KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om die skade om te keer – sonder narkose!
2009-06-03
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om die skade om te keer – sonder narkose!
2009-06-03
Vyand nr 1: Spatare
As spatare veroorsaak dat jy nooit meer ’n mini dra nie (ten spyte van jou dun enkels en mooi kuite), probeer ...
SKLEROTERAPIE
Skleroterapie word al 60 jaar lank effektief gebruik om spatare en spinnerak-aartjies te behandel en is in die meeste gevalle die voorkeurbehandeling. ’n Klein hoeveelheid vloeistof (soutoplossing of jodium) word met ’n baie dun naald in die aartjies ingespuit. Dit seël die aarwande toe en die bloed vind ’n ander weg om te vloei. Die beskadigde aar verander in littekenweefsel en word mettertyd afgebreek en deur die liggaam geabsorbeer.
Newe-effekte: ’n Gejeuk, hiperpigmentasie op die behandelde area wat later verdwyn, pyn en kneusing.
LASER
Laserbehandeling word gedoen met intense, polsende lig wat op die aar gerig word en wat veroorsaak dat die aar stelselmatig ligter word en later verdwyn. Laser is baie direk en akkuraat en die enigste area wat ‘beskadig’ word is die aar. Alle veltipes kan met behulp van laser behandel word. Behandelings neem 15-20 minute, en afhangende van die graad van die spataar kan twee tot vyf sessies nodig wees vir effektiewe verwydering van die are.
Newe-effekte: Rooiheid en swelling en die vel kan verkleur, maar dit sal verdwyn na twee weke.
AKUPUNKTUUR
Hierdie antieke metode waar fyn naalde in sekere sleutelpunte ingesteek word, bevorder in die geval van oppervlakkige spatare die bloedsirkulasie sodat bloed wat in die are vasgevang is weer begin vloei. Terselfdertyd word die interne organe gestimuleer om die energie en bloedvloei te bevorder. Die behandeling werk dus lokaal en sistemies. Akupunktuur is nie so pynlik soos die meeste mense dink nie. Die gevoel wat ervaar word is ’n tintelende sensasie en die areas kan later jeuk omdat die bloed weer daar begin vloei. Verbetering vind geleidelik plaas.
Newe-effekte: Geen.
Vyand nr 2: Rekmerke
As rekmerke veroorsaak dat jou bikini elke seisoen diep weggebêre bly (ten spyte van jou dun middeltjie), probeer ...
RETIN-A –BEHANDELING
Hierdie behandeling kan net effektief gebruik word op relatiewe nuwe rekmerke wat nog pienk of rooierig is. As jou rekmerke al witsilwer strepies is, sal Retin-A behandeling nie werk nie. Dis net op voorskrif by apteke beskikbaar en mag nie tydens swangerskap of borsvoeding gebruik word nie. Hierdie behandelingsmetode se resultate kan nie gewaarborg word nie.
MIKRO-VELAFSKURING
Baie klein kristalle word onder hoë druk en teen ’n baie hoë spoed met ’n vakuumtoestel op die vel gespuit om dieper vellae te bereik. Ongeveer 10-12 sessies oor ’n tydperk van drie tot vier maande is nodig om die gewenste effek te verkry. Ongelukkig is hierdie metode redelik pynlik en die vel lyk gekneus vir ’n paar dae na ’n sessie.
LASERBEHANDELING
Vir rekmerke lewer laser die beste resultate. Polsende lasers word gebruik om die boonste vellae as’t ware af te ‘brand’, sodat nuwe selle in die dermis geproduseer kan word sonder dat littekens vorm. Die nuwe vel is sag en vry van rekmerke. Hierdie behandelingsmetode kan pynlik wees en minstens sewe tot agt sessies is nodig voordat rekmerke heeltemal verdwyn.
argief
KAN EK MY OUDERDOM VERBLOEM?
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroud...HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het n ritueel geword.


.jpg)




.jpg)

















