TREE OP SOOS 'N KONINGIN
"Ettiquette is kindness"
2010-07-01
"Ettiquette is kindness"
2010-07-01
Daar is gelukkig nog mense wat weet dat goeie maniere vir jou deure kan oopmaak. Kinders leer op skool en by hulle ouers van etiket en goeie maniere. Maar in aristokratiese kringe is ekstra inligting noodsaaklik om nie jouself in die verleentheid te stel nie! Protokol kom ter sprake, en gewone goeie maniere is nie genoeg nie!
Wat is die verskil tussen etiket en protokol?
1. ETIKET beteken jou korrekte optrede. Dit wat jy kan beheer en kies, dus jou basiese optrede.
2. PROTOKOL behels jou optrede in amptelike situasies. Nou is dit nie meer iets wat jy self kan kies nie, jy moet hier op ’n sekere manier optree om respek te betoon vir die amp. Hier is vasgestelde reëls ter sprake.
Dis net eenvoudige reëls, soos dat die belangrikste besoeker altyd regs van die gasheer/vrou sit en stap. ’n Uitsonderings is egter dat Prins Philip by amptelike geleenthede altyd links van sy vrou, Koningin Elizabeth van Engeland stap.
KLERE GESKIK VIR ’N KONING
Wat moet jy ingedagte hou as jy kies wat om aan te trek na ’n adellike geleentheid? Dink altyd aan die tipe geleentheid. Jou kleredrag betoon respek vir die geleentheid en ander gaste. Maak toe die gleufie, veral bedags!
TEE VIR TWEE
Aan tafel moet jy die volgende ingedagte hou:
• Gebruik die mes en vurk, tussen happies, sit beide neer in omgekeerde V op jou bord, moenie hewwe op die tafel laat rus nie.
• Neem klein happies om te keer dat jy met ’n mond vol kos gevang word.
• By amptelike etes, gesels eers met die persoon regs van jou, dan links en dan oorkant jou.
• Wanneer ’n bakkie met lou water en ’n snytjie suurlemoen langs jou neergesit word, moet jy wag vir die gasvrou. As sy haar vingers afgespoel het, dan mag jy ook.
• Die gasvrou begin ook altyd, sy plaas eerste haar servet op haar skoot en begin eet. Sy sal wag vir al die gaste om klaar te eet voor sy haar mes en vurk langs mekaar neersit.
GENIET DIE ADELLIKE GESELSKAP SÓ
Hou by die reëls! Kry die korrekte aanspreekvorm van elke persoon, onthou name en wie wat doen of wie bekend is vir wat, of dan ook wie aan watter huis behoort. Moenie veral ook nie die butler met die gasheer verwar nie.
Fokus en wees ’n goeie luisteraar. Sorg vir uitstekende algemene kennis, intelligente geselskap gaan oor nuwe dinge soos ontdekkings, konserte, boeke, flieks.
Moet nooit oor mense praat nie en moet veral nie skinder nie.
“Gewoonlik word prinsesse in die koninklike familie ingebore. Hulle word van kleins af opgelei om presies te weet hoe wie waar en wat om ingedagte te hou tydens amptelike okkasies. Om in ’n koningshuis in te trou is egter ’n ander storie, nou moet jy al die wenke en raad vat wat jy kan kry. Charlene se lewe gaan baie glansryk wees vorentoe, maar dit gaan verseker nie altyd vir haar maklik wees nie!” ~ Emsie Schoeman
- Baie dankie Emsie Schoeman vir jou insette en kursusse. Ek het as jong meisie baie jare gelede, 'n kursus van jou bygewoon oor Etiket in die sakewêreld en as Persoonlike Assistent van 'n Besturende Direkteur pas ek dit nog steeds toe.























