HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande suksesvol te behandel.
2009-07-10Ellen Whyte
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande suksesvol te behandel.
2009-07-10Ellen Whyte
Aknee
Aknee word nie veroorsaak deur te min reiniging van die vel nie, maar deur vetkliere, net onder die vel, wat ontsteek.
Onder normale omstandighede vervaardig die vetkliere ’n olierige substansie wat na die oppervlak van die vel beweeg waar dit afgevee kan word. Wanneer hierdie kliere oorstimuleer word, bou huidvet op wat meng met die dooie selle op die vel se oppervlak en dit blokkeer die uitskeiding van olie. Die area is dadelik ontsteek en aknee vorm.
’n Ligte infeksie kan met middels wat oor die toonbank verkrygbaar is behandel word. Hierdie middels wat afskilfering en ’n antibakteriese formule jel kombineer raak sagkens ontslae van die laag dooie selle op die vel en beveg bakterieë. Hierdie behandelings laat die vel gewoonlik baie droog word en moet opgevolg word deur ’n goeie vogroom met ’n ingeboude sonskerm.
Dit is goeie idee om hierdie generiese produkte ongeveer twee weke kans te gee om te begin werk. Indien daar dan nog geen resultate is nie, is dit raadsaam om ’n geneesheer te spreek. Voorgeskrewe medisyne sluit in ’n reeks tetrasiklien antibiotikums, retinoïede rome en kapsules, sowel as gesofistikeerde laser behandelings en hormoon terapie. Bespreek met jou dokter wat jou die beste pas en besluit op ’n plan van aksie.
Pigmentasie
Wat presies is pigmentasie? Dit is wanneer te veel of te min melanien (’n pigment) in een gebied op die vel teenwoordig is. So ontstaan ’n bruin of ’n baie ligte vlek. Melanien is ’n pigment verantwoordelik vir die kleur van hare, vel en oë. Dit beskerm die vel deur die absorpsie van ultraviolet lig.
BEHANDELING VAN PIGMENTASIE
Pigmentasie beïnvloed nie jou gesondheid nie, maar wel jou voorkoms. In meeste gevalle word sonskerm aanbeveel en die son moet vermy word. Moesies of geboortevlekke word gewoonlik alleen gelaat tensy dit buitengewone eienskappe het. Dan word dit chirurgies verwyder. Daar is ook verskeie salon- en tuisbehandelings beskikbaar vir die behandeling van pigmentasie, byvoorbeeld lasertegnologie en mikrodermabrasie.
ONTHOU!
Moenie aan klein merkies karring nie. Dit laat letsels en lei tot pigmentasie.
Vermy die son en gebruik altyd sonskerm.
Probleemvel kan vererger word deur stres. Eet dus altyd gesond, oefen gereeld en slaap genoeg.
Wees sag op jou vel. Dis nie nodig om jou vel hardhandig te skrop nie.
Moenie dat ’n probleemvel jou selfbeeld skaad nie. ’n Probleemvel is behandelbaar!
ELLEN WHYTE en MELANIE PIETERS
argief
KAN EK MY OUDERDOM VERBLOEM?
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroud...HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het n ritueel geword.


.jpg)




.jpg)

















