124 BELOFTE IN ’N BOTTEL? SKOONHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

BELOFTE IN ’N BOTTEL?

BELOFTE IN ’N BOTTEL?

Futuristiese films het dekades gelede 'n toekoms voorspel waarin mense nie langer eet nie maar 'n handvol bont kapsules sluk.

2009-10-09Ryno Mulder

In plaas van gesonde eetgewoontes en gereelde oefening, drink menige vroue inderdaad nou tablette wat ’n vlekkelose vel, sterk naels, glansende hare en selfs ’n sonbruin liggaam belowe. Finesse het by ’n kenner gaan uitvind watter kapsules beloof om die fontein van ewige jeug te wees ... en ’n paar verrassende antwoorde gekry.

Anti-oksidante

Sekere dierestudies het bewys dat inname van beta-karotene en vitamien C en inname of plaaslike aanwending van vitamien E die effek van veroudering mag vertraag. Dit is egter nog nie seker watter hoeveelhede van die aanvullings geneem moet word om resultate te sien of hoe veilig hoë dosisse is nie. Voedselaanvullings – veral vir die voorkoming van veroudering – bly ’n kontroversiële kwessie. Sommige medici skryf dit af as ’n placebo of troos wat bloot ‘duur urien’ tot gevolg het.

Aknee
Veluitslag en puisies laat menige vrou met wrewel kyk na haar weerkaatsing in die spieël, ongeag haar ouderdom. Daar is ’n oorvloed behandelings op die mark wat belowe om jou vel ‘binne weke’ glad en vlekkeloos te laat. Meeste hiervan jaag die hoopvolles ’n hele paar rand uit die sak en bied wisselende resultate. Vitamienaanvullings word ook voorgehou as ’n suksesvolle behandeling vir aknee, maar as jy hiervan gebruik wil maak is dit wenslik om binne die RDA of voorgestelde daaglikse hoeveelheid te bly. Dr. La Cock voel anders: “alhoewel ’n tekort aan sekere vitamiene kan lei tot verskeie vel-erupsies, het die byvoeging hiervan in ’n normale, gesonde persoon geen voordele nie.”


 

Kommentaar
  • Ek het 'n baie sensitiewe droë vel en gebruik huidiglik Eucerine, maar my vel voel steeds droog. Kan ek moontlik die Nivea reeks gebruik of wat sou julle aanbeveel>

gesels saam


argief