SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagrus te verseker.
2009-07-10Gilly Pickup
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagrus te verseker.
2009-07-10Gilly Pickup
Kragslapies
Herlaai jou battery en gee jouself ’n energie-hupstoot met kort kragslapies. Probeer om ten minste ’n halfuur of langer te slaap want as jy vir minder as ’n halfuur slaap gaan jy bewerig en traag wakker word. Die beste tyd om te dut is rondom twee uur in die middag want jou liggaamstemperatuur verlaag natuurlik ongeveer agt ure nadat jy wakker geword het.
Stresvry
Kweek ’n stresvrye slaaptyd roetine. Vermy rekenaars en enige veeleisende intellektuele werk, vir minstens ’n uur voordat jy gaan slaap, om jou brein kans te gee om te ontspan en af te skakel van situasies wat slapelose nagte kan veroorsaak. Probeer ontspannende aktiwiteite soos lees, mediteer of luister musiek. Dra oorpluisies of ’n oogmasker as jou slaap omgewing te lawaaierig of lig is.
Week jou sorge weg
Verskeie aromaterapie olies is bekend vir hulle ontspannings-eienskappe. Klim in ’n lekker warm bad met ’n paar druppels laventelolie in, net voor slaaptyd. Sprinkel sommer ’n paar druppels op jou kussing ook. Rooswater is besonder effektief vir slaaploosheid wat veroorsaak word deur depressie, terwyl kamille rustige slaap bevorder.
Goedvoel faktor
’n Warm, soet, melkdrankie rondom slapenstyd sal jou help om te slaap omdat suiker die breinselle in staat stel om meer triptofaan, wat deur melkproteïne verskaf word, in jou bloedstroom op te neem. Dit word omgesit in die goedvoel breinchemikalie, serotonien, wat jou kalmeer en laat ontspan.
Nee vir stimulante
Kafeïen, sigarette, alkohol en medikasie, voorgeskryf of nie, kan slaap ontwrig. Kafeïen stimuleer die senuweestelsel en verhoog adrenalien produksie, wat jou angstig en wakker hou. ’n Koppie tee of koffie voor slapenstyd mag jou aanvanklik help om te slaap, maar kan jou slaap later ontwrig. As jy regtig nie jou laataand koffietjie kan opoffer nie, sorg dan dat dit kafeïenvry is. Rokers se slaap is meer onderbroke as nie-rokers s’n – so los liewer daardie laataand dampie.
Roetine
Probeer om ’n vaste opstaan en slaaptyd te handhaaf om jou biologiese klok te sinchroniseer. Dit sal jou liggaam help om die ritme te vind tussen diep slaap en helder wakker. As jy glad nie kan slaap nie, staan op en doen iets vervelig totdat jy regtig vaak is. As jy die volgende dag moeg voel, sal dit jou help om daardie aand beter te slaap.
- ek is 50 jaar oud en sukkel met slaaploosheid seker al die afgelope 20 jaar, dit is of my brein nie afskakel nie, ek drink tans tripeline, maar dit maak my nog nie rustig nie, ek gaan slaap 9uur in die aand want ek staan half 5 op, dan bly ek moeg, dit voel of my liggaam nie wil saam werk nie, wat kan ek doen om net 'n goeie nagrus te kry wie kan my raad gee asseblief, dit is vir my 'n groot probleem?
- Ek slaap verskriklik sleg in die nag. Ek gaan slaap 'n redelike tyd in die aand (21:00), maar ek het een probleempie: ek glo ek moet 'n blokkie sjokolade eet voor ek in die aand gaan slaap. Kan dit die rede wees wat my laat sleg slaap?
argief
WERK STAP WERKLIK?
Om beurtelings te stap en te draf is 'n uitstekende manier om fiks en slanker te word. Draf plaas egter dubbel soveel stremming op...HOE HANTEER MENS SPROEI?
Party gesondheidsprobleme is sensitief om oor te praat en kan 'n groot verleentheid word vir jou as jy daaraan ly. Daar is egter h...HET JY IETS VERGEET?
Loop jy ook soms in die kombuis in en vergeet wat jy daar wou doen? Gaan winkel toe om koffie te koop en kom terug met brood? Verg...SLAAP SONDER FRUSTRASIE?
Daar is geen rede om aan slaaptydfrustrasie te ly nie. Hier is raad – en 'n paar interessante idees – om 'n goeie nagr...IS KOFFIE REGTIG SLEG VIR 'N MENS?
Of jy dit nou gebruik om soggens wakker te word, smiddae wakker te bly, of sommer net as 'n verskoning om uit die huis te kom en saam me...HOE KAN EK MY MONDKWALE SELF BEHANDEL?
Dit is nou maar eenmaal so dat mondsake n seer en sensitiewe kwessie is. n Mens kan ook nie tandarts toe hardloop met elke kwaal n...VERGEET-VOLLE DAE?
n Goeie geheue is iets wat mens eers waardeer wanneer jy dit nie meer het nie.GESOND VIR ANDER?
“Onthou, as jy ooit n helpende hand nodig het, dis aan die punt van jou arm, en soos jy ouer word, onthou dat jy n ander hand ook h...KAN LIEFDE JOU GESOND HOU?
Elke dag is n tyd vir liefdevolle samesyn … Dit is ook die perfekte tyd om te vergewe en te vergeet en met nuwe oë vol...SAL PANADO HELP?
Mediese koste in vakansieplekke is waarskynlik hemelhoog en dis nie lekker om ’n onbekende dokter te besoek nie.























