RAND EN SENT SE RITME
Spat die vonke in jou huwelik oor geld?
2010-01-06Shanda Luyt
Spat die vonke in jou huwelik oor geld?
2010-01-06Shanda Luyt
LAAT DINGE KLINGEL!
Volgens Linda Eskell-Blokland, kliniese sielkundige van Pretoria, is dit noodsaaklik dat lewensmaats soos besigheidsvennote oor hulle geldsake moet praat, anders kan dit ernstige konflik veroorsaak en selfs die huwelik vernietig. Sy gee die volgende riglyne:
PRAAT, PRAAT, PRAAT!
Kies ’n tyd wanneer julle albei ontspanne is en ongestoord kan gesels. Bespreek julle drome en doelwitte, asook die praktiese aspek van rekeninge wat betaal moet word. Beplan rondom julle swak punte. As een byvoorbeeld geneig is om te veel geld uit te gee, besluit saam dat hy/sy nie kredietkaarte mag hê nie, maar elke maand ’n vaste bedrag sal kry om na goeddunke te bestee.
BEGROOT SAAM.
Julle prioriteite verskil, daarom albei moet insette gee oor hoe die geld bestee word. Hou vir ten minste een maand presies boek van hoeveel julle elke dag uitgee en waarop, selfs die klein bedraggies, om te sien wat julle werklike uitgawes is. Bereken dan julle gemiddelde inkomste. Wees absoluut eerlik oor julle finansies. Skryf julle korttermyn- finansiële doelwitte neer, soos ’n seevakansie, asook julle langtermynbehoeftes, soos ’n gerieflike aftrede. As julle uitgawes julle inkomste oorskry, kyk hoe julle nie-noodsaaklike uitgawes kan inkort.
KRY ’N KENNER.
Die beste is ’n onafhanklike finansiële raadgewer wat jy per uur vir advies betaal. Hy behoort na julle uitgawes, skuld en bates, beleggings, langtermyn- en korttermynbehoeftes te kyk voor hy met ’n finansiële plan vorendag kom.
AS JULLE NOUSTROP TREK
• Moenie mekaar verwyt nie. As jou maat onverantwoordelik baie spandeer het, kan jy dalk kwaad wees en hy kan skuldig voel, maar julle moet daarby verbykyk en besluit hoe om vorentoe te gaan.
• Moenie uitstel om finansiële probleme te takel nie. Kry ’n aksieplan om julle uit die skuld te help en hou daarby.
• As julle kinders het, verduidelik vir hulle dat julle ’n bietjie swaar kry, maar moenie hulle bangpraat nie. Om eerlik oor julle geldsake te wees leer jou kind verantwoordelikheid ten opsigte van geld.
• Selfs al gaan dinge moeilik, maak steeds ruimte vir spesiale tye saam. Soek na goedkoop opsies, soos ’n ete by kerslig of om saam kafee-roomys te gaan eet.
argief
DIE EKS-FAKTOR
Rubriek vir geskeide vroue deur Natasha Sutherland.WEET JY WAT JOU MAN REGTIG HÊ?
Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...WAT ONNIES WIL HÊ OUERS MOET WEET ...
Jy kan jou kind se skoollewe baie makliker maak as jy weet hoe 'n onderwyser dink!WEES 'N SUPER-DUPER MA
Jou uitkyk op die lewe verander skielik, jy is verantwoordelik vir 'n nuwe lewe en jou hart is nooit meer jou eie nie.BETER HUWELIK, GEEN WOORDE
Dit lyk asof NIEverbale kommunikasie die geheim is!WATTER TIPE MA IS JY?
Dink jou kinders nog jy's die coolste ma ... of sê hulle jy is te streng, te verstrooid of heeltemal laf?HY MAAK MY SO KWAAD!
Is hy regtig die een wat die skuld moet kry vir jou woedeuitbarstings?OORLEEF JOU SKOONOUERS
Kersvakansies is pret, tot jy die dag trou en skielik twee families gelukkig moet hou!GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.


.jpg)




.jpg)

















