HOE VOORKOM EK KANKER?
Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
2009-11-02Sarah Ewing
Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
2009-11-02Sarah Ewing
1. Kry ’n daaglikse dosis anti-oksidante
Anti-oksidante is voedingstowwe en ensieme wat die skadelike effekte van vryradikale opvang – chemikalieë wat jou liggaamweefsel kan aanval en kanker veroorsaak. Kosse ryk in anti-oksidante sluit in wortels, tamaties, spinasie, rissies en spruitjies.
2. Hou jou gewig dop
Vroue wat 10 tot 14 kilogram na die ouderdom van 18 optel, se kans om borskanker te ontwikkel is 40% groter as vroue wat twee of minder kilogram optel, volgens die joernaal Cancer Epidemiology, Biomarkers and Prevention.
3. Oefen
Nie alleen verlaag oefening jou kanse om oorgewig te wees nie, dit kan jou kanse om borskanker te kry met tot 20% verlaag, volgens die Journal of the American Medical Association. Net 30 minute se stap, drie keer ’n week is genoeg om ’n verskil te maak. Konsekwentheid is die sleutel.
4. Verhoog jou jodium-inname
’n Jodiumtekort is al in talle studies gekoppel aan borskanker. Goeie bronne van jodium sluit in varswatervis, kelp en eiers. Raadpleeg jou huisdokter of voedingkundige voor jy besluit om ’n 150 mcg aanvulling te neem, want jodium is giftig in hoë dosisse.
5. Drink meer groentee
Groentee bevat fenol, natuurlike verbindings wat teen vryradikale skade beskerm, soos wat anti-oksidante doen. Die Nasionale Kankervereniging in die VSA ondersoek of groentee in pilformaat die vel kan beskerm teen sonskade. Groentee is ook ’n natuurlike energie-inspuiting.
6. Voeg meer soja by jou dieet
Soja is ’n fitogeen, ’n estrogeen vervaardig deur plante. Wanneer estrogeen aan borsweefsel heg kan dit seldeling verhoog wat die kankerproses aandryf. Wanneer soja-fitogeen met borsweefsel bind, vervang dit jou eie estrogeen en verminder dit die geneigdheid om kankergroei te stimuleer.
7. Eet meer knoffel
Knoffel bevat ’n natuurlike verbinding genaamd allielswael wat karsinogeen kan blokkeer om teikens te bereik, en kankerselle kan vernietig. Vars knoffel is altyd beter as ’n tablet want die sterkte is altyd hoër. Probeer om ’n klein huisie knoffel by jou slaaie, groentedisse of roerbraai te voeg.
8. Los kunsmatige versoeters
Om daai blikkie dieetkoeldrank te drink kan dalk nie beter vir jou wees as die oorspronklike nie. Talle studies het aspartaam en sakkarien aan gewasse gekoppel. Daar is meer gesonde natuurlike alternatiewe vir gaskoeldrank.
9. Hou op rook!
“Tot 25% van alle tipes kanker is rookverwant,” sê Professor Tony Howell, professor van Mediese Onkologie by Christie, Withington en Wythenshawe Hospitaal. “Om op te hou rook verminder jou risiko om kanker te ontwikkel kort nadat jy stop – maar die boodskap is stop nou!”
- Wat is Leiomyoma? Is dit gevaarlik, ens?
- Ek wil meer meer uit vind oor melamoon kanker en hoe ontstaan dit
argief
WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?
Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...VERGEET-VOLLE DAE?
n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.GESOND VIR ANDER?
“Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?
Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...SAL PANADO HELP?
Mediese koste in vakansieplekke is waarskynlik hemelhoog en dis nie lekker om ’n onbekende dokter te besoek nie.























