132 5 MINUTE VOOR EN NA DIE DOOD produk van die week Articles www.voelgoed.co.za

boek van die week

     
     
     
 
Isak Burger
   

5 MINUTE VOOR EN NA DIE DOOD

 
Carpe Diem Media


 
Winkelprys: R 96.00
 

5 MINUTE VOOR EN NA DIE DOOD

 

Wat gebeur as ’n mens sterf?

Niemand spring die dood vry nie.
Hoe jy nou lewe voor die dood sal bepaal waar jy gaan wees ná die dood; óf die hemel ... óf die hel.

Isak Burger se Eerste 5 minute ná die dood en Laaste 5 minute vóór die dood het gelowiges oral in Suid-Afrika aangegryp. Meer as 120 000 eksemplare van hierdie twee trefferboeke is altesaam verkoop.
Daar is min mense wat eerlik kan sê dat hulle nie belangstel in wat ná die dood op hulle wag nie. Of jy ongemaklik of lighartig daaroor is – diep in die hart weet ons dat die dood nié die einde is nie.
5 Minute voor en ná die dood is ’n hersiene uitgawe waarin albei boeke in een bundel saamgevoeg is.

Oor die afgelope paar jaar het ek honderde briewe ontvang van mense wat grootliks getroos is ná die afsterwe van ’n geliefde. Talle ander wat geestelik koud en afgedwaal was, het opnuut hulle lewe aan die Here oorgegee. Die belangrikste is die groot getal mense wat ná die lees van hierdie boeke radikaal tot bekering gekom het. Dalk is hierdie boek jou laaste waarskuwing ... jou laaste uitnodiging.


KLIEK HIER OM DIE 5 MINUTE WEBSITE TE BESOEK

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]