BRONS SONDER DIE SON
Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...
2009-04-08Nadia Gardner
Hierdie somer hoef jy nie ure in die son te lê om bruin te word nie ...
2009-04-08Nadia Gardner
Tegnologie is deesdae so gevorderd dat verbruiners nou al so aangepas is dat dit maklik aangewend kan word, maklik met jou velkleur saamsmelt en jou ’n reeks verbruiningsopsies bied wat wissel van ’n ligbruin glans tot ’n eweredige donkerbruin velkleur.
Verbruiners is beskikbaar in ’n wye verskeidenheid kleure en is aangepas vir alle veltipes. Vir ’n sonnige voorkoms kan jy verbruiningspoeier liggies aan jou wangbene, brug van jou neus en ken aanwend – al die prominente areas van die vel wat die son eerste sal bykom. As jy egter ’n donker sonbruinvoorkoms wil hê, kan jy verbruiningsroom aan jou hele gesig smeer. Verbruiningspoeier moet met ’n blosserkwassie aangewend word, terwyl verbruiningsrome met jou vingers of grimeersponsie aangewend kan word.
Vir ’n natuurlike voorkoms, wend verbruiners soos volg aan:
- Wend die produk in natuurlike daglig aan en nie by jou badkamerlig in die aand nie.
- Bou jou kleur geleidelik op deur verskeie lae van die produk aan te wend. Onthou hierdie produkte beskerm nie jou vel teen die son nie. Dit bly noodsaaklik om sonroom met ’n sonfaktor van ten minste 15+ aan te wend om jou vel te beskerm.























