wysheid van die week

     
     
     
 
   
 

CLAIRE JOHNSTON

 

Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie! ’n Mens kan immers nie alles wat jy is, gee nie. Jy moet iets van jouself net vir jouself hou. Vandag besef ek dat ek vir myself moet lief wees sodat ek gemaklik is met wie ek is sonder om arrogant te raak.

Uiteindelik kom alles neer op selfkennis, want wanneer jy jouself ken, kom jy uit by die waarheid in die lewe: om regtig jou eie mens te wees, is ’n proses waardeur jy moet gaan. Jy hoef nie soos almal om jou te wees nie en jy hoef nie te wees wat ander wil hê jy moet wees nie. Jy kan maar net jý wees. Om in te pas, is nie die belangrikste nie. Om van jouself te hou, dít is die heel belangrikste.
 

argief

  • BERTHA LE ROUX (Emma van 7de laan)

    Vir my is stabiliteit, warmte, liefde en kameraadskap in ’n verhouding belangrik. In die begin is dit mos altyd so.
  • ELMA POSTMA

    Selfs as ’n jong kind het ek mense nooit té na aan my toegelaat nie. Ek was maar altyd ’n relatiewe loner.
  • CLAIRE JOHNSTON

    Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie!
  • THERESE BENADE

    Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms...
  • MIMI MAHLASELA (Aggie van 7de laan)

    Die lewe is ’n reis. Al die dinge wat met jou gebeur, is iets waaruit jy kan leer. Slegte en goeie ervarings laat jou groei...
  • ANNA DAVEL

    Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy lui...
  • MILAN MURRAY

    Ek kan onthou ek het gerol en afgeval ... en net so bly sit. As ek teruggeklim en voortgegaan het, sou ek net .5 verloor het, maar...
  • CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

    In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en 'n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk h...
  • VALIANT SWART

    Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur...
  • ELANA MEYER

    Dis onmoontlik om so n veeleisende loopbaan sonder n ondersteuningsnetwerk aan die gang te hou. Atletiek, soos ek dit beoefe...