wysheid van die week

     
     
     
 
   
 

ANNA DAVEL

 

Die dag nadat ek my graad klaargemaak het, het ek besef ek kan nie in ’n kantoor instap en ’n 9 tot 5-werk vir die res van my lewe doen nie. Ek kon net aan een ding dink wat ek met my hele hart wou doen – musiek.

’n Vriendin, Mariëtte Labuschagne, het my gebel en gesê sy gaan vir ’n drie jaar lange ligte musiek-kursus inskryf en of ek nie saam met haar vir oudisies wil gaan nie. Met byna geen teoretiese agtergrond het ek getwyfel: wat is die kans dat ek sou inkom?

Ek het geleer hoe waardevol een persoon in jou lewe kan wees. Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy luister nie.

Daardie dag het iets op Mariëtte se hart gedruk om my te bel en as sy nie daarna geluister het nie, kon alles so anders uitgedraai het.

argief

  • BERTHA LE ROUX (Emma van 7de laan)

    Vir my is stabiliteit, warmte, liefde en kameraadskap in ’n verhouding belangrik. In die begin is dit mos altyd so.
  • ELMA POSTMA

    Selfs as ’n jong kind het ek mense nooit té na aan my toegelaat nie. Ek was maar altyd ’n relatiewe loner.
  • CLAIRE JOHNSTON

    Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie!
  • THERESE BENADE

    Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms...
  • MIMI MAHLASELA (Aggie van 7de laan)

    Die lewe is ’n reis. Al die dinge wat met jou gebeur, is iets waaruit jy kan leer. Slegte en goeie ervarings laat jou groei...
  • ANNA DAVEL

    Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy lui...
  • MILAN MURRAY

    Ek kan onthou ek het gerol en afgeval ... en net so bly sit. As ek teruggeklim en voortgegaan het, sou ek net .5 verloor het, maar...
  • CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

    In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en 'n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk h...
  • VALIANT SWART

    Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur...
  • ELANA MEYER

    Dis onmoontlik om so n veeleisende loopbaan sonder n ondersteuningsnetwerk aan die gang te hou. Atletiek, soos ek dit beoefe...