133 ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA! CELEB nuus Articles www.voelgoed.co.za

ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA!

ANGELINA GAAN GAGA OOR LADY GAGA!

Ian Halperin, skrywer van die topverkoper: Brangelina: The Untold Story of Brad Pitt and Angeline Jolie sê dat Angelina al 'n paar keer vir arme Brad verneuk het, onder andere ook met die sangeres Lady GaGa!

2010-04-07Ingrid Botha

Haai, die Angie darem. Sy is só ’n mededeelsame mens. Sy gee miljoene dollars elke jaar weg vir liefdadigheid; sy neem wesies aan en bring hulle na haar huistoe, en asof dit nie genoeg is nie, gee sy ook glad nie om met wie sy haar bed deel nie. 

Ian Halperin, skrywer van die topverkoper: Brangelina: The Untold Story of Brad Pitt and Angeline Jolie sê dat Angelina al ’n paar keer vir arme Brad verneuk het, onder andere ook met die sangeres Lady GaGa!

Jolie, wat openlik biseksueel is, en GaGa wat glo volgens skinderstories ’n hermafrodiet is, het volgens Halperin al ’n deurnagsessie in die Beverly Wilshire Hotel gehad.
Angie is behep met Lady Gaga,” het ’n bron glo gesê.

Dit is nie die eerste keer dat Angelina daarvan beskuldig word dat sy Brad verneuk nie. In die Amerikaanse tydskrif In Touch Weekly sê die huishoudster Anna Kowalski (by die Waldorf-Astoria hotel in New York) dat sy oortuig is daarvan dat Angelina ’n affair met een van die dialoog-gidse op stel gehad het tydens die skiet van die fliek, Salt.

Kowalski vertel dat toe sy op ’n keer in Angie se hotelkamer kom, lyk dit asof ’n orkaan die kamer getref het. Sy sê die vloere was waternat en daar het orals leë Vodka bottels rondgelê.
“Elke handdoek in die kamer was gebruik,” vertel Kowalski.  Daar het ook glo 5 dosyn orgideë in die badkamer en op die slaapkamervloer gestrooi gelê, en uitgebrande kerse.

Toe Kowalski die bed opmaak, was daar swart, rubber lakens op Angie se bed en boonop ’n hele verskeidendheid “volwasse” speelgoed op die bed en tussen die lakens.

Sjoe, kyk nou-net vir so ’n wilde Angie! Wys jou net, bo blink en onder stink!


Bron: Showbizspy.com

Kommentaar
  • Ek kan bykans nie glo dat 'n tydskrif soos FINESSE so laag kan daal om sulke artikels te publiseer.... waarheen is julle op pad?
  • Ek dink regtig nie sulke skinderstories pas by 'n tydskrif soos Finesse nie, wat is die goed wat hieruit kan kom en hoekom dink Finesse sulke privaatsake is iets wat gepubliseer moet word - sies vir julle, dit pas by Huisgenoot nie by julle nie!

gesels saam


argief