JOU GIDS TOT KOMMERLOSE KERSINKOPIES
Kersfees beteken sonskyn, samesyn en shop! Maar moenie dat die vakansie-rush jou in koue sweet laat uitslaan nie. Ons wys jou hoe om geskenke aan te skaf sonder om ’n voet by die deur uit te sit. En gee wenke oor “slim koop”.
2009-12-22Machelene Joubert
Kersfees beteken sonskyn, samesyn en shop! Maar moenie dat die vakansie-rush jou in koue sweet laat uitslaan nie. Ons wys jou hoe om geskenke aan te skaf sonder om ’n voet by die deur uit te sit. En gee wenke oor “slim koop”.
2009-12-22Machelene Joubert
BIZZY LIZZY GEE RAAD
Lizz Meiring, vermaaklikheidskunstenaar, sê oor ...Kersgeskenke koop: “Hierdie Kersfees koop ek klein en betyds. Bietjie vir bietjie.
inkopies doen: “Ek hou van shopping! Maar dis beslis nie vir sissies nie. Groot sterk mans wat saam met my winkels toe is, het al huilend gesmeek dat ons moet klaarkry. En dit net na twee ure!”
die geheim van inkopies doen: “Jy het stamina nodig. Haal asem, fokus en geniet dit.”
’n onlangse inkopie-ervaring: “Nou die dag het ek vir nege ure ge-shop! Ek moes klere vir ’n TV-reeks koop wat ek gaan aanbied. Ek het dit geniet, alhoewel ek ’n beperkte begroting gehad het en al die moets en moenies in gedagte moes hou van wat ‘werk’ voor die kameras.”
3 GESKENK-IDEES
’n Goedvoel-geskenk
Gee vir jou beste vriendin ’n tydlose geskenk hierdie Kersfees: koop vir haar ’n Finesse of teken haar sommer vir die hele jaar in. Om in te teken of jou intekenaarskap te hernu, skakel 011 473 8700 of stuur ’n epos na inteken@finessemag.co.za.
’n Deel-geskenk
Bederf jou ma of jou skoonma met ’n facial, manikuur of pedikuur by jou gunsteling-skoonheidsalon. Of bespreek sommer ’n hele dag vir die girls by ’n spa!
’n Doen-dit-self-geskenk
Jy het die winkels deurkruis, maar kry nie iets vir dáárdie vriendin nie. Wat van ’n geskenkbewys? Die meeste winkels en selfs sommige kwekerye het geskenkbewyse. Dis maklik en gerieflik vir jou, én gee jou vriendin ’n kans om iets te koop wat sy lankal begeer.
BEGROOT. BEDINK. BESPAAR.
Ina Kotze, sentrumbestuurder van ’n groot winkelsentrum in Pretoria, sê: “Die grootste slaggat is om sonder deeglike beplanning en ’n realistiese beskouing van jou besteebare inkomste in te storm en deel van die dolle gekoop te word.
“Uiteraard wil ons Kersfees ’n verskil maak. Ons wil graag vir elke lid van die gesin, elke kollega, elke vriendin, die naam op die welwillendheidsboom, die weeskind en die bedelaar op die hoek ‘iets’ in die gees van Kersfees gee.
“Probeer dus die volgende met jou Kersinkopies: Maak ’n lys van jou maandelikse uitgawes. Maak dan ’n tweede lys met name op van die mense vir wie jy graag iets wil koop. Koop prakties en wees kreatief. En moenie op jou rekening geskenke koop nie.”
DINK OP JOU VOETE
Voel dit asof jou voete wil afbreek na ’n lang dag op hoë hakke? Sorg dan dat hulle ’n blaaskans kry met Cherry FUPSTM. (As jy wonder oor dié eienaardige afkorting: Dit staan vir Fold-UpsTM.)
Vergeet van blase! Verruil eenvoudig jou hakke vir flatties. Dié ballettipe skoene kom in twee kleure (sjampanje en swart) en is in drie groottes (klein, medium en groot) beskikbaar.
As jy jou Cherry FUPSTM uittrek, kan jy hulle in die “helfte vou” en in ’n spesiale sakkie gebêre wat klein genoeg is om in jou handsak te pas. Wil jy ook graag beter op jou voete dink? Bel Karen Kruger by 074 102 3595 vir meer inligting, of besoek www.thecherrybrand.com om ’n bestelling te plaas.























