133 FOUR JACKS AND A JILL CELEB nuus Articles www.voelgoed.co.za

FOUR JACKS AND A JILL

Onthou nog al die ou groot treffers soos Timothy, Master Jack, Ramaja, My hart het 'n kleine venster en Haai Casanova?

2010-04-20Martjie Roos

Ek is seker baie jong mense gaan nou hul wenkbroue oplig en vra: huh, watse musiek is dit?

Wel…net om jul geheue (of dalk jul ouers se geheue)  te verfris…in 1965 is daar ‘n popgroep Four Jacks and a Jill in Suid-Afrika gestig wat bekendheid verwerf het met bogenoemde treffers – hul eerste liedjie, Jimmy Come Lately het sommer oornag ‘n treffer geword.

Groot was my verbasing toe Lydia Winchester, bekende promotor van plaaslike musiek, my bel en se^ die groep tree die pas afgelope Maandagaand by die Victory-teater in Johannesburg op.

Nou ja, toe sleep ek my musiek-maatjie Mattie Hough saam en ons gaan toe omtrent op ‘n jolige, nostalgiese reis…..

Kan die groep nog rock (die manne het sommer tussen-deur ‘n lekker rock-nomemrtjie gedoen wat almal se voete laat jeuk het). Glenys het alles behalwe haar fleur of haar stem verloor – haar stem is nog net so klokhelder soos in die laat sestigs toe sy en die oorspronklike orkeslede internasionale roem bereik het. (Net Glenys en haar man, Clive Harding wat die baskitaar speel, is nog oor van die oorspronklike lede.)

Die Four Jacks and a Jill het nou al hul ou treffers afgestof en ‘n splinternuwe album op publieke aanvrag uitgereik : Four Jacks and Jill featuring Glenys Lynne. Die bonus op die album is Glenys se hoendervel-weergawe van Amazing Grace….

Wys jou nou net…….nostalgie see”vier en baie musiekliefhebbers hou van musiek waarop jy lekker kan saamsing!

Kommentaar

gesels saam


argief