www.JOU-PASPOORT-NA-GERIEF.com
Slim vroue gebruik die kuberruim om hierdie sleurtakies blitsig af te handel.
2009-10-14Machelene Joubert
Slim vroue gebruik die kuberruim om hierdie sleurtakies blitsig af te handel.
2009-10-14Machelene Joubert
Danksy die Internet hoef jy nie meer gedurende jou etensuur in lang rye te wag, of na werk te jaag om die winkels nog oop te vang nie.
Banksake sonder sukkel
Webtuiste: www.banking.org.za
Alhoewel Internetbankdienste nie ’n nuwe tendens is nie, is almal nog nie heeltemal bekend met die konsep nie. Het jy geweet die Internet maak dit vir jou moontlik om al jou banksake aanlyn te doen? Jy kan betalings maak of geld van een rekening na ’n ander oorplaas sonder om fisies bank toe te gaan.
Om jou banksake só te doen, spaar baie petrol, tyd en frustrasie. Die meeste banke vra ’n fooi om besigheid oor die Net te doen, maar die gerief van die diens maak die koste oor en oor die moeite werd. Besoek of bel jou bank vir meer inligting of gaan na www.banking.org.za. Kliek op “Useful links” en dan op “Banks” vir nasionale en internasionale banke se webadresse.
? Aanlyn kok!
Webtuiste: www.picknpay.co.za
“Wat éét ons vanaand?” Spook dié vraag ook soms by jou? Vergeet van ou resepteboeke weer opdiep, want gerief is nou regtig net ’n “Enter” ver. Maak ’n draai op Pick ’n Pay se webtuiste by www.picknpay.co.za en kliek op “Kitchen”. Skerp jou kookvernuf op deur die menigte resepte te beproef, of kry vars idees om honger magies te vul. Daar is ook baie praktiese wenke, soos byvoorbeeld om ’n heerlike slaaisous aanmekaar te slaan. En dan is daar ’n aanlyn kok wat jou kan raadgee as jy (figuurlik) vasbrand!
Nog ’n bonus is dat jy sommer al die bestanddele wat jy nodig het op dié webruimte kan bekom. Kliek eenvoudig op die “Shopping”-skakel en plaas jou bestelling (net in sekere areas/stede).
Vra die seekoei
Webtuiste: www.hippo.co.za
Dié webtuiste het oorspronklik in versekeringskwotasies gespesialiseer, maar www.hippo.co.za het sedertdien geweldig uitgebrei en bied vandag ’n groot verskeidenheid van dienste aan waarvan versekeringskwotasies maar net een is. Jy kan selfs jou reis- en verblyfreëlings hier tref.
Die webruimte het nou vyf afdelings: Versekering (“Insurance”), Reis (“Travel”), Voertuie (“Motoring”), Medies (“Medical”) en Geld (“Money”). Onder Versekering kan jy kwotasies vir onder meer motor-, lewens- en besigheidsversekering kry en uitneem. Die Reisafdeling stel jou in staat om vlugte te bespreek, ’n motor te huur of verblyf te reël. Onder die Geldafdeling kan jy aanlyn inkopies doen of vir ’n persoonlike- of huislening aansoek doen. www.hippo.co.za bied waarlik ’n wêreld op een webtuiste. As jy weer só ’n soort vraag het, vra die seekoei!
? Terapeut op jou vingerpunte
Webtuiste: www.voelgoed.co.za
Is daar iets wat jou pla? Is jy te skaam om die kwessie met ’n vriendin te bespreek? Of voel jy dit sal darem net te drasties wees om na ’n sielkundige toe te gaan? Dan is www.voelgoed.co.za net die “iemand” na wie soek!
Op dié webtuiste is daar meer as 50 hoogs gekwalifiseerde kenners om jou met raad en daad by te staan oor byna enige onderwerp onder die son. Laat Elma Barlett jou help om beter met manlief te kommunikeer. Dr Pieter van Jaarsveld sal vir jou wenke gee oor hoe om ’n lewe sonder stres te geniet. Ander kenners gee raad oor dinge soos verhoudings by die werk, gesondheid, skoonheid, finansies, jou geestelike lewe en selfs jou huis.


.jpg)




.jpg)

















