ELIZMA PRAAT OOR JAKHALSDANS
Sy sprankel op die verhoog. En in 'n splinternuwe fliek, Jakhalsdans, is sy die romantiese heldin langs Theuns Jordaan ... Elizma Theron lewe in die wolke – met haar voete stewig op die grond. Want die lewe se lief en leed hou dit so.
2010-04-30Martie Swanepoel
Sy sprankel op die verhoog. En in 'n splinternuwe fliek, Jakhalsdans, is sy die romantiese heldin langs Theuns Jordaan ... Elizma Theron lewe in die wolke – met haar voete stewig op die grond. Want die lewe se lief en leed hou dit so.
2010-04-30Martie Swanepoel
Elizma wou altyd graag sing, en op 23 het sy haar droom om ’n sangsensasie te word bewaarheid. Daarna het sy as sepiester in Villa Rosa net nog meer aanhangers gekry. En nou is sy boonop ’n filmster!
“Ek het soveel meer gekry as waarvoor ek gebid het,” vertel sy. “Maar ek het eintlik niks met my sukses te doen nie. Dis nie ek wat so oulik is nie. Daar is duisende meisies wat beter as ek sing en toneel speel, maar Hy het vir my die geleentheid gegee. Ek onthou dit altyd.”
Elizma deel ’n paar hoogte- en laagtepunte in haar lewe met ons, waarna jy nog meer van haar gaan hou! Want Elizma is ’n regte mens. Nes jy!
Klink of jy ’n fantastiese kinderlewe gehad het?
Ek wens ek kon sê ja, dit was net lekker. Maar daar het slegte goed ook gebeur. My eerste skooljaar in Ottosdal was fantasties. Die juffrou het ons geprys en aangemoedig. Sy was baie goed vir my. In my tweede skooljaar is ons Vryburg toe. En die juffrou daar het my letterlik aangerand. Fisies. Sy het my van my stoel af teen die muur gegooi ... en ook geskop. Hoekom, weet ek nie. Maar so iets knak ’n kind.
Daarna het ek in my dop gekruip en nooit ’n woord gesê nie. Die onderwysers het altyd gesê hulle merk my boeke, maar hulle weet nie ek is daar nie. Eers in Graad 6 het ek weer uit die skadu getree. Ek het uit my eie gesê dat ek aan ’n sangkompetisie wou deelneem. En met A Whole New World het ek toe sommer gewen ook!
Toe word jy die Elizma wat ons ken?
Nog nie heeltemal nie! Ek kon steeds net op die verhoog “praat”. Eers toe ek in Graad 8 oorsee is vir modelwerk het ek besef as ek nie nou my mond oopmaak nie, gaan ek swaarkry! So, op 14, in die vreemde, het ek skielik gesê: “Nee, jammer, ek trek nie so kaal aan nie.”
Glo jy dat God na jou kyk?
Natuurlik! Nie net oor die suksesse in my lewe nie. Ek glo hy het ons ook bewaar tydens die kaping in 2008, want drie weke later is ’n vrou 200 meter verder doodgeskiet. Dit was dalk dieselfde mense wat gesorg het dat ons presies daar ’n pap band kry en noodgedwonge moes uitklim om die wiel om te ruil. Een oomblik is die geweer op my gerig – al waaraan ek kon dink, is dat ek my ouers so graag weer sou wou sien – en die volgende oomblik was die boewe weg. Dit was so deurmekaar. En tog ook so presies. God het ons daardie dag gered.
Deesdae is pienk pienker en groen groener ... Veral die klein goedjies raak belangriker. Om meer gereeld met jou ma te praat, om iemand se verjaarsdag te onthou. Ek het nie skielik ’n bucket list nie. Die groot drome was nog altyd daar. En ek het nog altyd geweet waarvan ek hou en waarvoor ek my tyd wil gebruik.
Soos jag?
Soos jag ook, ja. En visvang! Ek het onlangs vir my ’n geweer laat maak waarvoor ek self die hout gekies het! Dit gaan ongelooflik wees, ek kan nie wag nie! Danksy my pa en boetie geniet ek die tipe goed.
Dink jy sulke gebeure het jou emosioneel volwasse genoeg gemaak om die karakter, Mara, in Deon Opperman se fliek, Jakhalsdans, te speel?
Dalk. Maar as akteur moet jy emosie kan skep ... dit is jou werk. As daar nie chemistry tussen die akteurs is nie, sal die fliek misluk, want kykers voel dan die valsheid aan.
Moes jy in Jakhalsdans die chemistry skep of was dit daar?
Mmm ... gaan kyk dit, en besluit self.
Wat beteken ware liefde vir jou?
Ware liefde is diep. Dis sagte oë en die manier hoe ’n man sy ma behandel. Liefde is lag. En ’n handvol ambisie. Sonder dryfkrag kan daar nie liefde wees nie.
Het jy al ware liefde gevind?
Miskien.
Wat Elizma Theron wel al gevind het, is die kern van haar siel. Elke hoogte- en laagtepunt wat sy beleef het, het van haar ’n ryk mens gemaak. En alles wat in die toekoms wag, gaan hierdie kleurryke prentjie selfs verder afrond.
- Jakhalsdans is Deon Meyer se fliek
argief
EUROPA SAL JOU BETOWER!
Kom saam!PORNOGRAFIE KANALE IN DIE VUURPOT
Daar is Maandag 'n hofinterdik aan ICASA toegestaan om TopTV tydelik te keer om drie pornografiekanale uit te saai.NOU IS DIT JOU BEURT OM DIE WÊRELD TE VERANDER!
Dink aan tien mense wat die wêreld verander het ... voordat jy name soos Moeder Theresa en Mahatma Gandhi begin aftel, dink eers...STEEK AAN DAAI KERS
Volgens die Beeld van 9 Januarie het Eskom 'n ernstige probleem om genoeg elektrisiteit te verskaf en het teen landwye kragonder...NATASHA OOR STEVE SE VERLOWING
Iewers blink die vrou wat langer as 'n dekade al vir hom gewag het, se oë saam met die steentjies aan haar vinger. En elders sit ...MEJ. SUID-AFRIKA 2011
Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, deel die geheim van 'n goeie selfbeeld.KLERE, VERE EN DIE VERLEDE
Ons word deesdae gebombardeer met die nuutste trends en volg dit maklik na sonder om vir onsself te dink. Maar hiérdie Kaapse noo...VROUE AGTER CHARL SCHWARTZEL
Ons het bietjie meer gaan uitvind oor hierdie gholfspeler by die vroue wat hom die beste ken.ANNA-MART SE STORIE ...
Wanneer die lewe draaie met jou wil loop, moet jy hom aan die hand vat.SWAAI WEER DAARDIE HEUPE!
Maandag het ons medici weer geskiedenis gemaak toe die eerste nuwe soort heupvervanging in Pretoria gedoen is.























