POPCORN VIR JOU SIEL
'n Mooi storie op die grootskerm kan jou laat goedvoel en jou verhoudings met die mense vir wie jy lief is, versterk.
2009-12-22Maretha Botes
'n Mooi storie op die grootskerm kan jou laat goedvoel en jou verhoudings met die mense vir wie jy lief is, versterk.
2009-12-22Maretha Botes
JY EN JOU KINDERS ...
Earth
Ontdek die wonderwêreld van diere terwyl hulle oor die aarde reis. Die fliek bied asemrowende kykmateriaal. Dit wys die tog van drie dierefamilies boeiend en intiem, met ’n paar spanningsvolle oomblikke tussen-in. Dit bied tonne vir julle om oor te gesels: hoe diere in die natuur vir mekaar sorg, hoe mense veronderstel is om vir mekaar te sorg, en wat ons kan doen om vir die natuur te sorg.
Juno
As jy tieners (of amper-tieners) in jou huis het, is dié Oscar-wenner ’n moet-kyk. Die mees voor die hand liggende les is dié van tienerswangerskap en die stres en verantwoordelikhede wat daarmee saamgaan. Maar dieper nog is die onbreekbare ouer-kind-band tussen Juno en haar ouers, wat haar sonder aarseling bystaan in haar krisis. Lesse oor vriendskap word ook geleer – hoe waardevol dit is om ’n vriendin te kan vertrou wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan. Dit is ook duidelik hoe dié krisis Juno se bande met belangrike mense in haar lewe versterk. En as dit nie vir dié bande was nie, sou sy sekerlik nie die belangrikste besluite in haar lewe kon maak nie.
JY EN JOU VRIENDINNE ...
The bucket list
In ’n wêreld waar jou tyd dikwels verdeel word tussen alles behalwe dit wat saak maak, is dit goed om weer ’n slag te besef wat werklik belangrik is. Die skreeusnaakse hoofkarakters – gespeel deur Jack Nicholson en Morgan Freeman, albei terminaal siek met kanker – doen juis dít. Hulle doen dié dinge op hul “lysie” wat hulle nog altyd wou doen. Die boodskap: die lewe is kort. As jy droom om iets te doen, doen dit nóú. En as jy ’n goeie vriend het om dit saam met jou te doen, des te beter!
Confessions of a shopaholic
Wie het nou ooit kon dink die inkopie-mal, modebewuste Rebecca Bloomwood sou by ’n finansiële tydskrif land? Wel ... dit was beslis nie oor haar vernuf as kenner van geldsake nie! Dis oor ’n fout wat ingesluip het toe sy eintlik vir ’n pos by ’n modetydskrif aansoek gedoen het. Maar sy laat haar nie onderkry nie en haar kreatiwiteit en kennis van produkte (en om te koop!), maak haar gewild by baie lesers. Dis ook nie lank nie of sy en haar baas, Luke – ’n suksesvolle entrepreneur – ontwikkel gevoelens vir mekaar. Maar wat as hy moet uitvind sy is glad nie die finansiële ghoeroe wat sy voorgee om te wees nie? Dat sy eintlik ’n vrou is wat diep in die skuld is en nie haar slegte gewoonte om te koop, kan afskud nie?
JY EN JOU MAN …
Ch’tis (Welcome to the Sticks)
Wat sal ’n man tog nie alles doen om sy vrou gelukkig te hou nie? Philippe Abrams, ’n poskantoor-bestuurder, en sy vrou Julie woon in die sonnige suide van Frankryk. Sy is egter sielsongelukkig en Philippe besluit hy moet iets doen. Hy maak ’n jakkalsplan om ’n verplasing na die Franse Riviera te kry, maar word uitgevang. Vir sy straf word hy na die koue noorde van Frankryk gestuur (bekend vir sy onvriendelike mense). Hy los Julie by die huis en vertrek op sy eie. Maar gou kom hy agter dis glad nie so sleg in die noorde nie. Om Julie egter gelukkig te hou, vertel hy haar hoe hy sukkel om aan te pas. Tot eendag, wanneer sy besluit om by hom aan te sluit, want ’n vrou se plek is mos aan haar man se sy ...
Fireproof
Julle hoef nie noodwendig huweliksprobleme te hê, soos kaptein Caleb Holt en sy vrou Catherine in die fliek, nie. ’n Mens moet net soms herinner word aan die krag van onbaatsugtige liefde en hóé om so lief te hê. In ’n tyd waar trou en skei té maklik gebeur, bring dié fliek weer hoop. Wanneer Holt, ’n brandweerman, glo sy huwelik kan nie gered word nie, nader hy sy pa. Sy pa hou vol die huwelik kán gered word – as Caleb sy raad volg: Doen vir 40 dae lank elke dag ’n onbaatsugtige daad tenoor jou geliefde … én verwag niks in ruil daarvoor nie.
JY EN JOU MA …
Coco Avant Chanel
Die verhaal van die jong Gabrielle Chanel begin voor sy beroemdheid verwerf het as mode-ontwerper. Sy was die dogter van ’n reisende verkoopsman en het leer klere maak in ’n Katolieke kinderhuis. Maar sy sou besluit om eers haar droom – om sangeres te word – na te volg. Só beland sy in ’n kabaretklub waar sy “Coco” gedoop word. Nie lank nie of sy raak goed bevriend met ’n hele paar invloedryke sakemanne wat sleutelrolle gespeel het in haar pad na wêreldroem – nie in die sangbedryf nie, maar in die modebedryf. Die fliek spog met ’n hele paar egte Coco Chanel-rokke uit haar bekendste reekse.
Changeling
Die fliek speel in 1928 in Los Angeles af. Enkelma Christine Collins kom tuis na ’n lang dag by die werk, net om uit te vind haar negejarige seun het spoorloos verdwyn. Die polisie doen nie veel om te help nie, en Christine se angs en desperaatheid word ’n nagmerrie. Vyf maande later kondig die polisie aan dat hulle haar seun gekry het. Maar tot haar skok is die seun nié Walter nie. Dit is eers wanneer nog ’n jong seun na vore kom met feite oor kindermoorde deur sy oom, dat die polisie en ’n hele paar ouers wie se kinders ook vermis is, een en een bymekaar begin sit. Soveel as 20 seuns is toe reeds vermoor. Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van die sogenaamde Wineville-hoenderhokmoorde, waarin tientalle onskuldige kinders vermoor is.
argief
DIE EKS-FAKTOR
Rubriek vir geskeide vroue deur Natasha Sutherland.WEET JY WAT JOU MAN REGTIG HÊ?
Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...WAT ONNIES WIL HÊ OUERS MOET WEET ...
Jy kan jou kind se skoollewe baie makliker maak as jy weet hoe 'n onderwyser dink!WEES 'N SUPER-DUPER MA
Jou uitkyk op die lewe verander skielik, jy is verantwoordelik vir 'n nuwe lewe en jou hart is nooit meer jou eie nie.BETER HUWELIK, GEEN WOORDE
Dit lyk asof NIEverbale kommunikasie die geheim is!WATTER TIPE MA IS JY?
Dink jou kinders nog jy's die coolste ma ... of sê hulle jy is te streng, te verstrooid of heeltemal laf?HY MAAK MY SO KWAAD!
Is hy regtig die een wat die skuld moet kry vir jou woedeuitbarstings?OORLEEF JOU SKOONOUERS
Kersvakansies is pret, tot jy die dag trou en skielik twee families gelukkig moet hou!GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.


.jpg)




.jpg)

















