IN JOU HART IN 20 MINUTE
Net 20 minute, dis al wat jy nodig het ... net 20 minute elke dag vir een van jou liefdesmense!
2009-07-14Karin Botha
Net 20 minute, dis al wat jy nodig het ... net 20 minute elke dag vir een van jou liefdesmense!
2009-07-14Karin Botha
Net 20 minute, dis al wat jy nodig het ... net 20 minute elke dag vir een van jou liefdesmense!
20 MINUTE op die verhoog
Konsert hou is een van die lekkerste maniere om ons versteekte gevoelens uit te druk. Kinders projekteer gewoonlik hulle ervarings, soos ’n boelie by die skool of liefdesprobleme, in hulle eie verhale.
Ek het dié wonderlike manier van kommunikeer eenkeer geleer tydens ’n vakansie by ’n vriendin. Toe die kinders verveeld raak, het sy hulle elkeen ’n konsert oor hulle eie lewe laat uitdink: kort en bondig, nie langer as vyf minute elk nie. Die konsert het ons laat lag en huil, maar ook iets laat leer van die mensie wat elkeen is. Daarna het die grootmense iets uit hulle eie lewe opgevoer ... en hoe Pa en Ma ontmoet het, was vir die kleingoed groot pret.
Tuis het ons ’n klein opslaanverhogie gebou, en so elke nou en dan word hy uitgehaal en moet elkeen konsert hou oor sy week. So weet ons baie oor elkeen se lewe, al is dit net hoe elkeen hom of haar in die rol van die held of slagoffer sien.
20 MINUTE vir ’n piekniek
Jy en jou hartsvriendin van skooldae het heeltemal verskillende lewensmaats gekies: haar man hou van rugby terwyl jou man eerder langs die rivier sal visvang. Van oor en weer kuier is daar nie sprake nie.
Julle afsprake in besige koffiekroeë laat veel te wense oor. Hoe vang julle weer mekaar se frekwensies op wanneer mense om julle babbel? Wat julle nodig het, is ’n onbevange omgewing waar jy weer jou vriendin se hart kan hoor ... en sy joune.
Maak môreoggend ’n fles vol filterkoffie en sit ’n reisdeken in die kattebak. Bel haar by die werk, bestel vir elkeen ’n broodjie by die tuisnywerheid en ontmoet mekaar in die parkie. Nou kan julle mekaar in die oë kyk en sy kan jou hart se lag en traan voel.
20 MINUTE saam met liefie
Tussen werk en kinders kan ’n kort rukkie saam in die kombuis wondere vir julle verhouding verrig. Besluit vandag saam oor môreaand se spyskaart. Terwyl jy die uie kap, kan hy solank begin om die steak te braai.
Moenie net gesels oor wat deur die dag met julle gebeur het of wat in die kinders se lewens aangaan nie. Begin deur te sê dat jou trane vlak lê oor julle woordewisseling van die oggend ... of dat jou hart oorloop omdat hy by jou in die kombuis staan. Glo dit maar, in elke man is daar ’n sjef wat nie kan wag om vrygelaat te word nie. Onthou dat sy werk in die dag waarskynlik nie baie kreatief is nie, so gee hom die vryheid om ’n nuwe spesery uit te toets ... en sien dan sy bors swel wanneer die gesin hom komplimenteer oor die lekkerste steak ooit!
Nooi hom in jou kombuisdomein in vir net 20 minute per dag ... vir julle beste in-die-hart-oomblikke.
argief
DIE EKS-FAKTOR
Rubriek vir geskeide vroue deur Natasha Sutherland.WEET JY WAT JOU MAN REGTIG HÊ?
Wat hy wil hê, is baie anders as wat jy wil hê ...WAT ONNIES WIL HÊ OUERS MOET WEET ...
Jy kan jou kind se skoollewe baie makliker maak as jy weet hoe 'n onderwyser dink!WEES 'N SUPER-DUPER MA
Jou uitkyk op die lewe verander skielik, jy is verantwoordelik vir 'n nuwe lewe en jou hart is nooit meer jou eie nie.BETER HUWELIK, GEEN WOORDE
Dit lyk asof NIEverbale kommunikasie die geheim is!WATTER TIPE MA IS JY?
Dink jou kinders nog jy's die coolste ma ... of sê hulle jy is te streng, te verstrooid of heeltemal laf?HY MAAK MY SO KWAAD!
Is hy regtig die een wat die skuld moet kry vir jou woedeuitbarstings?OORLEEF JOU SKOONOUERS
Kersvakansies is pret, tot jy die dag trou en skielik twee families gelukkig moet hou!GETROUD MET KRIEKET
Krieketvroue Sally Wessels, Tricia Pollock en Elna Rudolph praat oor dít wat alles regtig agter die krieketskerms gebeur.'N OPLOSSING VIR EGSKEIDING?
In Suid-Afrika is die gemiddelde ouderdom van mense wat skei tussen 38 en 41, en die meeste skei na 9 jaar.


.jpg)




.jpg)

















