JY KAN WORD WIE JY BEDOEL IS OM TE WEES ...
Sal dit nie wonderlik wees om 'n kits 5-stap-plan te hê om jou te help om die vrou te word wat jy moet wees nie?
2010-06-18
Sal dit nie wonderlik wees om 'n kits 5-stap-plan te hê om jou te help om die vrou te word wat jy moet wees nie?
2010-06-18
“You are constantly changing as you renew yourself in every cell of your body, every minute of every day”
Sal dit nie wonderlik wees om ? kits 5-stap-plan te hê om jou te help om die vrou te word wat jy werklik bedoel is om te wees nie. So ? plan sal egter impliseer dat jy ? tipe ‘doelwit’ bereik het en nou by ? eindpunt in jou lewe gekom het nie. Hiermee loop jy die risiko om te stagneer – ophou groei – en so mis jy dalk jou doel as mens nl. self-aktualisering en vervulling.
Jou lewe hier op aarde kan gesien word as ? reis (“journey”) waarop jy voortdurend word wie jy bedoel is om te wees – ? sukses of ? mislukking – die keuse is joune. As mens het ons nou maar eenmaal ? behoefte aan riglyne. Dit gee voorspelbaarheid, help ons om konstruktief en “mindfully” te bepaal waar ons is en waarheen ons oppad is. In die lig hiervan kan ? 5-stap-plan as goeie riglyn dien om jou te help om bewustelik die vrou te word wie jy bedoel is om te wees, nie net nou nie maar in elke fase van jou lewe of met elke mylpaal wat jy mag nastreef. Die plan kan amper beskou word as die koördinate op die GPS van jou lewenspad.
Dit mag baie sinvol wees vir jou om ? joernaal te hou waarop jy kan terugkyk.
Die 5-stap-plan is soos volg:
1. Aanvaar jou verlede
Sean Covey [“The 6 Most Important Decisions You’ll Ever Make – 2006] noem ses areas van ? jongmens se lewe waarin hulle met oordeel moet optree. Gaan terug na hierdie dele van jou verlede en aanvaar die goeie en die slegte daarvan. Soek oordeelkundig na die goed wat uit dit voortgespruit het en aanvaar die sleg wat daarmee saamgekom het as deel van die leerskool van die lewe. Die volgende wyse metafoor kan hier help: ? Boom wat geplan word moet eers wortelskiet, ? stam groei – met ? paar “scars” van die winde en storms van die seisoene - voor dit kan takke en blare uitstoot wat skadu bied en ? huis aan diertjies en voëls. Die 6 areas is: skool, vriende, ouers, kêrels en seks, verslawing (alkohol, dwelms, tegnologie, musiek, ens.) en selfbeeld. Skryf in jou joernaal of op ? stuk papier.
Sê nou soveel as wat nodig is en met toewyding aan jouself:
“My verlede is nie my toekoms nie”
2. Fokus op die hier-en-nou
Jy is nou gereed om te leer om te fokus op wie jy nou is en dus besig is om te word. Hiervoor het jy nodig om te bepaal wat werk VIR jou en wat werk TEEN jou.
Verbeel jou dat jy jouself vir ingeskryf het vir die volgende kursusse
Merk die wat van toepassing is op ? skaal, 1 = laag 10 = hoog.
• Woede
• Eensaamheid
• Waardering
• Kreatiwiteit
• Hartseer
• Depressie
• Vrede
• Omgee
• Bitterheid
• Ontkenning
• voltooi die lysie
Kyk tot hoe ? mate jy die kursusse van JOU keuse kon inspan na net ? paar dae se “mindful” fokus daarop. Die bogenoemde fokus jou energie en produktiwiteit en rig uiteindelik jou toekoms. Kies doelbewus een kursus op ? keer waarmee jy nie tevrede is nie en vervang dit met ? meer produktiewe kursus. Indien jy besef dat jy hulp hiermee nodig het moet nie ? dag langer mors nie. Doen dit! Dit is jou lewe en wie jy bedoel is om te wees.
3. Kies bewustelik jou wêreld waarin jy sal wil floreer
Die volgende praktiese oefening vir jou joernaal is om bewustelik die wêreld te kies waarin jy sal wil leef. Dink mooi hieroor na, selfs al dink jy die antwoorde is voor-die-hand-liggend. Skryf dit in die joernaal waar jy dit kan sien. Hier is ? paar voorbeelde:
• Wil jy in ? wêreld van liefde leef?
• Wil jy in ? wêreld gevul met vrees lewe?
• Wil jy in ? wêreld vol van mense wat omgee lewe?
