133 ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA! CELEB nuus Articles www.voelgoed.co.za

ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA!

ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA!

Ian Halperin, skrywer van die topverkoper: Brangelina: The Untold Story of Brad Pitt and Angeline Jolie sê dat Angelina al 'n paar keer vir arme Brad verneuk het, onder andere ook met die sangeres Lady GaGa!

2010-04-07Ingrid Botha

Haai, die Angie darem. Sy is só ’n mededeelsame mens. Sy gee miljoene dollars elke jaar weg vir liefdadigheid; sy neem wesies aan en bring hulle na haar huistoe, en asof dit nie genoeg is nie, gee sy ook glad nie om met wie sy haar bed deel nie. 

Ian Halperin, skrywer van die topverkoper: Brangelina: The Untold Story of Brad Pitt and Angeline Jolie sê dat Angelina al ’n paar keer vir arme Brad verneuk het, onder andere ook met die sangeres Lady GaGa!

Jolie, wat openlik biseksueel is, en GaGa wat glo volgens skinderstories ’n hermafrodiet is, het volgens Halperin al ’n deurnagsessie in die Beverly Wilshire Hotel gehad.
Angie is behep met Lady Gaga,” het ’n bron glo gesê.

Dit is nie die eerste keer dat Angelina daarvan beskuldig word dat sy Brad verneuk nie. In die Amerikaanse tydskrif In Touch Weekly sê die huishoudster Anna Kowalski (by die Waldorf-Astoria hotel in New York) dat sy oortuig is daarvan dat Angelina ’n affair met een van die dialoog-gidse op stel gehad het tydens die skiet van die fliek, Salt.

Kowalski vertel dat toe sy op ’n keer in Angie se hotelkamer kom, lyk dit asof ’n orkaan die kamer getref het. Sy sê die vloere was waternat en daar het orals leë Vodka bottels rondgelê.
“Elke handdoek in die kamer was gebruik,” vertel Kowalski.  Daar het ook glo 5 dosyn orgideë in die badkamer en op die slaapkamervloer gestrooi gelê, en uitgebrande kerse.

Toe Kowalski die bed opmaak, was daar swart, rubber lakens op Angie se bed en boonop ’n hele verskeidendheid “volwasse” speelgoed op die bed en tussen die lakens.

Sjoe, kyk nou-net vir so ’n wilde Angie! Wys jou net, bo blink en onder stink!


Bron: Showbizspy.com

argief

  • BAIE GELUK, VICTOR MATFIELD!

    Kan julle glo dat Victor Matfield, die mees suksesvolle rugbyspeler in ons rugby-geskiedenis, nou finaal van die veld af is?
  • ONS GESELS MET ... MATHYS ROETS

    Mathys Roets is n diep ou met wie die lewe al wye draaie en steil opdraandes geloop het, maar hy vind vreugde in die klein dingetj...
  • SANGERS WORD IN STYL VEREER!

    Daar was groot opgewondenheid en opwinding tydens die 18de SAMA-toekenningsgeleentheid by Sun City! Baie van die gunstelinge het m...
  • DIE BESTE KOM NOG ...

    Pierre Spies het nog altyd geïnspireer. Ons het meer gaan uitvind oor sy geloofsreis om, ondanks terugslae, steeds so n goeie...
  • HOEKA TOEKA

    The Residence is weggesteek in die hartjie van Houghton en was al n tuiste vir vele bekendes - insluitend vormalige President, Nel...
  • GAAN KYK A MILLION COLOURS NOU!

    Die fliek A million colours het groot opslae gemaak by filmfeeste in die buiteland en is van vandag af in teaters regoor die land ...
  • AS EK EEN DING KON VERANDER ...

    Ná n loopbaan van 23 jaar sonder een enkele blaaskans, het Patricia en Mark hulle vakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali-l...
  • NÁDINE BETOWER CHINA

    Nádine se goudverkope status album word In China uitgereik
  • SUSAN COETZER BOEKBEKENDSTELLING:

    Tjoklits vir die siel
  • 10 JAAR VIR GOD TV IN AFRIKA

    GOD TV het in 2001 hulle kantore in Kaapstad geopen, waarna die GOD-kanaal begin het om regoor Afrika, via satelliet, uit te saai. Meer as...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]