DELEGEER - DIS BEVRYDEND!
Ek het my eie besigheid met 'n paar werknemers. Daar is daaglikse belangrike dinge wat gedoen moet word, en ek sukkel om te delegeer. Ek doen dinge eerder self, want dan weet ek dit sal reg gedoen word. Dit veroorsaak natuurlik dat ek baie lang ure werk en tyd saam met my gesin prysgee. Ek voel gespanne as ek dink aan die lang lys dinge wat gedoen moet word. Help my asseblief om te delegeer!
2010-01-05Tanya Van Zyl
Ek het my eie besigheid met 'n paar werknemers. Daar is daaglikse belangrike dinge wat gedoen moet word, en ek sukkel om te delegeer. Ek doen dinge eerder self, want dan weet ek dit sal reg gedoen word. Dit veroorsaak natuurlik dat ek baie lang ure werk en tyd saam met my gesin prysgee. Ek voel gespanne as ek dink aan die lang lys dinge wat gedoen moet word. Help my asseblief om te delegeer!
2010-01-05Tanya Van Zyl
Ek het my eie besigheid met ’n paar werknemers. Daar is daaglikse belangrike dinge wat gedoen moet word, en ek sukkel om te delegeer. Ek doen dinge eerder self, want dan weet ek dit sal reg gedoen word. Dit veroorsaak natuurlik dat ek baie lang ure werk en tyd saam met my gesin prysgee. Ek voel gespanne as ek dink aan die lang lys dinge wat gedoen moet word. Help my asseblief om te delegeer!
Om alles self “reg” te wil doen beperk jy jou potensiaal as bestuurder om groter, meer strategies en visioenêr te dink. As een mens kan jy net soveel gedoen kry in die tyd wat jy beskikbaar het. Daardeur plaas jy dus ’n plafon op jou onderneming se groei. Geen groei kan sonder berekende risiko’s plaasvind nie. Richard Branson het talle sakeondernemings onder die Virgin-sambreel. Hy het bekwame mense aangestel wat deel van sy droom vorm; mense waarop hy kan staatmaak en mense wat geleenthede kry om te groei onder sy leiding.
Die idee om iemand anders beheer te gee oor iets wat vir jou baie belangrik is, kan angswekkend wees, want wat ás die persoon droogmaak? Die vraag is eerder: Wil jy soldaatjies hê wat net doen wat jy sê en nooit ’n fout maak nie, of wil jy eerder werknemers kweek wat in jou besigheid glo en deel van jou droom vorm? Om mense deel van jou droom te maak gaan beteken dat jy vertroue moet hê en glo dat daardie persoon oor die potensiaal beskik om met jou leiding deel te word van ’n groter en beter weergawe van die besigheid – selfs al beteken dit dat hy soms gaan droogmaak.
BEGIN SÓ
Begin deur ’n lys te maak van al die take wat gedoen moet word. Met hierdie lys voor jou kan jy nou bepaal:
• Wat is die daaglikse roetine-aktiwiteite wat gedoen moet word, byvoorbeeld liassering, navorsing, voorbereiding vir verslae, oproepe …
• Watter take val buite jou eie vaardighede, byvoorbeeld aflewerings, webontwerp, boekhouding, reisreëlings …
• Watter take kan slegs jy (as eienaar) hanteer, byvoorbeeld betalings, beplanning, kontrole, doelwitte …
Die take wat jy onder die eerste twee hofies geïdentifiseer het, kan jy delegeer. Maar hou die volgende in gedagte: Kommunikasie is die fondament. Moenie wegspring en delegeer sonder om tyd te belê in opleiding nie. Die persoon wat die taak gaan doen, moet weet wat van hom verwag word. Kommunikasie is die belangrikste element van delegering.
Die kuns van delegeer is om die werk vir iemand te gee wat dit kán en wil doen – iemand wat ’n liefde, vaardigheid en passie vir die taak het – en hom vertrou om ’n unieke aanslag daarmee te hê. Mense floreer in ’n omgewing waar hulle belangrik voel. Gee dus genoeg positiewe terugvoer en behou ’n oopdeurbeleid waar enige probleme vrylik bespreek kan word.
’n Groot taboe is om elke nou en dan oor die ander persoon se skouer te loer net om seker te maak die taak word volgens jou reg gedoen. Dit is eerstens baie irriterend en tweedens breek dit die vertrouensverhouding tussen jou en die werknemer. As jou werknemer voel jy gee hom ruimte binne die grense van sy taak om sy potensiaal te bereik, sal hy sy werk kan geniet en vlerke vind om deel te word van jou onderneming se droom.
WEES PRO-AKTIEF
Vir die take wat jy geïdentifiseer het wat slegs jy kan doen, is daar net een wagwoord: Beplan … beplan … beplan … Wees proaktief en skryf in jou dagboek neer wat wanneer gedoen moet word sodat jy genoeg tyd het om die taak te verrig. Dit is seker een van die belangrikste dinge wat ek geleer het: As jy nie jou tyd kan bestuur nie, sal jou tyd jou bestuur.
Ons almal weet dat daar dae is wanneer onverwagse dinge gebeur en jy die dagboek by die venster wil uitgooi. Maar as besige sakevrou sal jy voorbereid voel vir daardie onvoorsiene krisisse as jy 80% van die tyd ’n konsekwente roetine kan volg. Gaan kyk na enige suksesvolle sakepersoon – jy sal langs hom ’n baie suksesvolle span aantref. Glo, vertrou en bou in jou werknemers – dit is hulle wat die boustene van jou besigheid se sukses en groei word.


.jpg)




.jpg)

















