KIND MET WIL VAN STAAL
Help jou eiesinnige kind om te blom, sonder dat jý kop verloor.
2009-08-11Shanda Luyt
Help jou eiesinnige kind om te blom, sonder dat jý kop verloor.
2009-08-11Shanda Luyt
Werk slim met koppigheid
Sanet sê hoewel die basiese beginsels vir die hantering van ’n eiesinnige kind dieselfde bly ongeag die ouderdom, raak die kwessies moeiliker. Hier is haar 8 wenke:
1. Begin vroeg
Jy moet so vroeg as moontlik begin om basiese riglyne vir jou kind neer te lê, aangesien dit ná agt jaar baie moeiliker raak om hierdie probleme uit te sorteer. Vroeë ingryping is van kardinale belang by jou eiesinnige kind. Dan is jou kind nog fisies klein. Jy kan haar nog kamer toe dra as sy weier om te gaan. Maar as jou ouer kind viervoet vassteek en sê sy gaan nie doen wat jy sê nie, is dit baie moeilik om haar te kry om te luister.
2. Konsekwente dissipline
Jou grense moet duidelik en konsekwent wees en jy moet van jou kind verwag om binne daardie grense op te tree. Moet nooit dreig met straf en dit nie uitvoer nie. As jy gesê het dit is wat die gevolg gaan wees, móét jy dit uitvoer. As jy ingee vir ’n tantrum, gaan jou kind weet sy moet dit volgende keer net ’n bietjie verder voer voor jy sal ingee.
3. Staan saam as ouers
Moenie jou maat se dissipline ondermyn nie. As ouers van mekaar verskil oor dissipline, gebruik die kind die geleentheid om self te besluit wat reg en verkeerd is en jou eiesinnige kind sal baie vinnig wees om enige sulke verskille op te tel en uit te buit.
4. Gee keuses
As jou kind ’n sterk wil het, is keuses ongelooflik belangrik. Op die manier gee jy jou kind beheer, maar dis binne perke. Jy moet dit van kleins af doen sodat jou kind kan leer: as sy ’n bepaalde keuse maak, sal daar bepaalde gevolge wees.
5. 'n Emosionele woordeskat
Leer jou kind kleintyd al om haar emosies uit te druk - kinders wat nie ’n emosionele woordeskat het om hul gevoelens uit te druk nie, sal voortgaan met rebelliegedrag om hul sin te kry.
6. Verstaan sy behoeftes
Baiekeer is daar woedeuitbarstings omdat daar nie in jou kind se basiese behoeftes voorsien is nie - sy is dalk oormoeg of honger. Jy moet ingestel wees op wat jou kind, met haar persoonlikheid, kan hanteer en wat nie. ‘Lees’ jou kind sodat jy rondom dit kan beplan.
7. Vermy kopstampsessies
Die grootste fout wat ouers kan maak, is om in geveg met hul kind betrokke te raak en hulle kind van hul standpunt te probeer oortuig. Moenie die aas vat wat jou kind uitsit nie. Gee erkenning aan haar gevoelens, maar stip dan haar opsies vir haar uit, met die gevolge. Laat haar die keuse maak en met die gevolge leef.
8. Respekteer self outoriteit
Jou eie houding teenoor gesag sal jou kind se bereidwilligheid om reëls na te kom, beïnvloed. As jy nie die wet gehoorsaam nie of negatief oor ’n onderwyser praat in jou kind se teenwoordigheid, sal jou kind ook nie respek vir outoriteitsfigure hê nie.
argief
GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.'N BETER HUWELIK ...
... teen SondagDANKIE PA ...
... Jy is altyd daarGELUKKIGE HUWELIK CHALLENGE
Hoekom moet ons tevrede wees met huwelike wat net so-so is, as dit SJOE! kan wees? Ons wil mos warm wees, nie flou nie, of hoe?OUDSTE, MIDDELSTE, JONGSTE
Hoe verstaan ek hulle?KOOK DIT IN DIE KOOI?
Of is jou kamer 'n yskas?WEES 'N SUPER-DUPER MA!
Celebs gee raadOEFEN JOU VERHOUDING BETER
... op vreemdelinge!JOU KIND SE EMOSIES
... sorg vir gelukkige kinders
























Dit het my baie insig gegee. Van al die ouerskapboeke, gee ek bg boek 10 uit 10!