124 MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER? SKOONHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?

Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos ’n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aand word.

2009-04-08Nadia Gardner

Omdat vakansie ’n tyd is vir partytjies en skemerkelkies, is dit die ideale tyd om met jou grimering te eksperimenteer. Dit is maklik om wonderlik te lyk as jy net weet hoe.



DAG

Gedurende die dag moet ooggrimering lig en natuurlik gehou word. Jy kan selfs jou oogpotlood bêre en jou oë net met bruin oogskadu omring. Sit daarna maskara aan. Dit help om jou oë donker te maak sonder dat jy te veel grimering hoef te gebruik.

AAND

As jy kringe onder jou oë het of ’n merkie op jou gesig, is ’n bedekstafie jou beste vriendin. Kies ’n kleur wat effens ligter is as jou velkleur en bedek die area liggies. Vir donker kringe en puisies, begin met ’n geelkleurige bedekstafie, want dit neem die rooiheid wat met puisies gepaard gaan, weg. Om jou ooggrimering meer intens te laat lyk, wend meer oogskadu aan of gebruik ’n oogskadu wat effens blink.

Om te verseker dat jou oogskadu langer hou of om dit meer dramaties te laat lyk, doop jou kwassie in skoon water en wend die grimering dan aan. Wanneer dit droog geword het, kan jy dit met ’n droë kwassie gelyk vee. Swart, vloeibare oogomlyner maak jou grimering dramaties, gebruik ’n pers of grysblou kleur om dit te komplementeer.

Begin jou oogskadu so na aan die wimpers as moontlik, aanwend. Begin binne en beweeg die kwassie na die buitenste hoek van die oog. ’n Dun lyn sal jou wimpers ongelooflik lank laat lyk. Gebruik ’n swartoogpotlood om jou wimpers te omlyn en smeer dit dan effens om jou oë om ’n sagte, romanties voorkoms te gee.

Moenie van jou wenkbroue vergeet nie. As jy ligte wenkbroue het, sal dit verlore raak wanneer jy jou oë dramaties donker grimeer is. Gebruik ’n ligte swart oogpotlood om die diepte te kry wat jy nodig het.

Jou oë is baie sensitief gedurende die somer, daarom beveel ons aan dat jy natuurlike, hipoallergeniese produkte gebruik.

Lippe


DAG

Vir gemaklike grimeringlose dae, is gekleurde lipsalf ’n goeie manier om lippe vogtig te hou, met ’n tikkie kleur en glans. Blink lippe komplementeer ’n gesonde vel en laat jou vroulik lyk.

AAND

Kombineer donker oë met sagte, ligte lippe. Om jou oë te komplementeer, gebruik ’n kleur wat effens donkerder is as jou lipstiffie. Probeer kleure soos ligbeige of ’n roesbruin. Om seker te maak dat jou kleur die heel aand hou, gebruik ’n lipomlyner van dieselfde kleur om jou lippe mee in te kleur voordat jy jou lipstiffie aanwend. Los die lipglans en laat jou oë die fokuspunt wees.

Naels


DAG

Verf altyd jou toonnaels met naelvernis – dit laat die naels glad en gesond lyk. Deurskynende naellak word altyd geel in die son, gebruik ’n ligte kleur of poleer jou naels totdat dit sag en glad is.


Vrugtekleure is ideaal vir die somer, dit kan jou hele voorkoms verander en jou uitrusting komplementeer. Kleur op naels laat jou hande vroulik en versorg lyk.

AAND

Gebruik ’n donkerder kleur op jou naels in die aand en as jy in die mode wil wees, vyl jou naels in ’n tradisionele ovaalvorm. Dis deesdae weer die in-ding om te doen.

’n Mens kan in die aand meer gewaagd wees en donkerder kleure op jou naels gebruik.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]