YVONNE 'SLUIERLOOS' IN DIE VALLEI VAN SLUIERS
kykNET se nuwe dramareeks Vallei van Sluiers wat volgende Dinsdag 20 April begin, gooi 'n blik op dit wat agter die vrugtegordyn van die pragtige Ceres Vallei in die Boland broei.
2010-04-14Ingrid Botha
kykNET se nuwe dramareeks Vallei van Sluiers wat volgende Dinsdag 20 April begin, gooi 'n blik op dit wat agter die vrugtegordyn van die pragtige Ceres Vallei in die Boland broei.
2010-04-14Ingrid Botha
Vallei van Sluiers vertel die storie van drie bekende Bolandse vrugteboerfamilies: die De Bruyns, die Robertses en die Van Rhijns wat in onmin, twiste en skandale by mekaar ingetrek word.
Maar vir Yvonne van den Berg wat die rol van Chloe Breedt speel, was daar ongelukkig geen sluiertjie in sig by die maak van Vallei van Sluiers nie. Haar karakter is ’n wulpse vrou wat met ’n skatryk boer, Luke, getroud is. Wanneer Luke weg is op een van sy (menige) sakereise, speel Chloe bietjie aan die “anderkant van die draad.”
Yvonne sê toe sy begin met die verfilming van hierdie nuwe 13-episode reeks het meeste van haar tekste met die volgende aanwysings begin: Chloe in bikini by swembad. Chloe in bikini in die sitkamer. Chloe in bikini op die stoep. Dan het Yvonne maar die klein bikini wat die kostuumafdeling vir haar in haar aantrekkamer reggesit het, aangetrek, haar volgende toneel gaan doen, en dan haar na haar kamer gehaas om gou ’n paar stomach-crunches te doen. “Ek was meeste van die tyd net in ’n swembroek of kaal,” vertel Yvonne.
“Ons het net na die Kersvakansie begin skiet en ek het toe nog nie kans gehad om die vakansievetjies af te skud nie, lag die mooi blondekop aktrise. “Ek het maar net heeltyd gehoop hulle neem my in ‘sagte’ lig af.” Maar of sy met of sonder sluier speel, Yvonne het niks om voor skaam te wees nie. Vir ’n vrou al diep in haar 30’s met twee tienerdogters hoef Yvonne vir geen model terug te staan nie.
Yvonne sê dis nie omdat sy self daarin speel nie, maar Vallei van Sluiers is “rêrig goed”, en ons moet almal kyk wanneer dit begin speel!
- Steve is Koning! Hy staan vir die Boere-gemeenskap. Bravo Steve!
- Ek is dol oor Steve!! BRAVO dat hy en sy talent nog in ons land is want almal hardloop oorsee of hulle nou geroepe is of nie!!! Sad, sad....maar dankie GROOT DANKIE STEVE VIR JOU ;)
- Ek is dol oor Steve!! BRAVO dat hy en sy talent nog in ons land is want almal hardloop oorsee of hulle nou geroepe is of nie!!! Sad, sad....maar dankie GROOT DANKIE STEVE VIR JOU ;)
argief
EUROPA SAL JOU BETOWER!
Kom saam!PORNOGRAFIE KANALE IN DIE VUURPOT
Daar is Maandag 'n hofinterdik aan ICASA toegestaan om TopTV tydelik te keer om drie pornografiekanale uit te saai.NOU IS DIT JOU BEURT OM DIE WÊRELD TE VERANDER!
Dink aan tien mense wat die wêreld verander het ... voordat jy name soos Moeder Theresa en Mahatma Gandhi begin aftel, dink eers...STEEK AAN DAAI KERS
Volgens die Beeld van 9 Januarie het Eskom 'n ernstige probleem om genoeg elektrisiteit te verskaf en het teen landwye kragonder...NATASHA OOR STEVE SE VERLOWING
Iewers blink die vrou wat langer as 'n dekade al vir hom gewag het, se oë saam met die steentjies aan haar vinger. En elders sit ...MEJ. SUID-AFRIKA 2011
Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, deel die geheim van 'n goeie selfbeeld.KLERE, VERE EN DIE VERLEDE
Ons word deesdae gebombardeer met die nuutste trends en volg dit maklik na sonder om vir onsself te dink. Maar hiérdie Kaapse noo...VROUE AGTER CHARL SCHWARTZEL
Ons het bietjie meer gaan uitvind oor hierdie gholfspeler by die vroue wat hom die beste ken.ANNA-MART SE STORIE ...
Wanneer die lewe draaie met jou wil loop, moet jy hom aan die hand vat.SWAAI WEER DAARDIE HEUPE!
Maandag het ons medici weer geskiedenis gemaak toe die eerste nuwe soort heupvervanging in Pretoria gedoen is.























