"DE-CLUTTER" JOU KOP SÓ ...

"DE-CLUTTER" JOU KOP SÓ ...

6 strategieë om jou kop skoon te kry ...

2012-01-12

Clutter accumulates where energy stagnates, energy stagnates where clutter assumulates – Karen Kingston

Terwyl jy op pad uit is by die deur, besef jy jy weet nie waar jou karsleutel is nie. Soos wat jy terug in die huis hardloop breek jy amper jou nek oor klere en speelgoed wat oral rondlê. Wanneer jy uiteindelik by die werk kom lyk dit asof een of ander bom op jou tafel ontplof het en jou moed sak sommer daar en dan in jou skoene.

Net soos fisiese “clutter” is daar ook iets soos “kop clutter”. ’n Magdom gedagtes, idees, beloftes, onafgehandelde take, opgehoopte werk, skuld is alles deel van hierdie “kop clutter”. As jy die meeste van die tyd deurmekaar, gefrustreerd, nie gefokus en gestres voel is jy heel waarskynlik ’n slagoffer van “kop clutter”.

Dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, maar “kop clutter”  affekteer jou gesondheid en algehele welstand op kort- en langtermyn. In sommige gevalle kan dit jou ook fisies negatief beïnvloed en letterlik siek maak, maar meestal is dit net ’n bron van groot frustrasie en stres.

 

 

 


Tracey Foulkes van getorganised.co.za gee in haar E-boek Mental Clutter, it’s crazy! 6 strategieë om jou kop skoon te kry ...

 

 

 


1.    Kry ’n notaboek:

Almal van ons is nou nog nie so tegnologies gerat om ’n elektroniese dagboek en organiseerder te hê nie, maar die ou getroue notaboek vervul presies dieselfde rol. Bly weg van “post it” papiertjies of los stukke los papier met notas op. Kies ’n notaboek wat vir jou mooi en gemaklik is en werk nét in hom. Skryf al jou take en notas daarin en merk af soos wat jy die take voltooi.

2.    Handel dit af:

Gee vir elke taak in jou notaboek ’n keerdatum en stel ’n skedule vir al die take op. Kyk ook waar kan jy delegeer en van die take kan uitdeel aan ander om jou te help.

3.    Sê NEE as dit nie werk nie:

Ongeag van sisteme of vriendskappe, as jou werk of die spesifieke taak giftig en sieldodend is, is dit tyd vir verandering.

4.    Tyd vir beplanning:

Ons mors dikwels so baie tyd op die dinge wat nie belangrik of van hoë prioriteit is nie, dat ons nie genoeg tyd kry vir die dinge wat regtig belangrik is nie. Maak elke dag en week tyd om te beplan en te prioritiseer.

5.    Beweeg:

As jy sukkel om vordering te maak met die “de-clutter” van jou kop probeer dan ten minste om fisies vorentoe beweeg. Studies het bewys dat ’n kort breuk van tussen 20 tot 45 minute na ’n harde werk/dink sessie, jou produktiwiteit aansienlik kan verhoog. Oefening help ook om jou kop “skoon te kry” na ’n besige dag en verbeter terselfdertyd jou fisiese gesondheid en welstand.

6.    Leef in die NOU:

Jy het seker al gehoor van die gesegde: “Daar is geen beter tyd as nou nie.” Ons kan nie verander wat in die verlede gebeur het nie en ook nie beheer wat in die toekoms op ons wag nie. Deur op die “nou” te fokus sal jy verantwoordelikheid aanvaar en oorgaan na aksie om die taak volledig en goed af te handel.


Van uitstel kom afstel

Die groot rede waarom baie vroue sukkel met “kop clutter” is daardie bekende en gewilde: “Ag, ek sal dit later doen.” Baie vroue is baie goed daarmee om uit te stel. Party doen dit net soms of net in sommige gevalle en ander doen dit heelwat meer as wat hulle moet.

Uitstel het baie te doen met wat in ons brein gebeur op daardie oomblik. Dr. Piers Steel. Skrywer van The Procratination Equation verduidelik dat deur middel van ’n brein skandering en eenvoudige vrae en toetse, kon wetenskaplikes agterkom dat uitstel die integrasie van 2 sisteme in die brein is. Sisteem 1 is jou limbiese sisteem wat verantwoordelik is vir irrasionele, ingewing van die oomblik optredes wat gedryf word deur jou sintuie. Soos wanneer jy iets lekker ruik, iets mooi sien of iets interessant hoor. Sisteem 2 is die prefrontale korteks en is in beheer van jou vermoë om op iets te fokus, om te strategies te dink en om die groter prentjie raak te sien. Wanneer ons uitstel is siteem 1 in konflik met sisteem 2, en wen dan gewoonlik.

Om die “uitstel berg” te oorkom moet jy in die eerste plek erken dat jy onnodig en te gereeld uitstel. Brian Tracy verduidelik in sy boek “No Excuses” die krag van selfdissipline om besigheid, finansiële, fisiese en persoonlike sukses te behaal. Hy verduidelik selfdissipline as volg: “Om te doen wat jy moet doen, wanneer jy dit moet doen, of jy dit wil doen of nie.”



5 maniere hoe jy kan ophou uitstel:

1.    Sit af daai tegnologie:
Moenie jouself flous deur jou selfoon op “silent” te sit en dan te dink dat jy nie elke nou en dan gaan kyk of iemand jou nie dalk gesoek het nie. Bêre alle tegnologiese toestelle wat jou aandag gaan steel, ver weg. Dit is tyd om te fokus!

2.    Wees bewus van die tyd:
As jy ’n perfeksionis is kan tyd nogal ’n kwessie wees. Moenie wag vir die perfekte tyd om te begin, eers al die feite bymekaar te kry of jou werkplek uit te sorteer nie. Klein nietige takies is geneig om al ons tyd te steel en dan het ons gewoonlik nie genoeg tyd om die belangrike take af te handel nie.

3.     Kop of stert:
As jy sukkel om op die reguit pad te bly vra vir ’n kollega vir hulle insae. Tyd wat gemors word op nietige takies steel jou energie en hele dag.

4.    Stel ’n wekker:
As jy met groot en belangrike taak wil begin, maar net nie uit jou blokke kan kom nie, stel ’n wekker vir 10 minute en spring net weg. Kyk hoeveel jy gedoen kan kry in daardie tyd en hou aan as jy geïnspireerd voel. As jy egter steeds niks het nie, stop en beweeg aan na die volgende belangrike taak. Kom dan terug nie vorige taak oor ’n paar uur.

5.    Gee ’n beloning:
As jy verveeldheid of oorweldiging die skuld vir jou uitstel gee, stel vir jouself ’n beloning op die spel om jou te help om daardie taak doeltreffend af te handel.



Wen saam met www.getorganised.co.za!


Een van 2 gratis aflaaibare DVD’s (Organising for Busy Families en Organising your home based bussiness) ter waarde van R115 elk kan joune wees as jy hierdie maklike vraag beantwoord:

VRAAG: Noem die volledige adres van Tracey se webblad.

SMS VOELGOED + jou naam, e-pos adres en antwoord na 33788 (R1.50 per SMS).


Lees in die nuutste uitgawe van FINESSE hoe om die perfekte werk/lewe balans te vind. Jou Februarie FINESSE nou op rakke landswyd!

 

Kliek ook hier en laai jou gratis "de-clutter" invulkaart af


Kommentaar

gesels saam


soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]