wysheid van die week

     
     
     
 
   
 

THERESE BENADE

 

Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms. ’n Mens sal dit nie glo nie, maar veral vroue is soms baie bevooroordeeld, of selfs aanvallend.

Ek het ’n absolute afkeer in mense se obsessie met voorkoms. Daarom vra ek myself af: Maak dit saak hoe die mense vir wie ek lief is lyk? Die antwoord is ’n onomwonde nee. Hoekom maak dit saak hoe vet of maer ék is?

Ek het baie meegevoel met jong meisies en vroue om die ewige druk wat daar is om maer te wees, te verwerk. Wat ons vergeet is dat dieet groot besigheid is en dat die ‘behoefte om maer te wees’ geskep word deur advertensieveldtogte. Hoekom? Omdat dieetprodukte en kitsoplossings een van die grootste geldmakers in die wêreld is!

Ek gebruik eerder die verhoog wat my werk my bied om ’n verskil te maak. Dít maak vir my saak, nie hoe ek lyk nie!


argief

  • BERTHA LE ROUX (Emma van 7de laan)

    Vir my is stabiliteit, warmte, liefde en kameraadskap in ’n verhouding belangrik. In die begin is dit mos altyd so.
  • ELMA POSTMA

    Selfs as ’n jong kind het ek mense nooit té na aan my toegelaat nie. Ek was maar altyd ’n relatiewe loner.
  • CLAIRE JOHNSTON

    Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie!
  • THERESE BENADE

    Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms...
  • MIMI MAHLASELA (Aggie van 7de laan)

    Die lewe is ’n reis. Al die dinge wat met jou gebeur, is iets waaruit jy kan leer. Slegte en goeie ervarings laat jou groei...
  • ANNA DAVEL

    Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy lui...
  • MILAN MURRAY

    Ek kan onthou ek het gerol en afgeval ... en net so bly sit. As ek teruggeklim en voortgegaan het, sou ek net .5 verloor het, maar...
  • CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

    In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en 'n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk h...
  • VALIANT SWART

    Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur...
  • ELANA MEYER

    Dis onmoontlik om so n veeleisende loopbaan sonder n ondersteuningsnetwerk aan die gang te hou. Atletiek, soos ek dit beoefe...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]