23 KITSKOSDIEET WAT WERK jou woema Articles www.voelgoed.co.za

KITSKOSDIEET WAT WERK

KITSKOSDIEET WAT WERK

Hier is 'n eetplan wat jou wys hoe jy kitskos in jou eetplan kan inwerk en steeds gewig kan verloor.

2009-07-20

As jy gewig wil verloor, is kitskos gewoonlik taboe. Maar dis ook ? feit dat vroue nie elke dag vir ure voor die kospotte kan sweet om net gesonde etes voor te berei nie. Dis waarom al hoe meer kitskosrestaurante gesonder opsies het deesdae.

Navorsing wwys daarop dat tot 50% van vyftienjarige tieners, veral dogters, in Suid-Afrika oorgewig is of aan vetsug ly. Studies het ook bewys dat die kans groot is dat oorgewig kinders tot oorgewig volwassenes sal ontwikkel. Dit is baie slegte nuus want vetsug gee aanleiding tot ’n reeks gesondheidsprobleme soos hartsiektes, hoë bloeddruk, beroerte, diabetes en kanker.

Die grootste sondebokke wat vetsug tot gevolg kan hê, is ongesonde eetgewoontes en te min oefening. Ons kies al hoe meer maaltye wat baie kilojoules bevat, maar min voedingswaarde het, soos die tipe kos wat jy by wegneem-restaurante bestel.

Het jy geweet dat as jy ’n Big Mac hamburger ete met skyfies en ‘n koeldrank in super grootte bestel, jy omtrent 6070 kJ, 58 g vet (24 g versadigde vette) en 2 mg natrium inneem? Dit beteken dat jy vir omtrent sewe ure aaneen moet loop om die maaltyd te verbrand! Dit beteken ook dat jy jou aanbevole soutinname oorskry met slegs een ete.

As jy gewig wil verloor, is dit belangrik dat jy nie meer as 30 g vet per dag inneem nie en met een wegneemete kan jy hierdie hoeveelheid sommer lag-lag oorskry! 

Hoewel die ideaal sou wees om elke dag voedsame maaltye self voor te berei, is die meeste vroue se lewe so gejaag dat kos maak in baie gevalle die laaste prioriteit is. Gelukkig is daar goeie nuus vir vroue wat graag wil gewig verloor en gesonder wil eet, sonder om te veel tyd voor die stoof deur te bring. Die goeie nuus is dat jy wegneemetes meer voedsaam kan kies.

In sy boek, The Fast Food Diet, skryf Dr. Stephen Sinatra dat jy elke dag kitskos in jou dieet kan insluit solank jy die 80/20 reël volg. Dit beteken jy moet 80% gesonde voedselkeuses maak, terwyl 20% van die kos wat jy elke dag eet ongesond kan wees. Hoewel dié dieet toelaat dat jy aan skyfies en hamburgers kan smul, raai dit jou steeds aan om gesonde alternatiewe te soek wanneer jy uiteet of wegneemetes bestel.

Finesse het ’n 7 dag maaltydplan uitgewerk waar jy elke dag ’n wegneemete kan geniet! Hetsy in die middag of aand. Die dieet voorsien omtrent 5 500 kJ per dag wat jou kan help om steeds gewig te verloor.


Interessante wegneem feite:

- Een uit vier Amerikaners koop elke dag wegneemetes.
- McDonald’s voed elke dag meer as 46 miljoen mense. Dit is meer as die hele bevolking van Spanje.
- In Amerika alleen word daar 1 000 000 diere elke uur geëet.
- McDonald’s versprei elke jaar meer speelgoed as Toys-R-Us.
- Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het vetsug verklaar as ’n wêreldwye epidemie.
Die goue reël om te onthou wanneer jy kos koop, is hou matigheid voor oë. Wegneemetes is ’n gerieflike keuse, solank jy gesonder keuses toepas en die porsies klein hou. Leer sommer ook  jou kinders van kleins af om beter wegneemetes te bestel, sodat hulle gesonde grootmense kan word!


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]