REGTIG REESE
Reese Witherspoon lyk miskien soos 'n stereotipese Hollywood ster, maar onder daardie rooi tapyt voorkoms is 'n vrou wat vasbeslote is om die wêreld 'n beter plek te maak vir haar dogter en vrouens regoor die wêreld.
2009-09-07
Reese Witherspoon lyk miskien soos 'n stereotipese Hollywood ster, maar onder daardie rooi tapyt voorkoms is 'n vrou wat vasbeslote is om die wêreld 'n beter plek te maak vir haar dogter en vrouens regoor die wêreld.
2009-09-07
Behalwe vir haar betrokkenheid by organisasies soos Unifem, die Verenigde Nasies se ontwikkelingsfonds vir vroue, neem Reese haar professionele besluite met ’n gevoel van verantwoordelikheid teenoor alle vroue.
Familie verantwoordelikheid
As ouer probeer Reese haar kinders reg leer. Sy voel dit is haar verantwoordelikheid om Ava (9) en Deacon (5) kerk en Sondagskool toe te neem. "Ek glo regtig dit is belangrik vir ’n kind om te voel daar is dinge wat groter is as die lewe daar buite."
Haar verantwoordelikheid teenoor haar dogter help Reese besluit watter rolle sy sal aanvaar. "Ek het nog altyd rolle gekies met die wete dat ek ’n dogter het, en daarom het ek ’n verantwoordelikheid teenoor haar en teenoor die wêreld om sterk vroue te verteenwoordig," verduidelik die 33-jarige ma van twee. "Ek dink dit is ’n natuurlike verlenging van ouerskap om te voel jy is verantwoordelik vir die wêrelde wat jy skep, of dit nou laf of ernstig is."
Professionele verantwoordelikheid
In ’n industrie waar voorkoms skynbaar alles is, is Reese ’n vars briesie. "Dis belangrik om respek te hê vir jouself. Moenie jou intellek weggooi omdat dit nou gewild is om fisiek en beeldskoon te wees nie. Eerlikwaar, dinge beweeg so op die oomblik in daai rigting en ek verstaan dit nie regtig nie. Ek probeer om nie oor alles op my perdjie te spring nie maar dis moeilik vir my," vertel sy vir Reader's Digest. "Ek dink aan hoe baie mense hard moes gewerk het om vir vroue stemreg te kry, om vroue te laat universiteit toe gaan en beter werke te laat kry ... vir gelykheid. Sommige van hierdie mense wat skynbaar so hulle intellek weggooi behoort te dink aan hoe hulle die ou beeld van ondergeskiktheid herskep."
Reese wil hê ander aktrises moet ook hulle verantwoordelikheid teenoor jong vroue erken. Sy het nie geduld vir sterre wat die idee skep dat dit oulik is om dof te wees nie – en is nie bang om dit self vir hulle te sê nie. "My ouma en ma het nie geveg vir wat hulle geveg het sodat jy vir vrouens kan begin vertel dit is oulik om stupid te wees nie," is haar boodskap. "Om dit te sê vir jong vrouens, meisies, my dogter? Dis nié okay nie."
Wyer wêreld verantwoordelikheid
Reese ondersteun ’n projek deur Unifem en Avon wat armbande verkoop om geld in te samel om slagoffers van gesinsgeweld te help. "Dis moeilik vir elkeen van ons om in ons daaglikse lewens stil te staan en te dink oor wat ons kan doen om die omstandighede vir vrouens oraloor te verbeter," verduidelik sy. "As individue is dit byna onmoontlik vir ons om effektief te wees, maar as ons saamstaan kan ons die wêreld verander."
Verantwoordelikheid teenoor haarself
Sy klink soos ’n wondervrou, maar Reese ken hartseer ook. Sy is geskei van Ava en Deacon se pa, akteur Ryan Phillipe. Maar Reese het nie in sak en as gaan sit het toe haar huwelik misluk het nie. Sy het haar hart oopgemaak teenoor Elle en erken dat sy het ander mense blameer. "Maar mens moet na jouself kyk en vra watter aandeel het ek in dit alles gehad? Watter deel is my verantwoordelikheid? En dit is die pynvolle werk waardeur jy moet gaan om hopelik regte lewenswysheid daaruit te kan kry."
argief
BAIE GELUK, VICTOR MATFIELD!
Kan julle glo dat Victor Matfield, die mees suksesvolle rugbyspeler in ons rugby-geskiedenis, nou finaal van die veld af is?ONS GESELS MET ... MATHYS ROETS
Mathys Roets is n diep ou met wie die lewe al wye draaie en steil opdraandes geloop het, maar hy vind vreugde in die klein dingetj...SANGERS WORD IN STYL VEREER!
Daar was groot opgewondenheid en opwinding tydens die 18de SAMA-toekenningsgeleentheid by Sun City! Baie van die gunstelinge het m...DIE BESTE KOM NOG ...
Pierre Spies het nog altyd geïnspireer. Ons het meer gaan uitvind oor sy geloofsreis om, ondanks terugslae, steeds so n goeie...HOEKA TOEKA
The Residence is weggesteek in die hartjie van Houghton en was al n tuiste vir vele bekendes - insluitend vormalige President, Nel...GAAN KYK A MILLION COLOURS NOU!
Die fliek A million colours het groot opslae gemaak by filmfeeste in die buiteland en is van vandag af in teaters regoor die land ...AS EK EEN DING KON VERANDER ...
Ná n loopbaan van 23 jaar sonder een enkele blaaskans, het Patricia en Mark hulle vakansiehuis in die eksklusiewe Zimbali-l...NÁDINE BETOWER CHINA
Nádine se goudverkope status album word In China uitgereikSUSAN COETZER BOEKBEKENDSTELLING:
Tjoklits vir die siel10 JAAR VIR GOD TV IN AFRIKA
GOD TV het in 2001 hulle kantore in Kaapstad geopen, waarna die GOD-kanaal begin het om regoor Afrika, via satelliet, uit te saai. Meer as...


.jpg)




.jpg)

