• Wil jy in ? gedrewe perfekte wêreld lewe?
Jy kan meer as een wêreld kies. Vra jouself nou af: “Sal ek altyd die tipe mens kan wees?” En: “Wat kan ek doen om my die tipe mens te maak wat ek in my wêreld wil hê?” Hoe verskil dit van die mense wat jy in jou wêreld sal wil hê? Hoe verskil die mens van stap 2 hierbo?
Gereed vir die volgende stap? Skryf 3 belangrike karaktertrekke neer van die mense wat jy in jou wêreld wil inbring. Skryf neer voor jy verder gaan. Breinstorm ? lysie indien nodig en kies die drie daaruit. Dink oor die drie karaktertrekke. Hoe sal ? persoon met die karaktertrekke optree, hoe sal jy oor die persoon voel, wat sal dit vir jou beteken, om so ? persoon in jou lewe te hê? Neem nou in ag dat jy die persoon is wat jy sopas beskryf het en dat die veranderinge in jou eie lewe ook sulke mense na jou toe sal aantrek.
4. Lys jou uitkomste en intensies
Weer ? inskrywing vir jou joernaal. Trek ? kolom deur die helfte van die bladsy en waag dit NOU om daardie doelwitte neer te skryf wat jy dink jou die mens gaan maak wat jy op die stadium van jou lewe bedoel is om te wees.
Hierdie lys doelwitte word jou UITKOMSTE genoem. Lys nou langs die uitkomste die INTENSIES vir die doelwitte. Onthou dat jy nou vanuit die hede hierna kyk en ook pro-aktief jou lewe beplan. Indien iets faal, begin jy more weer oor by stap 1 van die plan en maak vrede met jou omstandighede, leer daaruit, hersien jou emosionele gesondheid, kies jou wêreld waarin jy wil lewe, beplan daadwerklik en beweeg dan na stap 5.
5. Leef jou sterktes
Die laaste stap is waar jy jou unieke stempel afdruk. Hier kom jou God-gegewe talente en gawes deur jou aangebore aanlegte, passies en persoonlikheid as sterktes na vore. Wanneer jy stappe 1-4 deel maak van jou lewe vloei hierdie sterktes as innerlike motivering soos diesel in die petroltenk van die siel en dien as inspirasie vir jouself en jou naaste – hetsy kollega, buurman, vriendin of vreemdeling.
Jy wil nou seker weet hoe jy jou sterktes kan bepaal? In kort bou vaardigheid en kennis sterktes. Dit vorm uiteindelik deel van belangstellings en persoonlikheid. Malcolm Gladwell (“Outliers” 2009) en Winseman et al (“Living your Strengths” -2004) bevestig beide dat jy sekere aanlegte en belangstellings het wat oor ? leeftyd in passies ontwikkel. Sommige mense het baie en ander kan beskryf word as ‘spesialiste’ wat meer gefokus is in hul passies. Die fokus raak dus ? vaardigheid wat uiteindelik ? sterkpunte is. Die sterkpunte kan in verskeie areas van jou lewe toegepas word, werk, sport, stokperdjie ens.
Sterkte met die GPS koördinate vir die roete na die vervulde en daarom bestemde vrou wat jy bedoel is om te wees! Met die roetekaart kan jy nie jou passie, jou innerlike ware self, jou naaste en die dinge wat werklik vir jou saak maak langs JOU pad mis nie.
Onthou dat Pauli ook ons motiverings-kenner is. Gaan vra gerus vir haar enige vrae wat verband hou met motivering, lewensafrigting, ens. Kliek hier
Pauli Geldenhuis – Voorligtingssielkundige
























Inplaas daarvan,veral alle vrouens daar buite,staan elke oggend op met n lus vir die lewe.Maak jouself mooi...nie vir ander mense,maar vir jouself.Mens se dag gaan deur komplemente van ander wat jouself so goed voel oor jouself en respek.Die amazingste happiness loop saam jou soos wat God elke dag saam ons loop.Vat n kans vir jouself want elkeen van ons op die aarde is n stukkie goud van God.Leef voluit en wees wie jy is.Ek smile elke dag van daai besluite en dis wonderlik.
Om jou Godgegewe gawes voluit in Sy diens te gebruik bring 'n innerlike geluk van mens en vrouwees.Die Spreukevrou is vir my 'n rolmodel om my gesin te help versorg en te ondersteun.
Al voel dit soms of die lewensstorms jou wil meesleur hou ek net
my oë op Jesus. Hy is my rots en my Redder.