wysheid van die week

     
     
     
 
   
 

VALIANT SWART

 

My werk neem my baie van die huis af weg, maar my gesin weet dat die geld wat ek verdien, ek vir húlle maak. As mense se gesondheid, veiligheid en geluk op jou skouers rus, verg dit beplanning en baie harde werk!

Voor ek getroud was en ’n gesin gehad het, was ek totaal onverskillig. Ek het net van dag tot dag geleef. Optredes sou ek nooit verder as ’n week vooruit bespreek nie. Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur geblaas. As jy getroud is, is dit natuurlik ’n heel ander storie. Dis ’n reuse-spanpoging.

Ons kry dit reg om ons geld sonder te veel meningsverskille te bestuur. Dit help dat elkeen sy of haar rol ken. Ons het geen formele begroting nie en probeer maar net om minder uit te gee as wat inkom.

argief

  • BERTHA LE ROUX (Emma van 7de laan)

    Vir my is stabiliteit, warmte, liefde en kameraadskap in ’n verhouding belangrik. In die begin is dit mos altyd so.
  • ELMA POSTMA

    Selfs as ’n jong kind het ek mense nooit té na aan my toegelaat nie. Ek was maar altyd ’n relatiewe loner.
  • CLAIRE JOHNSTON

    Vir my was die pad na selfontdekking om te besef dat die beeld wat die publiek van my het nie regtig ek is nie!
  • THERESE BENADE

    Ek is onmiddellik op my agtervoet as ek agterkom dat iemand my onderskat weens my voorkoms...
  • MIMI MAHLASELA (Aggie van 7de laan)

    Die lewe is ’n reis. Al die dinge wat met jou gebeur, is iets waaruit jy kan leer. Slegte en goeie ervarings laat jou groei...
  • ANNA DAVEL

    Baie keer kry jy daardie “boodskap” wat vir jou sê jy moet iemand bel, of na iemand gaan ... Jy weet nie hoekom nie en jy lui...
  • MILAN MURRAY

    Ek kan onthou ek het gerol en afgeval ... en net so bly sit. As ek teruggeklim en voortgegaan het, sou ek net .5 verloor het, maar...
  • CORINE DU TOIT (Jane van Egoli)

    In die lewe gáán daar mense wees wat met jou foutvind en 'n mens kan jou maklik hul opmerkings aantrek. Maar deur my modelwerk h...
  • VALIANT SWART

    Ek het my neus opgetrek vir konsepte soos spaar, mediese fonds en sekuriteit. Watter geld ek ook al gehad het, het ek na willekeur...
  • ELANA MEYER

    Dis onmoontlik om so n veeleisende loopbaan sonder n ondersteuningsnetwerk aan die gang te hou. Atletiek, soos ek dit beoefe...