121 HET JY IETS VERGEET? GESONDHEID v&a Articles www.voelgoed.co.za

HET JY IETS VERGEET?

HET JY IETS VERGEET?

Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Vergeet drie dae na mekaar om 'n rekening te betaal?

2009-09-01Ellen Whyte

Die eienaardige ding omtrent geheue is dat ons nie juis baie daarvan weet nie. Jy kan nie na ’n gedeelte van die brein wys en sê: “Dit is waar die geheue geleë is” nie. Daar is egter verskeie teorieë wat poog om te verduidelik hoe ons geheue werk.

Die drie tipes geheue:

1. ONMIDDELLIKE GEHEUE
Jy gebruik dit wanneer jy dinge doen soos uie kerf of aandete kook.

2. KORTTERMYNGEHEUE

Dit word gebruik om tydelike informasie te stoor, soos dat jy al die melk vanoggend gebruik het en na werk gou moet winkel toe gaan om ander te koop.

3. LANGTERMYNGEHEUE
Dit is waar jy onthou hoe jou eerste dag by jou werk verloop het en wat op jou agtste verjaardag gebeur het.

STRES
Verskeie kundiges wys daarop dat stres die wortel is van meeste van ons geheueprobleme.

Een praktiese oplossing is om te delegeer. Stuur klere na die wassery en spaar tyd met strykwerk; laat die kar was sodat jy Sondagoggend 15 minute langer kan slaap. Gebruik jou vermoë om te multitask en laat jou hare en naels opknap terwyl jy jou beplanning vir die week doen of oefen terwyl jy na jou gunsteling sepie kyk.

Wanneer word dit noodsaaklik om jou dokter te gaan sien, gegewe dat geheueprobleme ook simptome van ernstige siekte toestande soos gewasse kan wees?

“As jy nie meer normaal funksioneer nie,” sê Dr Rabin Gozaga, ’n psigiater. As jy nie meer die pad huistoe kry nie, of die strykyster keer op keer in een maand aan vergeet of tydperke beleef wat jy niks kan onthou nie en dit inmeng met jou daaglikse lewe, dan moet jy jou dokter gaan spreek.

As daar rede tot kommer is sal jou dokter jou verwys na ’n neuroloog of psigiater. Hy sal altyd eers fisiese probleme,soos byvoorbeeld beroerte, eerste uitskakel. Moet dus nie paniekerig raak as hy ’n breinaftasting doen nie.

In baie gevalle is die oorsaak van vergeetagtigheid bloot stres en depressie. Mense wat hieraan ly onttrek van die buite-wêreld. Hulle vergeet wat hulle die vorige dag gedoen het, of hulle al geëet het en enige ander roetine sake. Alhoewel hierdie probleme frustrerend en rede tot kommer is, kan terapeute dit behandel met ’n verskeidenheid effektiewe metodes.

Jy kan ook voorkomend optree om te verseker dat jou grys selle nie agteruitgaan nie. Net soos die spiere in jou liggaam baat daarby as jy oefen, is dit ook belangrik om die geheue gereeld uit te daag. “Blokkiesraaisels, Scrabble en legkaarte is baie goeie maniere om jou brein in oefening te hou,” sê Dr Rabin. Jy kan ook jou eie speletjies uitdink soos om byvoorbeeld, deur mnemoniek (geheuekuns), te onthou wat jy alles by die winkel wil gaan koop. So, skakel die TV af en doen bietjie breingimnastiek.


argief

  • HOE VOORKOM EK KANKER?

    Jy kan iets doen om jou kankerrisiko te verminder deur ons omvangryke leefstylgids te volg.
  • WERK STAP WERKLIK?

    Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...
  • HOE HANTEER MENS SPROEI?

    Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...
  • HET JY IETS VERGEET?

    Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...
  • SLAAP SONDER FRUSTRASIE?

    Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...
  • IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?

    Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...
  • HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?

    Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...
  • VERGEET-VOLLE DAE?

    n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.
  • GESOND VIR ANDER?

    “Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...
  • KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?

    Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...
soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]