wysheid van die week

     
     
     
 
   
 

CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

 

Een van die lesse wat die lewe my geleer het is dat die manier waarop jy met jouself praat, ’n groot invloed op jou geestestoestand en jou selfbeeld het. Dit klink seker snaaks, maar ’n mens het mos maar altyd stemmetjies in jou kop en dit bepaal jou houding en hoe jy dinge ervaar.

Die hartseer is dat ’n mens dit nie altyd besef nie. Jy kan maklik in daardie gat val waar jy jouself afkraak en lelike dinge vir jouself sê. Of die negatiewe goed wat mense vir jou sê in jou kop versterk.

In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en ’n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk het ek dié lewensles geleer, jy moet jou eie beste maatjie wees. Op ’n manier bóú afbrekende kritiek aan my selfvertroue. Wanneer mense my afkraak, herhaal ek bloot net meer en meer mooi goed vir myself.

argief

  • BERTHA LE ROUX (Emma van 7de laan)

    Vir my is stabiliteit, warmte, liefde en kameraadskap in ’n verhouding belangrik. In die begin is dit mos altyd so.
  • ELMA POSTMA

    Selfs as ’n jong kind het ek mense nooit té na aan my toegelaat nie. Ek was maar altyd ’n relatiewe loner.
  • CLAIRE JOHNSTON

    Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie!
  • THERESE BENADE

    Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms...
  • MIMI MAHLASELA (Aggie van 7de laan)

    Die lewe is ’n reis. Al die dinge wat met jou gebeur, is iets waaruit jy kan leer. Slegte en goeie ervarings laat jou groei...
  • ANNA DAVEL

    Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy lui...
  • MILAN MURRAY

    Ek kan onthou ek het gerol en afgeval ... en net so bly sit. As ek teruggeklim en voortgegaan het, sou ek net .5 verloor het, maar...
  • CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

    In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en 'n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk h...
  • VALIANT SWART

    Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur...
  • ELANA MEYER

    Dis onmoontlik om so n veeleisende loopbaan sonder n ondersteuningsnetwerk aan die gang te hou. Atletiek, soos ek dit beoefe...