BEVOG, BEVOG, BEVOG!
Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou vel onder hewige druk om altyd goed te lyk.
2010-03-04Annelize Opperman
Sy is 'n aktrise, lektor en juwelierskonsultant! Elsabe Daneel het min stilsit-oomblikke! Met so 'n besige skedule plaas jy jou vel onder hewige druk om altyd goed te lyk.
2010-03-04Annelize Opperman
“My absolute gunstelingproduk is Astellas Repair SBR (skin barrier repair) bevogtiger wat jy by enige apteek kan kry. Dis beslis die beste dag- en nagroom!” vertel Elsabe. “Sedert ’n dermatoloog dit voorgeskryf het, is dit al wat ek gebruik. Ek gebruik reeds jare die geweldig voedende room.
“Die res van my produkte is van Almay wat uitstekend met my allergiese vel akkordeer. Asof ek dit nie reeds genoeg sê nie ... my skoonheidsleuse is bevog, bevog en nogmaals BEVOG! Ek is baie erg daaroor. En natuurlik, baie lag is seker een van die beste skoonheidsmedisynes!”
- ai, net jammer vir daardie lagplooitjies wat saam met die lag kom! :-)