KAN EK MY OUDERDOM VERBLOEM?
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroudering te verbloem!
2009-09-01Isabel Nell
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroudering te verbloem!
2009-09-01Isabel Nell
• Voorbereiding
Reinig jou vel daagliks met ’n skoonmaakmiddel wat geskik is vir jou veltipe. Skilfer jou vel ten minste twee keer ’n week af om van dooie velletjies ontslae te raak en die velkleur gloeiend te laat.
• Die basis
Dit is belangrik dat jou vel helder en egalig vertoon met versagte lyne en plooie. Wend ’n primer aan voor jy jou onderlaag aansit om die velkleur eweredig te maak en die lig te weerkaats. Dit help ook dat jou grimering langer hou.
• Onderlaag
As jy lyntjies en plooie wil versag moet jy liefs nie ’n poeier onderlaag gebruik wat die vel te droog laat lyk nie. Die beste keuse is ’n vloeibare onderlaag wat bevogtigers bevat sowel as bestanddele wat die vel ferm en glad laat voel met ’n egalige kleur. As jou onderlaag nie SPF bevat nie, wend eers ’n sonblok aan om jou vel teen sonskade te beskerm.
• Poeier
Met ’n vel wat neig tot lyne en plooie, is dit beter om ’n ligte, los poeier te gebruik wat deurskynend lyk. Vermy die area onder die oë aangesien dit fyn lyntjies sal beklemtoon.
• Blosser
Die doel van ’n blosser is om jou vel ’n gesonde kleur te gee en die wangbene te beklemtoon. Room blossers moet met die vingerpunte aangewend word op die wange net na jou onderlaag. Poeierblossers word met ’n groot borsel aangewend in sirkelbewegings oor die rondings van die wange. Moenie te veel aan sit nie; jy kan altyd meer kleur byvoeg as dit nodig is!
• Oogskadu
Borsel ’n neutrale kleur oor die hele ooglid van die wimpers tot by die wenkbrou. Wend ’n effens donkerder kleur eweredig in die vou van die oog of oor die lid aan. Werk van lig na donker. ’n Derde kleur kan aangewend word aan die binneste of buitenste hoek van die oog om definisie te gee. Daar moet net ’n sagte skaduwee van kleur wees. Wend ligte oogskadu net onder die wenkbrou aan om die oë te lig en die grimering af te rond.
• Oogomlyner en maskara
Swart kan baie dramaties lyk en hard voorkom. Kies eerder ’n donkerbruin maskara; dit pas beter by ’n sagte voorkoms. Gebruik ’n sagte potlood op die boonste lid om al langs die wimpers ’n lyn te trek van buite na binne. Versag die lyn met ’n kwassie of ’n oorstokkie.
• Wenkbroue
Vermy swart en donkerbruin potlode. Gebruik eerder ligte bruin of grys. Wend oogskadu met ’n dun kwassie aan waar jou natuurlike wenkbrou lyn alreeds is om hulle voller te laat lyk.”
• Lippe
Daar is baie produkte beskikbaar wat lippe voller laat lyk en voorkom dat die kleur verdof en in die plooitjies gaan lê. Werk van die middel van die lippe tot by die buitenste hoeke. Gebruik kort potloodstrepies en werk saggies. As jy geseën is met voller lippe kan jy wegkom met meeste kleure, maar dun lippe moet donker skakerings vermy want dit laat die lippe nog dunner lyk.
Foto THE BIGGER PICTURE/AGE FOTOSTOCK
- is dit ok vir christen vrouens om grimering te dra/
- Wat dink jy??? Dat ons almal wat grimering dra Satanisties is??? Goeie genade!!
argief
HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het n ritueel geword.























