TOE JY IN DIE KERK GESTAAN HET MET JOU TROUDAG HET JY SEKERLIK GEGLO DAT JULLE LIEFDE ONBLUSBAAR IS. NIE WAAR NIE?
Niemand van ons het getrou met die plan om te misluk of met die droom om op ’n stadium ’n ander huwelik te probeer nie. Maar, met tyd het jou huwelik dalk by die plek gekom – ‘n huwelik sonder passie.
Miskien is jou huwelik nie ’n ongelukkige een nie, maar jy sal die halleluja-reëndans doen as jy net weer die ou vonk kan ervaar en julle weer mekaar se beste pêlle kan wees.
• Veroorsaak dinge soos seks, skoonouers, geld of kinders issues in jou huwelik?
• Voel jy asof julle nie meer in touch met mekaar is nie?
• Is julle huwelik vasgeval in alledaagsheid, malle gejaag of dodelike roetine?
• Sukkel julle om mekaar regtig te hóór as julle vassit?
• Is daar verwyte en seer in julle huwelik wat onoorkomlik lyk?
Met boosters & busters in jou hand is jy een tree nader aan ’n super gelukkige huwelik met woema.
OM TE BOOST OF TE BUST, DIE KEUSE IS JÓÚNE!
Gretha en haar man, Francois, is 17 jaar getroud, maar het eers by 'n amperse egskeiding gedraai voordat hulle ware huweliksgeluk ontdek het. Hulle het ’n kragtige getuienis van vergifnis en genade rondom owerspel, pornografie en sekwestrasie. Dit inspireer mense om mekaar weer te ontdek, passie in hulle huwelike te vind en dinge wat onoorkomlik lyk saam met God te oorwin. Hulle woon in Pretoria en is geseën met 4 dogters.
KLIEK HIER om die boek te koop