22 SÓ VERSKIL MENS jou mense Articles www.voelgoed.co.za

SÓ VERSKIL MENS

SÓ VERSKIL MENS

Ons almal is uniek, maar dit veroorsaak gereeld konflik. Hanteer jy dit reg?

2009-11-10Shanda Luyt

Maar ons verskille veroorsaak ook dat konflik dikwels onafwendbaar is in ons verhoudings. Gelukkig is konflik nie noodwendig sleg nie; dit kan selfs ’n groeigeleentheid in jou verhouding wees. Dis hóé jy die konflik hanteer, wat saak maak.

•    Wys dat jy luister – en doen dit ook! Maak oogkontak en moenie reeds begin dink wat jy volgende wil sê nie.
•    Moenie onmiddellik op jou agterpote wees nie. As jy verdedigend raak, mis jy dalk die punt wat die ander party aan jou wil oordra.
•    Oppas vir rooiletterwoorde soos ‘nooit’ en ‘altyd’. Veralgemenings is teenproduktief en gewoonlik onwaar. Vra jouself af of jy regtig regverdig is as jy dit sê.
•    Moenie ou koeie uit die sloot haal nie. Fokus op die probleem waarmee julle besig is.
•    Moenie dink jy weet wat in die ander een se kop aangaan nie. Baie argumente word gebou op valse aannames oor hoe die ander persoon voel of dink.
•    Moenie persoonlik raak nie. Fokus daarop om die probleem op te los en nie om die mens aan te val nie.
•    Moenie jou afsluit en wegloop nie. Respekteer die ander persoon genoeg om te luister wat sy sê.
•    Soms wen jy die argument, maar jou verhouding verloor eintlik. Jy kan dalk op jou voete dink en jou argumente so mooi uiteensit dat die ander persoon nie ’n kans staan nie, maar as julle albei nie gelukkig wegstap nie, kan dit jou verhouding knou.

Van uitstel kom uitbars!


Om konflik te vermy, los nie ’n probleem op nie. Jy is dalk nie lus vir ’n argument nie, daarom bly jy liewer stil. Maar as jy opkrop, kan jy eendag uitbars en goed sê wat liewer moes gebly het, sê kenners. Praat liewer kalm oor verskille voor dit ‘groot’ raak. Die doel van konflikoplossing is nie om al ons verskille weg te vat nie, maar om ons te leer hoe om op so manier met ons verskille saam te leef dat albei partye tevrede voel.

Sien die hele prentjie

“Die algemeenste fout wat mense maak terwyl hulle probeer om konflik op te los is om te reageer voordat hulle die volle prentjie het. Dan is argumente onvermydelik. Want as mense te vinnig reageer, reageer hulle dikwels op die verkeerde kwessies. Om te luister, help ons om op die kern van die konflik te fokus. As ons luister, verstaan en mekaar se idees respekteer, kan ons ’n oplossing vind wat van beide wenners maak.” Gary Chapman, skrywer van Everybody Wins: The Chapman guide to solving conflicts without arguing.

Pantser jouself teen konflik

Hoe beter jy jouself ken, hoe beter sal jy konfrontasie kan hanteer. Want hoe meer jy bewus is van jou eie vooroordele en watter dinge jou maklik warm om die kraag maak, hoe beter kan jy jouself emosioneel en verstandelik voorberei sodat jy positief kan reageer as hierdie kwessies geopper word. Vra jouself: Watter gedrag by ander mense hanteer ek moeilik tydens konflik? Hoe reageer ek gewoonlik? En hoe wil ek graag reageer?

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]