'N PA GEE BALANS
Die betrokkenheid van ’n pa bepaal die kinders se toekoms
2009-10-02Shanda Luyt
Die betrokkenheid van ’n pa bepaal die kinders se toekoms
2009-10-02Shanda Luyt
Hoekom is ’n pa so belangrik?
Navorsing toon dat die betrokkenheid van ’n pa ’n reuse-verskil kan maak aan ’n kind en sy sukses as volwassene in terme van werk en verhoudings. Meisies wat sonder ’n pa grootword het ’n groter kans om as tieners swanger te raak. Seuns wat sonder pa’s grootword toon weer ’n groter geneigdheid tot aggressie en die kans dat hulle betrokke kan raak in dwelmmisbruik is ook groter.
Daarenteen word ’n goeie, standvastige verhouding tussen pa en kind geassosieer met beter sosiale vaardighede, groter morele volwassenheid en emosionele intelligensie, algehele beter gebalanseerdheid, ’n beter selfbeeld en selfvertroue en selfs beduidend beter akademiese prestasie.
“Gloria Steinem het gesê die meeste eerstewêreldse kinders ly aan die ‘te-veel-ma-te-min-pa-sindroom’,” vertel Marietha Robbertse, opvoedkundige sielkundige van Wolmaransstad.
Sy sê ’n pa is belangrik omdat hy ’n identifikasiefiguur vir sy kinders is. Deur ’n pa se optrede kan sy kinders leer hoe ’n ware man optree. Die meisie sal ’n model kry van hoe ’n toekomstige lewensmaat behoort op te tree.
Wat pa’s se betrokkenheid ook belangrik maak, is die unieke manier waarop hulle met hulle kinders speel of hulle versorg. Pa’s sal byvoorbeeld met hulle kinders op die mat stoei, en in die proses leer hulle kinders vaardighede wat hulle later in staat kan stel om die meer robuuste uitdagings van die lewe makliker te hanteer.
Pa’s se benadering tot probleemoplossing kan ook verskil. As een ouer byvoorbeeld meer analities en die ander meer emosioneel is, besef die kind dat daar meer as een manier is om probleme te benader.
Aksieplanne vir pa’s
Marietha het die volgende wenplanne vir sterk pa-kind bande:
1. Neem verantwoordelikheid vir jou kind se spirituele opvoeding.
2. Word jou kind se held deur meer betrokke te wees. Spandeer genoeg tyd met elke kind afsonderlik en laat die kind toe om die aktiwiteit te kies.
3. Laat jou kinders grootword met die wete dat hulle geliefd is. Neem die tyd en dra jou liefde verbaal oor en verstewig die boodskap met ’n drukkie. (Ook vir jou seun, Meneer!)
4. Wees ’n warm vader in ’n koue wêreld ... ’n geselsie oor ontbyt, deur saam te bid of vyf minute se onverdeelde aandag.
5. Waardeer jou vrou en wys dit! Dit is goed vir die band tussen ’n pa en sy kinders as hulle ervaar dat daar ’n spesiale band tussen pa en ma is.
6. Luister na jou kind. Moenie altyd reg staan met raad nie, somtyds wil hy net iemand hê wat na hom luister.
7. Maak tyd vir pret! Slaan ’n tent op in die agterplaas en ‘kamp’ uit; besoek plekke saam; kyk saam deur ou foto’s en lag vir die ou modes.
8. Dink mooi oor die tekortkominge in julle verhouding en wend ’n daadwerklike poging aan om dit te oorbrug.
9. Prys jou kind – ook voor sy vriende – en vertel hom as jy ’n eienskap in hom sien waarvan jy hou.
10. Lees vir jou kleuter ’n storie of lees ’n boek wat jou tiener aanbeveel en gesels daaroor.
argief
DIE EKS-FAKTOR
Rubriek vir geskeide vroue deur Natasha Sutherland.WEET JY WAT JOU MAN REGTIG HÊ?
Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...WAT ONNIES WIL HÊ OUERS MOET WEET ...
Jy kan jou kind se skoollewe baie makliker maak as jy weet hoe 'n onderwyser dink!WEES 'N SUPER-DUPER MA
Jou uitkyk op die lewe verander skielik, jy is verantwoordelik vir 'n nuwe lewe en jou hart is nooit meer jou eie nie.BETER HUWELIK, GEEN WOORDE
Dit lyk asof NIEverbale kommunikasie die geheim is!WATTER TIPE MA IS JY?
Dink jou kinders nog jy's die coolste ma ... of sê hulle jy is te streng, te verstrooid of heeltemal laf?HY MAAK MY SO KWAAD!
Is hy regtig die een wat die skuld moet kry vir jou woedeuitbarstings?OORLEEF JOU SKOONOUERS
Kersvakansies is pret, tot jy die dag trou en skielik twee families gelukkig moet hou!GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.


.jpg)




.jpg)

















