HOU DIÉ WARM GLOEDE IN TOOM MET NATIVA HORMONAL COMPLEX
Ronél Vorster, hoof van Nativa se voedingsafdeling, sê as jy goed na jouself kyk en gereeld jou dokter besoek, is menopouse allermins 'n slegte ervaring.
2010-04-06
Ronél Vorster, hoof van Nativa se voedingsafdeling, sê as jy goed na jouself kyk en gereeld jou dokter besoek, is menopouse allermins 'n slegte ervaring.
2010-04-06
WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN HORMOONVERVANGINGSTERAPIE (HVT) EN SELFMEDIKASIE? SUSAN, PIETERMARTIZBURG
Goeie vraag! HVT is medikasie wat een of meer vroulike hormone – gewoonlik estrogeen en progesteroon – bevat, en toegedien kan word wanneer die produksie van vroulike hormone tydens menopouse afneem. Dit word gewoonlik aanbeveel wanneer daar erge ontwrigtende simptome tydens oorgang ervaar word. Die dokter skryf dit voor nadat die geskiktheid vir HVT deeglik vir die spesifieke pasiënt oorweeg is.
Die risiko om borskanker (of ander soorte kanker), hoë bloeddruk of bloedklonte te ontwikkel laat baie mense van HVT afsien. Plant- of fito-estrogene (in byvoorbeeld soja) word as alternatief gebruik om die simptome van menopouse hok te slaan. Dit is egter ’n swakker vorm van estrogeen en is nie in alle gevalle effektief vir alle simptome nie.
Nativa Hormonal Complex bevat nie ’n hormoonmeganisme of plantestrogene nie. Dit teiken gewoon die simptome van menopouse en word van die sitoplasma van uitgesoekte Sweedse stuifmeel gemaak.
EK HET WOESTE WARM GLOEDE, MAAR IS VERSIGTIG VIR HVT OOR ’N FAMILIEGESKIEDENIS VAN BORSKANKER. IS DAAR ENIGE LEEFSTYLAANPASSINGS WAT DIE SIMPTOME SAL VERMINDER OF WEGVAT? SUSAN, KRUGERSDORP
Weet jy wat? Die meeste van ons kliënte wat inbel oor menopouseprobleme, sukkel met warm gloede. Sweedse en Franse studies bevestig dat die Nativa Hormonal Complex-formule die gereeldheid en intensiteit van warm gloede verlaag.
Jy kan ook die volgende probeer om warm gloede te verminder:
• Oefen gereeld, omtrent drie tot vyf keer per week. Oefening help om hormone te stabiliseer.
• Probeer om minder te stres – dit kan warm gloede vererger.
• Dra ligte klere en trek in lae aan sodat klere maklik uitgetrek kan word.
• Vermy kafeïen en alkohol.
EK GEBRUIK HVT, MAAR HET GEHOOR DAT JY MEER VATBAAR IS VIR ERNSTIGE SIEKTES TYDENS MENOPOUSE. WAT KAN EK EET OM TE VERSEKER EK KRY DIE NODIGE VOEDINGSTOWWE IN? MELISSA, NOORDHOEK.
’n Daling in estrogeenproduksie verhoog jou kanse om siektes soos kanker, osteoporose en hartsiektes op te doen. Fokus op die volgende:
Vir jou hart:
• Omega-vetsure (veral Omega 3) is baie belangrik vir hartgesondheid soos deur talle studies bewys.
• Antioksidante soos resveratrol hou vaatwande soepel en voorkom sodoende hartsiektes en beroertes.
• B-vitamiene keer dat die aminosuur, homosistiën, die bloedvaatwande beskadig. Homosistiën word deesdae beskou as die nuwe cholesterol en kan ’n rol speel in 10 tot 40 persent van hartaanvalle.
Vir jou bene:
• Beengesondheid kan ondersteun word deur laevet-suiwelprodukte te eet en ’n goeie kalsium-magnesium aanvulling te gebruik.
Teen kanker:
• Hou op rook: Daar is ’n verband tussen HVT, rook en die voorkoms van veral longkanker.
• Meer vitamien C: Vitamien C help om kanker te voorkom. Eet daarom baie vars vrugte en groente om genoeg van dié vitamien in te kry.
argief
WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?
Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...VERGEET-VOLLE DAE?
n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.GESOND VIR ANDER?
“Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?
Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...SAL PANADO HELP?
Mediese koste in vakansieplekke is waarskynlik hemelhoog en dis nie lekker om ’n onbekende dokter te besoek nie.
























kan u my asb help ek in 2007 n histerektomie gehad net by baarmoeder is verwyder 2 maande terug my eierstokke ek is op hormoonbehandeling maar ek voel 3 keer my groote voor die operasie is dit normaal of is dit die hormoonpil. is daar dalk iets anders wat u voorstel ek het gelees van die warmgloede maar wat gaan ek doen mt die laaaaaaaaaaaaae libido. u hulp en raad sal baie waardeur word. baie dankie r watkins.
epos watkinsrj@yahoo.com.