HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het ’n ritueel geword.
2009-03-24Nadia Gardner
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het ’n ritueel geword.
2009-03-24Nadia Gardner
Stortjels, rome en spesiale seep bied vir baie van ons wat voortdurend aan die gang is, ’n spa-ervaring. Die gewone koekie seep waarmee jy jouself altyd gewas het, is nou vervang met ’n luffaspons en ’n bottel aromaterapie-stortjel.
In ’n bottel
Vloeibare seep, jels en rome bied gerief, hou hul geur langer as gewone koekies seep en skuim beter as seep. Vir party het dit ook ontspannende, energiegewende en bevogtingskwaliteite. ’n Koekie seep word direk op die liggaam gebruik (dink maar aan daardie aaklige, grillerige haar op die seep) en daarom word vloeibare seep in ’n bottel as meer higiënies beskou! Onlangse navorsing wys ook dat die vloeibare seepmark, wat lyfreinigers, jels en rome insluit, se verkope met meer as 4% toegeneem het, terwyl gewone seep se verkope met 4% gedaal het.
Uit die natuur
Vroue is voortdurend op soek na natuurlike produkte, sonder bymiddels. Deur dit in gedagte te hou, het die stortjel- en vloeibare lyfseepmark hul verkope opgestoot deur natuurlike plant- en blomolies by hul produkte te voeg. Hierdie holistiese benadering is dikwels die rede hoekom mense lyfseep en stortjels in plaas van die gewone koekie seep kies. Dit hou nou verband met die voordele wat aromaterapie inhou deurdat die natuurlike geure fisiologiese veranderings in die liggaam teweeg bring. Die dae dat seep net gebruik is om jou beter te laat ruik of om jou te laat wakker word in die oggend, is lankal verby. Vandag moet die reuk en geur van badjels en lyfsepe jou stresverligting en rustigheid bied terwyl dit ook jou gemoed streel.
Vir die lekkerte
Vandag se vroue soek na sensories-aangename ervarings met allerlei voordele. Vroue wil hê hul seep moet meer as een funksie op ’n keer vervul; dit moet reinig en ’n vervullende gemoedservaring bied. Die bymiddels in bad- en stortjels, lyfsepe en badrome strek van alfa-hidroksiesure, die wat in vrugte- en suiwelprodukte gevind word, tot vitamien E. En almal met die versekering dat hulle die vel se veroudering sal teëwerk, vog sal byvoeg en ’n nuwe jy sal skep. Vroue gebruik dikwels ook badgereedskap, soos seesponse en natuurlike luffas wanneer hulle die jels en rome aanwend. Dié bied bykomende afskuringskwaliteite wat die vel glad en sag laat.
argief
KAN EK MY OUDERDOM VERBLOEM?
Grimering het die vermoë om met jou voorkoms te toor. Lyk jonk en pragtig met hierdie slim grimeerwenke om lyne, plooie en veroud...HOE OM 'N SYSAGTE GELAAT TE KRY?
Jy het nie nodig om met aknee of pigmentasie te sukkel nie. Moderne tegnologie gee jou nou die kans om albei hierdie veltoestande ...KAN SKADE OMGEKEER WORD?
Drie kinders en 20 jaar later lyk jou lyf eenvoudig nie meer soos toe jy 'n sorgvrye tiener was nie. Maar daar is tóg maniere om di...WATTER GEUR PARFUUM IS REG VIR MY?
As jy 'n bottel met elkeen van jou emosies kon vul, watter bestanddele sou jy daarin vind? Ontdek n wêreld van hemelse geure en di...MOET EK MY GRIMEERROETINE IN DIE SOMER VERANDER?
Somerdae vra vir subtiele, natuurlike grimering, maar ligte grimering kan jou maklik soos n uitgewaste lap laat lyk wanneer dit aa...HOE KAN EK BADTYD NOG LEKKERDER MAAK?
Bad en stort is deesdae nie net om die dag se stof en vuilheid af te was nie, maar het n ritueel geword.


.jpg)




.jpg)

















