22 WIE IS DIE BAAS IN JOU HUIS? jou mense Articles www.voelgoed.co.za

WIE IS DIE BAAS IN JOU HUIS?

WIE IS DIE BAAS IN JOU HUIS?

Doen dié quiz om uit te vind!

2010-08-18

1.    Jy is uitgevat vir ’n spesiale aand uit saam met jou man, maar jul seuntjie gooi ’n tantrum omdat hy by die huis moet bly by die kinderoppasser. Wat doen jy ...?

a)    Jy troos hom, lees vir hom stories en sing hom aan die slaap. Julle gaan eers op jul afspraak ’n uur en ’n half later.
b)    Jy sê vir hom as hy soet is by die kinderoppasser, sal jy môre vir hom ’n groot persent koop.
c)    Jy gee vir hom ’n vinnige soentjie en dan gaan julle – jy weet dat hy oukei sal wees sodra julle ry.

2.    Julle is besig om te reis en jy sit jou gunsteling CD op. Jou kleuter gil en wil na sy gunsteling CD luister. Wat doen jy...?

a)    Jy sit vir hom sy gunsteling CD op – jy wil nie nou baklei nie en dit het tog lekker liedjies op.
b)    Jy sê vir hom hy kan ’n paar liedjies luister en dan gaan jy jou CD luister.
c)    Jy sê vir hom dat jy nou na jou musiek luister en dat hy eers moet wag om sy musiek te luister, jy sit die klank harder.

3.    Dit is jou verjaardag en julle gaan uit vir ete. Jy wil na ’n nuwe, classy plek toe gaan. Jou dogter dring daarop aan om by ’n kitskos eetplek met ’n klimraam en speelarea te eet. Wat doen jy ...?

a)    Jy stem in om kitskos te gaan eet – ten minste sal jy kans kry om met jou man te praat terwyl sy speel. Plus, jy het vergeet hoe lekker nuggets en koolslaai kan wees.
b)    Julle gaan na ’n pizza plek toe, want hulle het darem kryte en inkleurboeke – en dit is maar net die tweede keer wat julle pizza eet dié week.
c)    Jy staan vas. Dit is jou verjaardag en jou dogtertjie kan haar eie speelgoed saamvat om haarself mee besig te hou.

4.    Jy is oppad winkel toe met jou dogtertjie wat besluit het om haar prinsesuitrusting te dra. Sy dring daarop aan dat jy ’n heks-hoed moet dra, kekkel terwyl jy die trollie rondstoot en jy mag net pienk kos koop. Wat doen jy ...?

a)    Jy gryp die hoed, jy kom in karakter en jy spandeer baie tyd daaraan om pienk kos te soek – en wat maak dit nou saak as mense na jou staar, jou dogter het dan soveel pret.
b)    Jy stem in om dit te doen en dan los jy “per ongeluk” die hoed by die huis. Maar jy kekkel nog steeds en jy koop vir haar ’n pienk lekkertjie as sy huil.
c)    Jy sê vir haar dat mammas nie toegelaat word om hekse te wees in winkels nie en dat die pienk kos haar tande swart sal maak.

5.    Jou seun is veronderstel om in die bed te wees, maar hy wil nie slaap nie. Wat doen jy ...?

a)    Jy laat hom wakker bly en televisie kyk saam met jou en jou man. Hy mis seker maar net sy ma.
b)    Jy lees vir  hom ’n ekstra storie in sy kamer en dan gee jy vir hom ’n drukkie en sit hom in die bed.
c)    Jy stuur hom reguit bed toe en waarsku hom dat as hy weer uit sy bed klim, hy môre vroeër moet gaan slaap.


HOE HET JY GEDOEN?

Meestal A’s

Jy het ’n lekker tyd en jy geniet dit om weer die kind in jouself te ontdek, maar jou kleinding draai jou om sy/haar pinkie. Jy wil jou kind graag gelukkig maak, maar partykeer moet jy aan jouself dink. Jy moet bietjie eerste kom vir ’n verandering. Hy sal oor dit kom, jy sal sien.

Meestal B’s

Jy is goed daarmee om kompromieë met jou kind aan te gaan, maar jy sal dalk voordeel daaruit trek om meer te dink oor wat jy in die lewe wil hê. Meeste van die tyd is jy sterk, maar jou kind sit partykeer vir jou ore aan. Probeer om te onthou dat jy nou die volwassene is en dat jy die reëls maak.

Meestal C’s

Jy is streng oor dit wat jy wil hê en hoe jy wil hê jou kind moet optree. Dit is wonderlik dat jy so ferm is wanneer dit kom by wat jou kind wil hê, maar dit sal geen skade doen om nou en dan ’n bietjie rustiger te wees nie. Dit is tog jou kind!


Bron:

Pracical parenting – www.practicalparenting.co.uk

Kommentaar

gesels saam


argief