AS DIE STOF GAAN LÊ
Daar is egter maniere om vriendelik te baklei en die vredesvlaggie mooi te hys ...
2009-07-14Annelize Steyn
Daar is egter maniere om vriendelik te baklei en die vredesvlaggie mooi te hys ...
2009-07-14Annelize Steyn
“Ek onthou ons eerste rusie baie goed,” vertel Susan*. “Dit het gegaan oor sy entoesiasme (of tekort daaraan) om by nuwe vriende te gaan eet. My man was oorwerk, dit was ’n weeksaand en hy was moeg, maar by die aanhoor dat hy nie wil gaan nie, het ek ontplof. Ek het hom daarvan beskuldig dat hy nóóit enigiets saam met mý vriende wil doen nie, dat hy heeldag voor die DSTV sit en ek het gevra of die res van ons huwelik só gaan wees.”
Natuurlik was haar reaksie ongegrond en het haar man ewe opgewonde reageer deur sy eie ongelukkighede te lys. “Ek was supersensitief en het gedink: ‘Hoe kon ek ooit glo dat ons goeie pasmaats sou wees?’”
Sy het benoud geraak, histeries begin raak en hy, wat drama nie kan uitstaan nie, het haar onsimpatiek aangesê om haarself reg te ruk. Eindelik was hulle drie dae lank kwaad vir mekaar voor dié rusie opgelos is. Vandag, vyf jaar later, lag Susan oor daardie argument en sien sy dit in perspektief, aangesien sy tóé aan hewige post-wedding blues gely het, hulle pas verhuis het, sy haar ou vriende vaarwel moes roep en haar Pil ’n hormoonwanbalans veroorsaak het (iets wat sy eers weke later sou uitvind).
Die gees van die tyd / Die tyd waarin ons leef / Die moderne lewe ’n sondebok
Die tyd waarin ons leef het van die wêreld ’n baie rusie-vriendelike omgewing gemaak. Daar is soveel méér om oor te baklei. Waar vroue in vorige generasies berus het by die wete dat hul man die hoof van die huis is en maar stilgebly het in hul “ondergeskikte” rol, is vandag se Eva’s nie bang om hulself te laat geld nie en glo hulle dat hulle ewe veel sê behoort te hê. Voeg daarby spanning by die werk (wat deesdae deur albei partye ervaar word), rolle (wie vanaand die baba gaan bad en wie se beurt dit is om kos te maak), geldbesteding (jou salaris is dalk groter as syne) en talle ander uitdagings wat die jaar 2009 ons bied en jy het ’n magdom potensiaal vir konflik!
Waarom al die tone-trappery?
Sommige mense heg hul eiewaarde aan die vermoë om reg te wees. Ander glo dat die enigste manier waarop hulle hul eie vrees kan stil, is om iemand anders te beheer. Daar is mense wat argumentering as ’n manier van ontvlugting sien en sommige mense moet verhewe voel en sal dit voortdurend aan hulself probeer bewys deur hul argumente te deurvleg met sarkasme en verkleinering.
Dan is daar ook dié enkelinge wat dit vrees om te verloor. En, hoe vreemd dit ook al mag klink, daar is mense wat baklei omdat dit die bloed deur hul are laat bruis. Só ’n persoon (gewoonlik ’n depressielyer of verveelde persoon) kry tydelike stimulasie uit ’n geveg, verduidelik Marie Hartwell-Walker, ’n sielkundige en huweliks- en gesinsterapeut van Massachusetts.
Om te baklei of nie ...
Daar is sommige paartjies wat beweer dat hulle nooit baklei nie. Die res meen dit is onmoontlik! Om te argumenteer kan tot verhoogde intimiteit tussen ’n paartjie lei omdat dit aan albei kan wys dat hulle kán verskil en tog steeds ’n manier kan vind om tot ’n vergelyk te kom, meen Gail Saltz, sielkundige en skrywer van New York. Ook John Gottman, dispuut-ghoeroe, sielkunde-professor en stigter van die Gottman-instituut, skryf in Pshycology Today: “Argumentering kan, wanneer dit griewe en klagtes na vore bring, een van die gesondste dinge wees wat ’n paartjie vir ’n verhouding kan doen.” Die sukses van ’n langdurige huwelik hang af van ’n partjie se vermoë om konflik op te los, meen hy. “Baie paartjies stel min konflik gelyk aan geluk en glo dat die bewering ‘ons baklei nooit’ ’n teken van huweliksgesondheid is. Maar ek glo ons groei in ons verhoudings deur ons verskille op te los. Dit is hoe ons meer liefdevolle mense raak en waarlik die vrugte van die huwelik pluk.”
Hoe om die wit vlaggie te hys
Enige verhouding gaan deur moeilike tye, maar om te voorkom dat nietighede ernstige skade aan jou verhouding berokken, is dit belangrik om te weet hoe om vrede te maak ná ’n rusie. Wat jy ook al doen, is dit belangrik om nie weg te hardloop en die kwessie te vermy nie. Om ’n bietjie af te koel is in die haak, maar moenie meer as twintig minute laat verbygaan nie, anders gaan julle nie die bul behoorlik by die horings pak nie, meen kenners.
Miskien hou julle op daardie oomblik nie veel van mekaar nie, maar dit is belangrik om te onthou dat julle juis baklei ómdat julle lief is vir mekaar en dat ’n rusie nie die einde van jul liefde beteken nie. Weet ook dat ’n rusie nie eindig wanneer iemand “wen” nie – dit eindig wanneer vrede bereik is. Daar is paartjies wat glo in die reël: “Moet nooit kwaad gaan slaap nie.” Sommige voer hierdie voorneme pligsgetrou deur. Dit is húlle wat wakker bly om tot ’n vergelyk te kom en soms besef dat die argument dit nie werd is nie. Inkorporeer gerus maar hierdie reël in jou huwelik!
argief
DIE EKS-FAKTOR
Rubriek vir geskeide vroue deur Natasha Sutherland.WEET JY WAT JOU MAN REGTIG HÊ?
Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...WAT ONNIES WIL HÊ OUERS MOET WEET ...
Jy kan jou kind se skoollewe baie makliker maak as jy weet hoe 'n onderwyser dink!WEES 'N SUPER-DUPER MA
Jou uitkyk op die lewe verander skielik, jy is verantwoordelik vir 'n nuwe lewe en jou hart is nooit meer jou eie nie.BETER HUWELIK, GEEN WOORDE
Dit lyk asof NIEverbale kommunikasie die geheim is!WATTER TIPE MA IS JY?
Dink jou kinders nog jy's die coolste ma ... of sê hulle jy is te streng, te verstrooid of heeltemal laf?HY MAAK MY SO KWAAD!
Is hy regtig die een wat die skuld moet kry vir jou woedeuitbarstings?OORLEEF JOU SKOONOUERS
Kersvakansies is pret, tot jy die dag trou en skielik twee families gelukkig moet hou!GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.


.jpg)




.jpg)

















