NOU KAN JY OOK DROOMNAELS HÊ!
Elke vrou smag daarna om naels te hê wat jou nie in die skande sal steek nie. Edith Kemp, die handelsmerkbestuurder van Dream Nails, sê jy kan elke dag met mooi naels spog. Sy wys jou hoe.
2010-04-06
Elke vrou smag daarna om naels te hê wat jou nie in die skande sal steek nie. Edith Kemp, die handelsmerkbestuurder van Dream Nails, sê jy kan elke dag met mooi naels spog. Sy wys jou hoe.
2010-04-06
EK HET ONLANGS BLOEDROOI GEKIES VIR MY NAELS, MAAR TOE EK DIT AFHAAL, WAS MY NAELS GEEL! HOE MAAK EK DIT REG EN KEER DAT DIT WEER GEBEUR? Marlien, Oudtshoorn
Dit kom baie vroue oor! Om dit in die toekoms te voorkom verf ’n beskermlagie oor jou naels voor jy ’n helder kleur soos rooi gebruik. Probeer die DreamNails Base Coat, wat ook voedingstowwe aan jou naels verskaf, vir gesonder en sterker naels.
Om jou naels nou te red kan jy ’n naelbuffer, soos die DNB (DreamNails) Yellow Two Way Shiner probeer. Gebruik die naelbuffer om die boonste lagie van jou naelselle te verwyder. As dit nie werk nie, week jou hande vir twee tot drie minute in suurlemoensap. Die suurlemoensap help om jou naels op ’n natuurlike wyse te bleik.
EK BEGEER MOOI, LANG NAELS ... SONDER OM VALS NAELS TE GEBRUIK. HOE VERSTERK EK MY EIE BAIE SAG NAELS WAT MAKLIK SKEUR – SONDER OM DUUR PRODUKTE AAN TE SKAF? Wanda, Swartruggens
Gelukkig is dit nie so moeilik nie! Die geheim van natuurlike mooi naels sonder om naelprodukte te gebruik lê opgesluit in jou dieet. Hoe meer proteïene, hoe beter! Eet kosse wat ryk is daaraan soos droë bone, neute, maer vleis, hawermout en sade.
Jy kan ook die volgende probeer om die kleur en tekstuur van jou naels te verbeter: Meng dieselfde hoeveelhede heuning, avokado-olie, eiergeel en ’n bietjie sout. Sit dit vir minstens vyf minute op jou naels.
EK HET NIE TYD OM GEREELD VIR ’N MANIKUUR TE GAAN, OF URE LANK MY NAELS TE VERSORG NIE –MY NAELS LYK SLEG! IS DAAR IETS SOOS ’N VYF MINUTE OPLOSSING? Danika, Ermelo.
As jou naels en hande in ’n goeie toestand is, hoef jy nie ure daaraan te spandeer nie. So maak seker dat jou hande en naels goed bevog en gevoed is. Dis goed om elke twee weke, of as jy besig is, eenkeer ’n maand vir ’n manikuur te gaan. As jy egter self vir jou naels wil sorg, begin met ’n goeie afskilfering. Gooi ’n bietjie suiker in jou handewasmiddel en was jou hande sagkens. Konsentreer veral op die kneukels wat dikwels grof en droog is.
• Dit is belangrik om jou naels korter te vyl. Moenie weerskante toe vyl nie, omdat dit jou nael verswak. Vyl slegs in een rigting.
• Jy moet omsien na jou naelvelletjies. Professionele produkte soos die DNB Cuticle Remover sal jou taak vergemaklik en vinniger laat geskied.
• Rond af met ’n goeie vogroom.
argief
HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het n ritueel geword.























