133 YVONNE 'SLUIERLOOS' IN DIE VALLEI VAN SLUIERS CELEB nuus Articles www.voelgoed.co.za

YVONNE 'SLUIERLOOS' IN DIE VALLEI VAN SLUIERS

YVONNE 'SLUIERLOOS' IN DIE VALLEI VAN SLUIERS

kykNET se nuwe dramareeks Vallei van Sluiers wat volgende Dinsdag 20 April begin, gooi 'n blik op dit wat agter die vrugtegordyn van die pragtige Ceres Vallei in die Boland broei.

2010-04-14Ingrid Botha

Vallei van Sluiers vertel die storie van drie bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns wat in onmin, twiste en skandale by mekaar ingetrek word.

Maar vir Yvonne van den Berg wat die rol van Chloe Breedt speel, was daar ongelukkig geen sluiertjie in sig by die maak van Vallei van Sluiers nie. Haar karakter is ’n wulpse vrou wat met ’n skatryk boer, Luke, getroud is. Wanneer Luke weg is op een van sy (menige) sakereise, speel Chloe bietjie aan die “anderkant van die draad.”

Yvonne sê toe sy begin met die verfilming van hierdie nuwe 13-episode reeks het meeste van haar tekste met die volgende aanwysings begin: Chloe in bikini by swembad. Chloe in bikini in die sitkamer. Chloe in bikini op die stoep. Dan het Yvonne maar die klein bikini wat die kostuumafdeling vir haar in haar aantrekkamer reggesit het, aangetrek, haar volgende toneel gaan doen, en dan haar na haar kamer gehaas om gou ’n paar stomach-crunches te doen. “Ek was meeste van die tyd net in ’n swembroek of kaal,” vertel Yvonne.

“Ons het net na die Kersvakansie begin skiet en ek het toe nog nie kans gehad om die vakansievetjies af te skud nie, lag die mooi blondekop aktrise.  “Ek het maar net heeltyd gehoop hulle neem my in ‘sagte’ lig af.” Maar of sy met of sonder sluier speel, Yvonne het niks om voor skaam te wees nie. Vir ’n vrou al diep in haar 30’s met twee tienerdogters hoef Yvonne vir geen model terug te staan nie.

Yvonne sê dis nie omdat sy self daarin speel nie, maar Vallei van Sluiers is “rêrig goed”, en ons moet almal kyk wanneer dit begin speel!

argief

  • BAIE GELUK, VICTOR MATFIELD!

    Kan julle glo dat Victor Matfield, die mees suksesvolle rugbyspeler in ons rugby-geskiedenis, nou finaal van die veld af is?
  • ONS GESELS MET ... MATHYS ROETS

    Mathys Roets is n diep ou met wie die lewe al wye draaie en steil opdraandes geloop het, maar hy vind vreugde in die klein dingetj...
  • SANGERS WORD IN STYL VEREER!

    Daar was groot opgewondenheid en opwinding tydens die 18de SAMA-toekenningsgeleentheid by Sun City! Baie van die gunstelinge het m...
  • DIE BESTE KOM NOG ...

    Pierre Spies het nog altyd geïnspireer. Ons het meer gaan uitvind oor sy geloofsreis om, ondanks terugslae, steeds so n goeie...
  • HOEKA TOEKA

    The Residence is weggesteek in die hartjie van Houghton en was al n tuiste vir vele bekendes - insluitend vormalige President, Nel...
  • GAAN KYK A MILLION COLOURS NOU!

    Die fliek A million colours het groot opslae gemaak by filmfeeste in die buiteland en is van vandag af in teaters regoor die land ...
  • AS EK EEN DING KON VERANDER ...

    Ná n loopbaan van 23 jaar sonder een enkele blaaskans, het Patricia en Mark hulle vakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali-l...
  • NÁDINE BETOWER CHINA

    Nádine se goudverkope status album word In China uitgereik
  • SUSAN COETZER BOEKBEKENDSTELLING:

    Tjoklits vir die siel
  • 10 JAAR VIR GOD TV IN AFRIKA

    GOD TV het in 2001 hulle kantore in Kaapstad geopen, waarna die GOD-kanaal begin het om regoor Afrika, via satelliet, uit te saai. Meer as...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]