SEMI-SOET IS DIE SOETSTE SOET
Semi-Soet is dié voelgoed fliek van die jaar en dis die soetste wêreldklas soet!
2012-02-06
Semi-Soet is dié voelgoed fliek van die jaar en dis die soetste wêreldklas soet!
2012-02-06
Dink aan jou gunsteling voelgoed romantiese komedie. Voeg jou gunsteling Afrikaanse akteurs, die beste toneelspel en die mooiste Johannesburg en Franschhoek tonele by en jy kom nog nie naastenby by die gevoel wat Semi-Soet jou gee nie.
Ons was Donderdag (2 Februarie) by die bekendstelling van dié Afrikaanse komedie by NuMetro, MonteCasino. En dit was 'n fees! Al die “wie’s wie” in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf was daar.




Wees elemente van ʼn tipiese romantiese komedie te wagte: mooi meisie, mooi man, ʼn paar misverstande, ʼn paar leuens en die onwaarskynlike paartjie wat verlief raak. Maar, hierdie storie onthul ʼn paar interessante kinkels wat sorg vir heerlik lag en amper ook ʼn paar trane. Dis mooi, skoon en eerlik.
Anel en James Alexander het hulleself oortref met die vervaardiging. En boonop is Anel uitstekend in die hoofrol as die pragtige Jaci. Maar, die toppunt is Nico Panagio as die arrogante, tog dierbare JP. Kyk ook uit vir ander gunstelinge soos die skreeusnaakse Louw Venter, Diaan Lawrenson, Paul du Toit, Corine du Toit en Sandra Vaugh. Sandra was ook verantwoordelik vir die uitstekende draaiboek. Regisseur: Joshua Rous.
In teaters: 17 Februarie 2012. Dis die perfekte Valentynsdaguitstappie, so as jy nie kan wag tot die 17de vir hierdie romantiese treffer nie, moet jy gou speel om een van die spesiale Valentynsdagvertonings (op 14 Februarie) by uitgesoekte Ster-Kinekor, NuMetro en onafhanklike teaters te bespreek.
Toe, as jy nog nie na die lusmakertjie gaan kyk het nie, is dit nou die regte tyd: Kliek hier. Gaan loer ook by: www.semi-soetmovie.co.za vir brokkies, videoklips en fotos.



argief
BAIE GELUK, VICTOR MATFIELD!
Kan julle glo dat Victor Matfield, die mees suksesvolle rugbyspeler in ons rugby-geskiedenis, nou finaal van die veld af is?ONS GESELS MET ... MATHYS ROETS
Mathys Roets is n diep ou met wie die lewe al wye draaie en steil opdraandes geloop het, maar hy vind vreugde in die klein dingetj...SANGERS WORD IN STYL VEREER!
Daar was groot opgewondenheid en opwinding tydens die 18de SAMA-toekenningsgeleentheid by Sun City! Baie van die gunstelinge het m...DIE BESTE KOM NOG ...
Pierre Spies het nog altyd geïnspireer. Ons het meer gaan uitvind oor sy geloofsreis om, ondanks terugslae, steeds so n goeie...HOEKA TOEKA
The Residence is weggesteek in die hartjie van Houghton en was al n tuiste vir vele bekendes - insluitend vormalige President, Nel...GAAN KYK A MILLION COLOURS NOU!
Die fliek A million colours het groot opslae gemaak by filmfeeste in die buiteland en is van vandag af in teaters regoor die land ...AS EK EEN DING KON VERANDER ...
Ná n loopbaan van 23 jaar sonder een enkele blaaskans, het Patricia en Mark hulle vakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali-l...NÁDINE BETOWER CHINA
Nádine se goudverkope status album word In China uitgereikSUSAN COETZER BOEKBEKENDSTELLING:
Tjoklits vir die siel10 JAAR VIR GOD TV IN AFRIKA
GOD TV het in 2001 hulle kantore in Kaapstad geopen, waarna die GOD-kanaal begin het om regoor Afrika, via satelliet, uit te saai. Meer as...


.jpg)




.jpg)

















