REGTIG REESE
Reese Witherspoon lyk miskien soos 'n stereotipese Hollywood ster, maar onder daardie rooi tapyt voorkoms is 'n vrou wat vasbeslote is om die wêreld 'n beter plek te maak vir haar dogter en vrouens regoor die wêreld.
2009-09-07
Reese Witherspoon lyk miskien soos 'n stereotipese Hollywood ster, maar onder daardie rooi tapyt voorkoms is 'n vrou wat vasbeslote is om die wêreld 'n beter plek te maak vir haar dogter en vrouens regoor die wêreld.
2009-09-07
Behalwe vir haar betrokkenheid by organisasies soos Unifem, die Verenigde Nasies se ontwikkelingsfonds vir vroue, neem Reese haar professionele besluite met ’n gevoel van verantwoordelikheid teenoor alle vroue.
Familie verantwoordelikheid
As ouer probeer Reese haar kinders reg leer. Sy voel dit is haar verantwoordelikheid om Ava (9) en Deacon (5) kerk en Sondagskool toe te neem. "Ek glo regtig dit is belangrik vir ’n kind om te voel daar is dinge wat groter is as die lewe daar buite."
Haar verantwoordelikheid teenoor haar dogter help Reese besluit watter rolle sy sal aanvaar. "Ek het nog altyd rolle gekies met die wete dat ek ’n dogter het, en daarom het ek ’n verantwoordelikheid teenoor haar en teenoor die wêreld om sterk vroue te verteenwoordig," verduidelik die 33-jarige ma van twee. "Ek dink dit is ’n natuurlike verlenging van ouerskap om te voel jy is verantwoordelik vir die wêrelde wat jy skep, of dit nou laf of ernstig is."
Professionele verantwoordelikheid
In ’n industrie waar voorkoms skynbaar alles is, is Reese ’n vars briesie. "Dis belangrik om respek te hê vir jouself. Moenie jou intellek weggooi omdat dit nou gewild is om fisiek en beeldskoon te wees nie. Eerlikwaar, dinge beweeg so op die oomblik in daai rigting en ek verstaan dit nie regtig nie. Ek probeer om nie oor alles op my perdjie te spring nie maar dis moeilik vir my," vertel sy vir Reader's Digest. "Ek dink aan hoe baie mense hard moes gewerk het om vir vroue stemreg te kry, om vroue te laat universiteit toe gaan en beter werke te laat kry ... vir gelykheid. Sommige van hierdie mense wat skynbaar so hulle intellek weggooi behoort te dink aan hoe hulle die ou beeld van ondergeskiktheid herskep."
Reese wil hê ander aktrises moet ook hulle verantwoordelikheid teenoor jong vroue erken. Sy het nie geduld vir sterre wat die idee skep dat dit oulik is om dof te wees nie – en is nie bang om dit self vir hulle te sê nie. "My ouma en ma het nie geveg vir wat hulle geveg het sodat jy vir vrouens kan begin vertel dit is oulik om stupid te wees nie," is haar boodskap. "Om dit te sê vir jong vrouens, meisies, my dogter? Dis nié okay nie."
Wyer wêreld verantwoordelikheid
Reese ondersteun ’n projek deur Unifem en Avon wat armbande verkoop om geld in te samel om slagoffers van gesinsgeweld te help. "Dis moeilik vir elkeen van ons om in ons daaglikse lewens stil te staan en te dink oor wat ons kan doen om die omstandighede vir vrouens oraloor te verbeter," verduidelik sy. "As individue is dit byna onmoontlik vir ons om effektief te wees, maar as ons saamstaan kan ons die wêreld verander."
Verantwoordelikheid teenoor haarself
Sy klink soos ’n wondervrou, maar Reese ken hartseer ook. Sy is geskei van Ava en Deacon se pa, akteur Ryan Phillipe. Maar Reese het nie in sak en as gaan sit het toe haar huwelik misluk het nie. Sy het haar hart oopgemaak teenoor Elle en erken dat sy het ander mense blameer. "Maar mens moet na jouself kyk en vra watter aandeel het ek in dit alles gehad? Watter deel is my verantwoordelikheid? En dit is die pynvolle werk waardeur jy moet gaan om hopelik regte lewenswysheid daaruit te kan kry."
argief
EUROPA SAL JOU BETOWER!
Kom saam!PORNOGRAFIE KANALE IN DIE VUURPOT
Daar is Maandag 'n hofinterdik aan ICASA toegestaan om TopTV tydelik te keer om drie pornografiekanale uit te saai.NOU IS DIT JOU BEURT OM DIE WÊRELD TE VERANDER!
Dink aan tien mense wat die wêreld verander het ... voordat jy name soos Moeder Theresa en Mahatma Gandhi begin aftel, dink eers...STEEK AAN DAAI KERS
Volgens die Beeld van 9 Januarie het Eskom 'n ernstige probleem om genoeg elektrisiteit te verskaf en het teen landwye kragonder...NATASHA OOR STEVE SE VERLOWING
Iewers blink die vrou wat langer as 'n dekade al vir hom gewag het, se oë saam met die steentjies aan haar vinger. En elders sit ...MEJ. SUID-AFRIKA 2011
Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, deel die geheim van 'n goeie selfbeeld.KLERE, VERE EN DIE VERLEDE
Ons word deesdae gebombardeer met die nuutste trends en volg dit maklik na sonder om vir onsself te dink. Maar hiérdie Kaapse noo...VROUE AGTER CHARL SCHWARTZEL
Ons het bietjie meer gaan uitvind oor hierdie gholfspeler by die vroue wat hom die beste ken.ANNA-MART SE STORIE ...
Wanneer die lewe draaie met jou wil loop, moet jy hom aan die hand vat.SWAAI WEER DAARDIE HEUPE!
Maandag het ons medici weer geskiedenis gemaak toe die eerste nuwe soort heupvervanging in Pretoria gedoen is.























