121 HOE HANTEER MENS SPROEI? GESONDHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

HOE HANTEER MENS SPROEI?

HOE HANTEER MENS SPROEI?

Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter hoop. Dit is belangrik om ingelig te wees sodat jy die beste moontlike manier kan vind om hierdie probleme op te los. Soms is 'n paar leefstylaanpassings al wat nodig is om weer jou lewe in 'n lied te verander.

2009-09-14Joyce Walter

Herhalende sproei

Sproei word veroorsaak deur ’n gisagtige swam, candida albicans, wat teenwoordig is in die vagina maar slegs ’n probleem word wanneer die suurvlakke in die vagina daal, wat die gis laat vermenigvuldig. Omtrent 8% van vroue met sproei, sukkel met die herhalende vorm daarvan, met vier of meer aanvalle per jaar. Om hierdie herhalende vorm van sproei te behandel kan baie frustrerend wees. Die simptome reageer gewoonlik op swamdodende medikasie maar dit is nie effektief genoeg om die herhaling daarvan te voorkom nie. Leefstylveranderinge en dieet kan help om dit te beveg en navorsing toon ook nou dat tablette kan help. Studies het aangedui dat ’n weeklikse dosis van die swamdodende middel fluconazole die herhaling van sproei effektief kan beheer. Van die vroue wat hierdie middel vir ses maande gebruik het, het slegs 9% herhalende aanvalle beleef in vergelyking met die 64% van vroue wat ’n placebo geneem het.

“Dit is normaal vir vroue met herhalende sproei om dit elke maand direk na hulle menstruasie te kry,” sê Allan Maclean, Professor in Ginekologie verbonde aan die Royal Free Universiteit Kollege Mediese Skool, London. Hy sê dat vroue ’n werklike verskil ervaar deur fluconazole een keer per maand te gebruik, reg aan die begin van hulle menstruasie voordat enige simptome verskyn. Dit verminder die aantal organismes wat in hierdie kwesbare tyd voorkom en stop die probleem in sy spore.

Professor Maclean wys ook daarop dat jy moet aandag gee aan jou sanitêre beskerming. Sommige van die nuwe generasie tampons en sanitêre doekies bevat reukweerders en chemikalieë wat absorpsie verhoog en kan sproei lyers irriteer. Probeer eerder die minder diskrete, ouer weergawe sanitêre produkte.


argief

  • HOE VOORKOM EK KANKER?

    Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
  • WERK STAP WERKLIK?

    Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...
  • HOE HANTEER MENS SPROEI?

    Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...
  • HET JY IETS VERGEET?

    Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...
  • SLAAP SONDER FRUSTRASIE?

    Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...
  • IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

    Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...
  • HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...
  • VERGEET-VOLLE DAE?

    n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
  • GESOND VIR ANDER?

    “Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...
  • KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?

    Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]