CELEB nuus

REGTIG REESE

REGTIG REESE

Reese Witherspoon lyk miskien soos 'n stereotipese Hollywood ster, maar onder daardie rooi tapyt voorkoms is 'n vrou wat vasbeslote is om die wêreld 'n beter plek te maak vir haar dogter en vrouens regoor die wêreld.

2009-09-07

Behalwe vir haar betrokkenheid by organisasies soos Unifem, die Verenigde Nasies se ontwikkelingsfonds vir vroue, neem Reese haar professionele besluite met ’n gevoel van verantwoordelikheid teenoor alle vroue.

Familie verantwoordelikheid


As ouer probeer Reese haar kinders reg leer. Sy voel dit is haar verantwoordelikheid om Ava (9) en Deacon (5) kerk en Sondagskool toe te neem. "Ek glo regtig dit is belangrik vir ’n kind om te voel daar is dinge wat groter is as die lewe daar buite."

Haar verantwoordelikheid teenoor haar dogter help Reese besluit watter rolle sy sal aanvaar. "Ek het nog altyd rolle gekies met die wete dat ek ’n dogter het, en daarom het ek ’n verantwoordelikheid teenoor haar en teenoor die wêreld om sterk vroue te verteenwoordig," verduidelik die 33-jarige ma van twee. "Ek dink dit is ’n natuurlike verlenging van ouerskap om te voel jy is verantwoordelik vir die wêrelde wat jy skep, of dit nou laf of ernstig is."

Professionele verantwoordelikheid

In ’n industrie waar voorkoms skynbaar alles is, is Reese ’n vars briesie. "Dis belangrik om respek te hê vir jouself. Moenie jou intellek weggooi omdat dit nou gewild is om fisiek en beeldskoon te wees nie. Eerlikwaar, dinge beweeg so op die oomblik in daai rigting en ek verstaan dit nie regtig nie. Ek probeer om nie oor alles op my perdjie te spring nie maar dis moeilik vir my," vertel sy vir Reader's Digest. "Ek dink aan hoe baie mense hard moes gewerk het om vir vroue stemreg te kry, om vroue te laat universiteit toe gaan en beter werke te laat kry ... vir gelykheid. Sommige van hierdie mense wat skynbaar so hulle intellek weggooi behoort te dink aan hoe hulle die ou beeld van ondergeskiktheid herskep."

Reese wil hê ander aktrises moet ook hulle verantwoordelikheid teenoor jong vroue erken. Sy het nie geduld vir sterre wat die idee skep dat dit oulik is om dof te wees nie – en is nie bang om dit self vir hulle te sê nie. "My ouma en ma het nie geveg vir wat hulle geveg het sodat jy vir vrouens kan begin vertel dit is oulik om stupid te wees nie," is haar boodskap. "Om dit te sê vir jong vrouens, meisies, my dogter? Dis nié okay nie."

Wyer wêreld verantwoordelikheid

Reese ondersteun ’n projek deur Unifem en Avon wat armbande verkoop om geld in te samel om slagoffers van gesinsgeweld te help. "Dis moeilik vir elkeen van ons om in ons daaglikse lewens stil te staan en te dink oor wat ons kan doen om die omstandighede vir vrouens oraloor te verbeter," verduidelik sy. "As individue is dit byna onmoontlik vir ons om effektief te wees, maar as ons saamstaan kan ons die wêreld verander."

Verantwoordelikheid teenoor haarself

Sy klink soos ’n wondervrou, maar Reese ken hartseer ook. Sy is geskei van Ava en Deacon se pa, akteur Ryan Phillipe. Maar Reese het nie in sak en as gaan sit het toe haar huwelik misluk het nie. Sy het haar hart oopgemaak teenoor Elle en erken dat sy het ander mense blameer. "Maar mens moet na jouself kyk en vra watter aandeel het ek in dit alles gehad? Watter deel is my verantwoordelikheid? En dit is die pynvolle werk waardeur jy moet gaan om hopelik regte lewenswysheid daaruit te kan kry."


 


Kommentaar
  • Sy is ook een van my gustelinge!
  • Reese is 'n fantastiese voorbeeld van 'n sterk jong vrou en ma met goeie moriele waardes. Ons het meer sulke vrouens nodig!
    Wel gedaan aan die skrywer, jy het 'n uitmuntigge artikel gepubliseer!
  • Wat 'n pragtige vrou en haar lewensuitkyk en voorbeeld wat sy stel, is 'n groot inspirasie vir vroue dwarsoor die wêreld.
  • Inspirerend om te lees daar is nog sterre wat aan die kerk en 'n opvoeding vir jou kinders glo.

gesels saam


soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae