WENKE VIR ’N MOOIER JY!
'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in die Ondier. Hier is 'n paar kitsoplossings.
2010-05-07Liezl Heidtmann
'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in die Ondier. Hier is 'n paar kitsoplossings.
2010-05-07Liezl Heidtmann
JOU HARE IS VAAL EN LEWELOOS
Jy benodig
Appelasyn
Oplossing
Verdun twee eetlepels appelasyn met drie koppies water om die asynreuk te verminder. Spoel jou hare met die appelasynwater af nadat jy jou hare gewas het. Dit help om produkaanpaksel te verwyder en hare te laat blink.
’N PUISIE VERSKYN OP DIE MEES ONGELEË TYD
Jy benodig
Oogdruppels, teeboomolie of tandepasta, kleitekstuur-verbloemer wat jou velkleur pas en ’n geel ondertoon het om die puisie te bedek, los poeier, ’n kwas met ’n reguit punt.
Oplossing
Onthou dat grimering slegs die rooi kleur van die puisie kan verbloem en nie die knoppie self kan wegsteek nie. Was jou hande deeglik en maak seker jou naels is skoon sodat jy nie verder bakterieë versprei nie. Tik ’n oogdruppel op die puisie aan om die rooiheid te verminder. Gebruik dan die kwas om verbloemer oor die knoppie te smeer. Gebruik jou ringvinger om die rante van die verbloemde area sagter te skakeer sodat dit nie opvallend is waar jy verbloemroom aangewend het nie. Moet egter nie op die verbloemde knoppie self tik nie, want jy sal net jou handewerk ongedaan maak en die grimering oplig. Set daarna die verbloemer deur los poeier liggies aan te tik, eerder as om dit aan te vee wat weereens die rooiheid kan ontbloot. Onthou dat verbloemroom nie goed lyk op sy eie nie en dat dit beter is om dit te gebruik met onderlaag op die res van jou gesig. Deur teeboomolie of tandepasta voor jy gaan slaap op die geaffekteerde area te smeer, sal help om die puisie vinniger te laat verdwyn.
JOU GESIG LYK POFFERIG
Jy benodig
’n Pak gevriesde groente
Oplossing
Baie vroue se gesigte lyk opgeswel en moeg wanneer hulle soggens opstaan. ’n Pofferige gesig het verskillende oorsake wat waterretensie, min slaap of genetika insluit. Die beste manier om pofferigheid te verminder is om koue water daaroor te spoel. Gebruik ’n plastiekpakkie uit die vrieskas as koue kompres voor jy grimering aansit. Bly vir eers weg van ryk oog- en bevogtigingsrome en gee kontoere aan die gesig met brons glinsterpoeier.
JOU NAELS IS GEBREEK
Jy benodig
Aanplaknaels
Oplossing
Vikkie Chivanga, ’n naeltegnikus van The French Nail Studio in Parkhurst, sê dat die veiligste opsie is om professionele hulp te kry. “As die nael heeltemal afgebreek het en ongelyk is, kan jy ’n naelpunt laat aansit of naelverlenging laat doen.” Indien jy nie by ’n manikuurkunstenaar kan uitkom nie, stel sy voor dat jy altyd ’n pakkie aanplaknaels byderhand hou vir wanneer so ’n krisis jou tref. Die naels is reeds geverf en lyk verrassend baie soos die ware Jakob.
argief
WENKE VIR ’N MOOIER JY!
'n Klein glips met jou voorkoms kan jou dag lelik bederf. 'n Verkeerde haarkleur of lelike puisie verander vinnig vir Skoonheid in...BEVOG, BEVOG, BEVOG!
Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou ve...BRONS SONDER DIE SON
Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...


.jpg)




.jpg)

















