe gelukkig ek was al het ek borskanker gehad. Hoewel die stryd opdraand was, glo ek dis geluk wat borskanker geklop het.
My eie hare op my troudag!
Vir die meeste vroue is dit vanselfsprekend, maar vir my was dit ’n voorreg. Ek het chemoterapie gekry om die gewasse in my bors kleiner te maak. Die eerste behandeling was ’n week voor die troue. Dit was aaklig! Ek was hondsiek, maar Mike het heeltyd by my gebly.
Ek was doodbenoud my hare gaan uitval voor my groot dag en dat ek ’n pruik sou moes dra.
My troudag het egter aangebreek en ek het steeds my hare gehad! Ek het soos ’n prinses gevoel.
’n Pruik is pret
My hare het begin uitval terwyl ons op wittebrood was. Dit het my siekte ’n werklikheid gemaak, omdat almal kon sien ek het kanker. Aan die begin het ek baie gehuil. Mike het my gehelp om my hare af te skeer. Ek was nogal trots op my nommer 1-haarstyl. My kopvel was eers baie sensitief, maar later kon ek ’n pruik dra.
Dit was pret om ’n pruik te kies! Ek het gekyk hoe lang en kort, rooi en swart style lyk, maar ek het ’n blonde een gekies, omdat dit my eie haarkleur is. Dit het baie natuurlik gelyk – iemand het my selfs gevra waar ek my hare laat sny het. Dit het my dag gemaak!
My man is lief vir mý
Die chemoterapie het eers die gewasse kleiner gemaak en daarna moes dit tydens ’n operasie verwyder word. Ek was bekommerd hoe ek na die tyd sou lyk en of my man my steeds aantreklik sou vind.
Ek kon nie dadelik borsrekonstruksie ondergaan nie, wat beteken ek is sonder ’n regterbors.
Mike het my verseker dit pla hom nie en dat sy liefde vir my groter is as my bors. Hy is lief vir die hele ek, nie net ’n deel van my nie.
Ek maak vrede met hoe ek lyk
’n Paar dae voor die operasie was ek in ’n boekwinkel. Daar was ’n man wat moeilik geloop het en nie regop kon staan nie. Oomblikke later was sy lang en aantreklike vrou langs hom. Ek het besef die man kon nie sy toestand wegsteek nie, maar hy het nogtans trots langs sy vrou geloop asof daar niks fout was nie. Anders as hy, kan ek nog my toestand onder my klere wegsteek. Niemand hoef te weet nie. Ek het besef hoe dankbaar ek moet wees, maar ook dat my toestand nie bepaal wie ek is nie. Na die operasie sou ek steeds Samantha wees.
Ek lyk nie meer soos ek voorheen gelyk het nie, en ek het vrede daarmee gemaak. Emosies neem egter langer om te verwerk en soms worstel ek nog daarmee. Maar ek besef elke dag dat ek gelukkig is om te leef en daarom leef ek met oorgawe.
- Baie dankie Samantha, ek het nogal hierdie artikel geniet. My seun 14 jaar is in September met brein kanker gediagnoseer. Ek het besluit as gelowige en iemand wat Jesus ken gaan ek nie verbitter wees of vrae vra nie. Ek vertou net op die Here om ons deur hierdie moeilike tyd te dra. Wat my verskriklik opgeval het van my seun, is dat hy baie positief is vir sy ouderdom. Bestraling begin 23 November en ja ek weet die Here sal met ons wees. Sterkte ook vir jou en wees positief. God sal nooit 'n stryd op jou pad bring wat hy sien jy nie kan dra nie. Onthou die Here wat ek ken maak nie siek nie, Hy maak gesond. Siekte is van die duiwel af. Die duiwel kan siek maak, maar hy kan nie gesond maak nie. Net God kan dit doen. Groete en sterkte vorentoe
- Samantha, ek werk as radiografis in Kerngeneeskunde. Ons doen baie beenflikkergramme om te kyk vir beenmetastase nadat borskanker gediagnoseer is en doen ook gereeld skanderings om die sentinel node (hoof aktiewe klier(e) in die oksel) te identifiseer en te merk.Ons werk baie nou saam met borskanker pasiënte en hierdie artikel gee my beter insig oor waardeur hulle gaan en help my om te besef daar is hoop! Jy's 'n pragtige mens en ek wens jou sterkte toe op jou lewensreis.Bly altyd so positief en 'n inspirasie vir almal.Mag God jou verder seën.
- Dankie - hulle het ook pas 'n gewas by my ontdek - ek sien 'n ander dokter later die maand. My hart gaan uit na jou want jy is jonk terwyl ek 'n goeie lewe gehad het en nie meer jonk is nie. Ek is baie rustig in die wete dat God in beheer is. Jou aanvaarding is wonderlik - dit kan net van die Here af kom! Word gesond en mag julle 'n wonderlike toekoms saam hê. Sterkte!
- Ek wil uitvind waar ek en my moeder kan gaan om pruike te gaan kies?
- Ek is gediagnoseer met serviks kanker. Histertomie was 31 Julie 2010. Ek het vandag my eerste bestraling gekry en gaan Donderdag my eerste Chemo kry. Ek wil graag weet waar kan ek pruike kry. Baie sterkte vir julle almal. GOD is in beheer. Lees Jesaja 41:10. Blessings. Drieka.
- Ondersteuning is baie belangrik van jou vrou/man, ek is ook daardeur, en my vrou is 'n engel uit die hemel geskenk aan my. Ons was net 'n jaar getroud toe ek gediagnoseer is. Sy help my baie met my stoma sakkies se skoon maak. Sy is 'n ware ENGEL
argief
HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?'N FINESSE STAPPLAN VIR ELKE VROU
Die gimnasium is nie die enigste plek waar jy fiks kan word nie. Verruil die gewigte vir 'n paar tekkies - en stap jou fiks!DIE MAER-WORD-UITDAGING!
FitSlim challengeWORD FIKS TEEN 'N WINSKOPIE!
Run/Walk for Life bied hierdie maand 'n uitstekende aanbod aan FINESSE lesers.IS DIT NET 'N GRIL?
... Of 'n groter gevaar?SLAAN VERKOUE HOK
Wanneer kry dit einde? Koue dae en lang nagte …AANVULLINGS ...
Het jy 'n tekort die winter?























